25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bylaag 1: Gesprek 1 (30 Julie 1998)

p405

625

626

627

628

629

630

631

632

633

634

635

636

637

638

639

640

641

642

643

644

645

646

647

648

649

650

651

652

653

654

655

656

657

658

659

660

661

baie moeilik vir my is om te sê ek wil vreeslik graag my Afrikaner kultuur bewaar en

beleef, want dit is ingebed in dit wat ons ervaar het. So daarom het ek begin voel ek

het 'n wêreld burger geword. My ervaring aan die nader kant in die werk waar ek is. Ek

is by die _____ in Thabong. Ek het geweldig baie blootstelling op redelik baie vlakke.

Jy kom by die launching van 'n projek hier in Kwa-Kwa, dan kom die Direkteur-

Generaal, of die Acting Director General en hulle kry punte as hulle met hulle mense

praat, hy kry regmerkies as hy begin uitbrei oor die wit mans, die blanke mans, wat

altyd gedink het dat hulle so wonderlik goed is. Dan word daar eintlik met jou gespot,

dis hoe ek dit ervaar, ons is 'n bedreigde spesie. Tot jy op 'n stadium kom wat jy sê

maak klaar met hierdie formaliteit – dat ek kan aangaan met my werk. Dit is eintlik

omgekeerde diskriminasie. Dit is my ervaring, in my beroep is ek afgesny. Ek het so

ver gekom as wat ek kan kom. Die Wet op gelyke geleenthede sê jy staan nou agter in

die ry, as jy die kortlys haal. Jy moet vrede maak daarmee. In die werksituasie: If you

can't beat them, you must outlive them. So ek het die studente oorleef. Hulle het my

gedoop Father of the house wat ek as 'n groot voorreg beskou. Daai deel het ek by die

kollege gewen. Nou het SADOU, die swart onderwys vakbond besluit die kollege is die

battlefield. Jy leer om met dit saam te leef. Ek het geleer in Thabong, jy kan vir jou 'n

koninkryk bou, jy kan dink jy is sterk, maar dit word net so onder jou uitgeruk, ek dink

dit is wat die meeste van ons ervaar in die nuwe Suid-Afrika. Uiteindelik weet jy jy gaan

vanoggend werk toe; as jy vanmiddag terugkom van die werk af, sê jy “Here, dankie”.

Albert: Isak, baie dankie. Linda?

Linda: Ek is Linda ook 'n _____. Ek was gelukkig om in 'n pastorie groot te word. Ons

het nie in ons huis 'n probleem met apartheid gehad nie. In my huidige werk ook het ek

nie 'n probleem nie, want ek het 'n persoonlike siening dat geen mens kom op jou pad

waaruit jy nie kan leer nie. Ek het self ervaar dat mense uit Thabong, al is hulle

eenvoudig, al doen hulle 'n eenvoudige werk, is hulle gesiene persone in hulle

gemeenskap wat gerespekteer word en hulle sit met 'n geweldige mensekennis wat jy

regtig by hulle kan leer, terwyl jy gedink het jy is een wat vir hulle kon leer. So daar het

redelik verandering gekom. Ons het eergister vergadering gehou in Bloemfontein,

Albert was ook daar. Ek kon net nie glo dat ek in hierdie nuwe SA, in 'n kerkorgaan sit

waar daar sulke besluite geneem word nie. Dit is nou 'n heel ander raamwerk waaruit jy

dinge doen en besluit, wat vir my soms baie moeilik is, maar mens moet maar kyk of jy

nie hulle metodes ook kan gebruik nie, hulle s’n is nie altyd verkeerd nie, dit was net

jou raamwerk waarbinne dit vir jou verkeerd gelyk het. Daar is definitief baie

aanpassings, maar ek geniet baie keer hierdie uitdagings.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!