LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Bylaag 1: Gesprek 1 (30 Julie 1998) p388 Lewe na apartheid – Gesprek 1: 30 Julie 1998 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 Albert: Welkom, ek is baie bly oor elkeen wat hier is. Daar is sommige mense wat verskoning gemaak het, twee persone kan nie vanaand hier wees nie, maar hulle het gesê hulle sal wel by ons volgende geleentheid inskakel. Daar is ook ander mense wat aangedui het dat hulle gaan in skakel, ek sien hulle nog nie hier nie. Miskien kom hulle nog, miskien het hulle intussen besluit hulle gaan die nie maak nie. Maar baie welkom in elk geval vir elkeen wat tog hier is. Ek het met sommige van julle al persoonlik gepraat oor wat die doel van hierdie byeenkomste is, maar ter wille van volledigheid en ter wille van die ander met wie ek nog nie daaroor gepraat het nie, wil ek maar weer daar deur gaan. Ek het ook 'n inligtingstuk wat beskikbaar is – Ben weet ek het dit nou nog nie gekry nie, Charlie jy ook nie. (Ek deel aan hulle die stuk uit.) Dit groot probleem waarmee almal van ons sit, as blankes, op hierdie stadium, is om as blankes in hierdie post-apartheid SA aan te pas en om hier vrede te maak, veral met ons verlede. Julle het net nou gespot oor die WVK, maar die goed wat daar uitgekom het, en veral dan by die amnestie kommissie, is goed wat ons as blankes se hare laat rys het. En dan sê die mense, ek het nie daarvan geweet nie, of dit is nie waarvoor ek gestem het destyds nie. Nou ek sê nie ons het almal vir die regering van destyds gestem nie, maar ons was die mense wat die stemreg gehad het. En nou moet ons leef in die nuwe SA – en dit is waaroor ons gaan praat. Maar nou met 'n baie spesifieke klem. Ek het twee doelwitte met hierdie byeenkomste. Eerstens terapeuties. Ek wil hê dat ons mekaar begelei – hoor wat ek sê – mekaar moet begelei om beter aan te pas, om 'n meer suksesvolle deelname aan die nuwe SA te kan hê. Dis die een doelwit: die terapeutiese waarde. Die ander een is dat ek hierdie goed alles op band opneem en dit gaan transkribeer en dit gaan dan die basis vorm van my navorsing vir my proefskrif verder aan. So dit is deel van daardie proses ook. Waarna ek veral wil kyk – en ek is daarvan oortuig dat as ons in die nuwe SA 'n sukses wil maak, sal ons eers ordentlik moet afhandel met die ou SA: Ek wil veral dat ons in hierdie agt geleenthede wat ons by mekaar sal wees, gaan fokus op apartheid. Wat die term beteken, wat die inhoud daarvan was, ens. Baie wyd in 'n sekere sin, maar ook baie beperk tot wat was ons aandeel daarin. Dan gaan ons uiteraard praat oor

Bylaag 1: Gesprek 1 (30 Julie 1998) p389 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 vraagstukke soos skuld. U sal sien dat ons niemand hier by ons het wat nie blank is nie; daar is 'n spesifieke rede voor. Daar is byvoorbeeld kleurlinge uit die gemeente wat aangedui het dat hulle belangstel om deel te neem aan die groep, maar ek het spesifiek vir hulle gesê ek wil hierdie groep beperk tot blankes, omdat ons die mense is wat in die ou bedeling in 'n spesifieke bedeling gestaan het en nou in die nuwe bedeling moet vrede maak met ons eie verlede. Wat ons gaan doen, is dat ons hier met mekaar gaan praat, ek gaan dit op band neem, ek gaan huis toe na die tyd en ek transkribeer dit en dan gaan ek dit met julle toestemming deel met ander persone. Ek moet miskien sommer op hierdie punt sê: wanneer ek dit oortik, sal geen name genoem word nie. Elkeen gaan 'n skuilnaam kry: Albert, Ben, Charlie, Danie, Elsa en so meer. Daarvolgens sal die gesprek dan getranskribeer word. Geen persoon wat dit lees, selfs al sou dit iemand in die gemeente wees, sal geen manier hê om 'n persoon se woorde te koppel aan 'n spesifieke persoon in die groep nie. Absolute vertroulikheid is vir my baie belangrik en dit is vir julle ook baie belangrik. Dit gaan maak dat 'n mens baie makliker ook kan praat. Dan gaan ek hierdie goed deel met ander persone, onder ander my studieleier wat in Pretoria sit, prof Dirk Kotzé. Hy was vroeë by Bloemfontein se Teologiese Fakulteit. Daar is van die ouens wat saam met my in die studiegroep is, die doktorale groep, wat aangedui het dat hulle ook belangstel om insette te lewer. Hier is mense in Welkom wat nie blankes is nie, wat ek gaan betrek (wat ook al die polities korrekte term is). Ek gaan kleurlinge en swart mense betrek. Vanuit die kerk, maar ook van buite om. En die idee is dat hulle gaan reageer op dit wat ons hier doen en ek kom met daardie reaksies terug na die volgende byeenkoms en sê: maar verlede week het ons dit en dit gesê, maar die mense met wie ek buitentoe gereflekteer het sê: wat hiervan en hiervan? Mis julle nie doelbewus hierdie ding nie? Wil julle hom nie aanspreek nie? En so meer. En met hierdie meervoudige reflektering oor apartheid en al sy goeters gaan ons dan besig wees oor die volgende agt geleenthede. Daarna is dit klaar en dan hoop ek om deur die loop van volgende jaar die goeters finaal op skrif te stel in 'n proefskrif en so meer. Ek sal deurlopend as ek iets skryf dit terugvoer na julle toe. As julle belangstel kan ek elke keer die vorige sessie wat ek getranskribeer het, vir julle op skrif gee sodat julle self weer daarna kan gaan kyk. Ek het op die brief gesit dat ons byeenkomste elke tweede week gaan wees. Vanaand en dan oor twee weke en dan elke twee week vandaar tensy die groep besluit om dit

