25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bylaag 2: Gesprek 2 (13 Augustus 1998)

p413

144

145

146

147

148

149

150

151

152

153

154

155

156

157

158

159

160

161

162

163

164

165

166

167

168

169

170

171

172

173

174

175

176

177

178

179

180

Die probleem het nie begin in 1948 met die aan die bewind kom van die Nasionale

Party nie. Ek het hier geskryf 1948 se sonde van apartheid is omdat dit saamgevat is in

wette, verfyn is in verdere wette. Dit kom al van 1869, 1867. In 1884 is die woorde

"lokasie wette" al gebruik en dit is ingestel deur die koloniale regering van daardie tyd,

Wet 33 van 1892. 1894 was die Glen Gray-wet, wat gehandel het oor grondbesit, dit is

ingestel deur die Kaapse Eerste Minister, by name Cecil John Rhodes. In my navorsing

was die draaipunt gewees, en die grondslag was gewees in die berugte Naturelle

grond-wet van 1913. Die van u wat kan onthou, op 6 April 1652 het 'n groep hier aan

die Kaap aangekom en 8 jaar later is die eerste apartheidswet ingestel. In 1660 is 'n

heining geplant van Bitter-amandel bome om die Kaapse Vlakte van die binneland af te

sny, en dit het gegaan om die Khoi-Khoi en die blankes op daardie stadium uit mekaar

te hou. Hier is spesifieke groepe wat 'n baie sterk invloed gehad het op al hierdie

wetgewing. Die VOC, dan die Britse Imperialisme, die oorheersing wat daar

plaasgevind het, die 1820 Setlaars wat aan die Kaap aangekom het en dan natuurlik

ook binne die konsep van die Anglo-Boereoorlog.

Albert: Kan ek gou iets daarop sê? As mens nou teruggaan na die Britte toe, kry jy die

idee dat hulle manier van dink was "ons is beter as die ouens wat ons koloniseer". As

mens byvoorbeeld die fliek Ghandi kyk, hoe hulle in Indië aangegaan het, hoe hulle

daai klomp ouens daar in die plein bymekaar jaag en met masjiengewere doodskiet,

letterlik by die honderde. Nou kan mens in 'n sekere sin sê dat jy dit kan verstaan dat

hulle dit hier by ons gedoen het, ons blankes se behoud in 'n sekere sin, tot 'n sekere

mate, was dat ons deels van Europese oorsprong was. In die tweede Vryheidsoorlog

kan mens ook sien, dat die Britte het ook ons as die blanke inwoners van Suid-Afrika

beskou as minder. Presies dieselfde ding.

Danie: As mens nou kyk na die aandeel van die oorlog, jy praat van Ghandi. In Natal

het op daardie stadium die Indiër-Immigrasie-Wet, wat op daardie stadium ingestel is,

was Ghandi een van die voorlopers van die protes optogte in daardie tyd, en dit het

daartoe gelei en die gevolg van 'n versagtingswet op die Indiër Immigrasie Wet, want

die Indiërs het toe die blanke bevolking oorheers wat getal betref in Natal. Ek noem

nog graag die volgende: Europese Filosowe, Amerikaanse Revolusie en natuurlik die

Groot Trek ook. Hier is 'n 150 jaar van absolute swak bestuur deur die Kompanjie.

Boere was op hulleself aangewese en so meer, en so meer. U kan gaan kyk na die

geskiedenis en die omstandighede van Slagtersnek, baie interessant. 1663, aparte

skole vir swartes. 1678, die VOC verbied veelrassige saamleef, die straf: drie jaar op

Robbeneiland. 1680 het die VOC partytjies met swart vroue verbied, dieselfde tyd –

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!