25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p25

8. Verwagtinge

Met die afhandeling van hierdie navorsing beoog ek om op verskeie vlakke ’n bydrae te

lewer. Ten eerste glo ek dat my werk sal bydra om die korpus van prakties teologiese

navorsing in Suid-Afrika uit te brei. In die steeds-veranderende nuwe Suid-Afrika word

ons gekonfronteer met nuwe uitdagings wat voortdurend nuwe antwoorde soek. Die

praktiese teologie moet daarom altyddeur vernuwend kyk na die werklikheid. Ek sluit

graag aan by Osmer (2008:16) se uitdrukking “web of life” om aan te dui dat dit in

hierdie navorsing nie net gaan oor mense as sodanig nie, maar mense wat ingebed is

'n veranderende lewende sisteme. Apartheid en post-apartheid is sulke sisteme.

Ek wil graag vir die NG Kerk van waarde wees deur akademies-gefundeerd te

verwoord hoe ’n bepaalde groep wit Afrikaanse Christene voel en dink oor hulle posisie

in die sogenaamde nuwe Suid-Afrika en ook binne ʼn bepaalde kerkverband in hierdie

nuwe Suid-Afrika. Vanuit my posisie as leraar in die NG Kerk, is my fokus juis op

lidmate van hierdie denominasie. Elkeen van die mede-navorsers het bande met die

NG Kerk. Ten tye van die aanvanklike navorsing was almal, behalwe een, lidmate van

die NG Kerk. Hierdie mede-navorser is ʼn voormalige lidmaat van Welkom-Suid

gemeente wat juis die bande verbreek het as gevolg van botsings oor die NG Kerk se

standpunt oor apartheid. Teen die tyd wat die opvolgnavorsing gedoen is, was verskeie

vervreemd van die NG Kerk. Enkeles het ook van gemeente verander en skakel by

ander NG gemeentes in. Die verdeling in die NG Kerk familie op rassegrondslag is vir

sommige onaanvaarbaar en die voortslepende debat oor hereniging bly vir hulle

problematies. Ek poog om in hierdie navorsing die leiding (of gebrek daaraan) van die

NG Kerk in die transformasie-proses te verwoord ten einde rigtinggewend te kan wees.

Die indruk word soms gelaat dat dit net wit Afrikaners en veral die sogenaamde

susterskerke is wat betrokke was by apartheid en dat hulle alleen die volle skuld moet

dra. Só 'n siening is eensydig en gee nie die volle werklikheid weer nie. Die Engelssprekende

deel van die wit gemeenskap staan ewe-eens in die beskuldigdebank.

Stavrianos (1982:478) skryf “...many English-speaking whites support apartheid for

economic reasons.” In die verslag van die WVK (TRC 1998b:39) oor die voorleggings

van die geloofsgemeenskappe word in soortgelyke trant gesê “even though the

majority of its constituents were black, the leadership of the English-speaking churches

failed to express adequately their aspirations. Indeed, arguably the English-speaking

churches ‘spoke for’ capital...”. Die kommissie verwys ook spesifiek na die band wat die

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!