25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p27

quite vividly the confusion when I started to encounter the myriads of definitions,

approaches, themes, motives, and objects of study that all went under the big umbrella

of practical theology.” Met hierdie standpunt van Ganzevoort kan ek heelhartig

identifiseer. Dit verwyder egter nie die noodsaak om hierdie studie enersyds binne die

praktiese teologie en andersyds binne die vakgebied van die pastoraat te posisioneer

nie. Die feit dat “others in practical theology use the same name for a whole different

game” (Ganzevoort 2009:1) onderstreep die behoefte aan 'n behoorlike verantwoording

ten opsigte van paradigma, epistemologie en metodologie. In die volgende afdeling

word hierdie sake aan die orde gestel.

Guba en Lincoln (1994:107) gee die volgende definisie van 'n paradigma:

A paradigm may be viewed as a set of beliefs (metaphysics) that deals

with ultimates of first principles. It represents a worldview that defines

for the holder, the nature of the ‘world’, the individual’s place in it and

the range of possible relationships to that world and its parts...

Die konsep paradigma in sy kontemporêre betekenis kan terug herlei word na die werk

van Thomas Kuhn (1962). Vir hom het paradigma gedui op 'n stel gebruike wat 'n

bepaalde wetenskaplike dissipline op 'n gegewe moment definieer. Hy verwys dan

onder andere na wetenskaplikes soos Newton en Darwin wie se werk 'n bepaalde

manier van denke en wetenskaplike ondersoek in die daaropvolgende era tot stand

gebring het.

Twee dekades later munt Handa (1987) die term sosiale paradigma vir gebruik in die

sosiale wetenskappe. Hiermee verwys hy na 'n tipe wêreldbeeld, die Duitse

Weltanschauung, dit wil sê ʼn stel ervarings, gelowe, waardes en so meer wat 'n

persoon se realiteit bepaal en hoe die persoon op hierdie realiteit reageer. Tans word

dit gedefinieer as “A set of assumptions, concepts, values, and practices that

constitutes a way of viewing reality for the community that shares them, especially in an

intellectual discipline” (The American Heritage Dictionary 2004).

'n Paradigma bepaal die navorser se werkswyse en die manier waarop sy of haar

kennis van waarheid gestruktureer word. Janse van Rensburg (2000:1) sê in sy

definisie dat 'n paradigma ʼn persoon se denk- en verwysingsraamwerk is en dat dit ook

die vertrekpunt is wat denke en dade bepaal.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!