25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 1: Gesprek 1 (30 Julie 1998)

p406

662

663

664

665

666

667

668

669

670

671

672

673

674

675

676

677

678

679

680

681

682

683

684

685

686

687

688

689

690

691

692

693

694

695

696

697

698

Albert: Baie dankie Linda. Danie, jy het die laaste woord.

Danie: Ek is Danie, ek is werksaam by _____. Ek is hoof van die _____ van die

Goudvelde. Ek het die voorreg gehad om ook in 'n huis groot te word waar ek kon

identifiseer met baie van dit wat vanaand hier gesê is. Daar het veral baie Kleurlinge

en Indiërs by ons aan huis gekom om by my pa te kom kuier, so vir my was dit nooit

iets snaaks nie. Ek het netnou hier in my boekie gekyk. Die eerste referendum wat ek

bevoorreg was om my persoonlike stempel op af te druk, was in 1983, ek was geweldig

in die politiek betrokke. Iets was vir my baie belangrik is, is respek vir mekaar, maak

nie saak van watter velkleur of watter etniese groep jy is, of selfs geslag nie. So hierdie

dinge was vir my maklik om te aanvaar, selfs om jou tuinjong saam met jou te laat

ontbyt eet is nie vir ons 'n probleem nie. Maar ek beskou myself tog ook as 'n slagoffer

van my tyd, want die ouens wat primêr vir hierdie situasie verantwoordelik is, is nie

vanaand hier nie – daardie spesifieke ouderdomsgroep. Die regstellende aksies het

my ook reggesien, dit was vir my 'n geweldige traumatiese ervaring gewees, 'n skok,

maar ek sien ons gaan later daaroor praat.

Albert: Ek wil laastens net iets oor myself sê. Ek kan identifiseer met baie wat hier gesê

is. Die groot ding wat vir my uitstaan, is die idee van twee wêrelde. Ek dink nie ons het

besef hoe ver van mekaar die twee wêrelde verwyder is waarin ons grootgeword het

nie. Daar waar ek grootgeword het, was dit letterlik 'n kwessie van ons het aan die

westekant van die treinspoor gewoon, en aan die oostekant van die treinspoor was die

kleurlingarea, soos ons gesê het die Hotnots en die Slamse het daar gewoon. Die

stukke wat soos op die nuus was gister en vanoggend, Wetton, waar die

bomontploffing was en Lansdowne, is waar ek grootgeword het, en die Kleurlinge was

deel van die wêreld waarin ons geleef het. Ons het by 'n “koeliewinkel” goeters

gekoop, dit was die winkel waar ons gekoop het, die ou se naam was Ghandi gewees.

Maar dit was al, dit was ons kontak met daai wêreld, verder niks.

Ek onthou kleintyd het ons altyd na my ouma toe gestap. Sy het aan die anderkant van

die treinspoor gewoon, maar daar was nog 'n skeiding, aan die linkerkant, die

noordekant was die kleurlinge en die regterkant… Ja, dit was waarskynlik gemeng

gewees op daardie stadium, ons het op 'n stadium daar gebly, maar ek weet daar het

ook kleurlinge gebly. My ouma het daar gebly. Soos jy oor die brug gestap het, het jy

afgekyk na Ghandi se winkel, en langs hom was 'n groot motorhuis se muur, en op die

muur het daar net sulke groot rooi letters gestaan ‘BAN APARTHEID”. Dit was seker

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!