25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bylaag 1: Gesprek 1 (30 Julie 1998)

p400

440

441

442

443

444

445

446

447

448

449

450

451

452

453

454

455

456

457

458

459

460

461

462

463

464

465

466

467

468

469

470

471

472

473

474

475

476

Frans: Ek het nie rassisties grootgeword nie, maar daar was tog ook die situasie

gewees van hulle het hulle eie beker en hulle het hulle eie koppie en so aan. Maar tog

het my pa in die aande die swarte wat in daai klein kamertjie bly wat Ben van gepraat

het, ingenooi as hulle daar was om saam met ons huisgodsdiens te hou. Ek onthou dit

asof dit gister was. My groot dilemma vandag, dink ek, is die – ek het 'n pyn daaroor –

is die rol wat die kerk gespeel het in hierdie hele apartheid-psigose. Want ons het so

grootgeword (en nou sê ek self wat ek nie… dit is nie 'n politieke debat nie), maar wat

van 1948 gebeur het, waar die regering ons geïndoktrineer het, waar in ek groot

geword het en wat die kerk, veral die drie susterkerke 'n groot leidende rol in gespeel

het, kerkleiers wat op die ou end in die politiek beland het. En dit voel vir my, en ek sê

dit tussen aanhalingstekens, asof ons amper 'n geestelike rat voor die oë gedraai is,

want dit is wat reg is, dit is soos dit moet wees. Daar is aparte ontwikkeling,

segregasie, apartheid – hierdie groot woord. Ek het so grootgeword. My pa het

Sondagskool gehou. Ons was daar in die lokasies gewees, skoolvakansies het ons

gaan help daar. Kersvakansies het ek my ma gehelp, ons het koekies gebak,

kerspakkies opgemaak met ballonne en vir hierdie outjies en dit gaan uitdeel. So, ons

het hulle jammer gekry. Maar tog het ek grootgeword dat iewers moet hulle eenkant

wees en ek is eenkant. Die kerk het so gesê en die regering het so gesê.

Tot nou die dag wanneer, nou voel dit vir my die kerk het 'n 180 grade draai gemaak.

En alles gefundeer uit die Woord van God uit. En dit is my dilemma ek kan eenvoudig

nie die kloutjie by die oor kry nie. 'n Mens is nie stupid nie, jy lees en jy hoor al hierdie

goeters, maar dit voel vir my ons het geblinddoek deur die lewe gegaan. En toe het die

regering ook natuurlik 'n draai gemaak... ek dink dit was 'n... As jy gaan kyk na die

Broederbond en as jy kyk waar baie van daardie mense vandaan gekom het, dan dink

ek het die kerk op 'n groot manier hierdie land regeer. En ek sukkel om met daai ding

vrede te maak. Meer ek self, in my eie wese, ek het ook 'n kleintjie daaraan dood dat…

ek wil nie elke dag om verskoning vra vir apartheid nie. Ek as persoon het al op 'n punt

gekom en gesê vir die liewe Vader waar ek aandeel gehad het daaraan... ek het die

sonde bely van apartheid. Dit het ek al gedoen. Ek hou nie daarvan om elke dag… Dit

voel net vir my dat ons by 'n punt moet kom soos wat jy gesê het dat ons hierdie goed

moet afsluit en moet aangaan in die nuwe Suid-Afrika.

Albert: Ja, ons sal moet. Miskien net gou: ons het elkeen ongeveer so twee minute.

Frans, net iets oor jou agtergrond asseblief.

Frans: Die huidige situasie?

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!