Bylaag 1: Gesprek 1 (30 Julie 1998)

p388

Lewe na apartheid – Gesprek 1: 30 Julie 1998

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

14

15

16

17

18

19

20

21

22

23

24

25

26

27

28

29

30

31

32

33

34

35

Albert: Welkom, ek is baie bly oor elkeen wat hier is. Daar is sommige mense wat

verskoning gemaak het, twee persone kan nie vanaand hier wees nie, maar hulle het

gesê hulle sal wel by ons volgende geleentheid inskakel. Daar is ook ander mense wat

aangedui het dat hulle gaan in skakel, ek sien hulle nog nie hier nie. Miskien kom hulle

nog, miskien het hulle intussen besluit hulle gaan die nie maak nie. Maar baie welkom

in elk geval vir elkeen wat tog hier is.

Ek het met sommige van julle al persoonlik gepraat oor wat die doel van hierdie

byeenkomste is, maar ter wille van volledigheid en ter wille van die ander met wie ek

nog nie daaroor gepraat het nie, wil ek maar weer daar deur gaan. Ek het ook 'n

inligtingstuk wat beskikbaar is – Ben weet ek het dit nou nog nie gekry nie, Charlie jy

ook nie. (Ek deel aan hulle die stuk uit.)

Dit groot probleem waarmee almal van ons sit, as blankes, op hierdie stadium, is om

as blankes in hierdie post-apartheid SA aan te pas en om hier vrede te maak, veral met

ons verlede. Julle het net nou gespot oor die WVK, maar die goed wat daar uitgekom

het, en veral dan by die amnestie kommissie, is goed wat ons as blankes se hare laat

rys het. En dan sê die mense, ek het nie daarvan geweet nie, of dit is nie waarvoor ek

gestem het destyds nie. Nou ek sê nie ons het almal vir die regering van destyds

gestem nie, maar ons was die mense wat die stemreg gehad het. En nou moet ons leef

in die nuwe SA – en dit is waaroor ons gaan praat. Maar nou met 'n baie spesifieke

klem.

Ek het twee doelwitte met hierdie byeenkomste. Eerstens terapeuties. Ek wil hê dat

ons mekaar begelei – hoor wat ek sê – mekaar moet begelei om beter aan te pas, om

'n meer suksesvolle deelname aan die nuwe SA te kan hê. Dis die een doelwit: die

terapeutiese waarde. Die ander een is dat ek hierdie goed alles op band opneem en dit

gaan transkribeer en dit gaan dan die basis vorm van my navorsing vir my proefskrif

verder aan. So dit is deel van daardie proses ook.

Waarna ek veral wil kyk – en ek is daarvan oortuig dat as ons in die nuwe SA 'n sukses

wil maak, sal ons eers ordentlik moet afhandel met die ou SA: Ek wil veral dat ons in

hierdie agt geleenthede wat ons by mekaar sal wees, gaan fokus op apartheid. Wat

die term beteken, wat die inhoud daarvan was, ens. Baie wyd in 'n sekere sin, maar

ook baie beperk tot wat was ons aandeel daarin. Dan gaan ons uiteraard praat oor

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!