LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem p24 beginsels wat elders toegepas word, maar die spesifieke manier van verwysing is egter nuut. Alle aanhalings van mede-navorsers word in 'n ander lettertipe aangebied en wel in die woorde soos die mede-navorsers dit gebruik het. Alternatiewe wyses van aanbieding is oorweeg, soos byvoorbeeld die gebruik van ʼn ander kleur. Die nadeel van so ʼn stelsel sou egter wees dat wanneer die dokument dan met ʼn gewone drukker se swart ink gedruk word, die effek daarvan verlore sou gaan. Dieselfde sou ook gebeur as die gekleurde teks gefotostateer sou word. ʼn Alternatiewe lettertipe blyk die eenvoudigste metode te wees om bepaalde dele van die teks te laat uitstaan. In lyn met die riglyne van die Anglia Ruskin Universiteit (2012:32) en die Universiteit van Bournemouth (Holland 2006:elektroniese bron) is elke transkripsie voorsien van ʼn datum en soveel as moontlik inligting oor elke mede-navorsers word in Bylaag 21 verskaf, maar sonder dat hulle persoonlik geïdentifiseer kan word. 7. Intensie Die onthullings by die WVK was vir die meeste wit Afrikaners, én vir die medenavorsers, ʼn ontnugtering. Nie alleen was daar die onthullings oor sekere ongerymdhede wat plaasgevind het nie, maar sommige van hulle is vir die eerste keer direk gekonfronteer met die uitgangspunte van die beleid wat hulle lewe die voorafgaande dekades gevorm het. Nou hoor hulle, en dan nog in geen onduidelike taal nie, van die ervarings van diegene wat aan die skerp kant van apartheid gestaan het. Die oorkoepelende doel van hierdie navorsing is om ondersoek in te stel na 'n groep wit Afrikaanse Christene wat in post-apartheid Suid-Afrika leef. Die bedoeling is “not only [to] collect data but also [to] encounter human beings ‘at faith’” (Moschella 2012:225). Die navorsing kyk na hulle sienings oor temas soos apartheid en rassisme, (moontlike) skuld aan die beleid van apartheid, hulle siening van die rol van die kerk hierin en hoe hulle dink oor versoening tussen wit en swart in Suid-Afrika in die lig van die onthullings by die WVK. Hierdie sienings word na verloop van 'n tydperk van ongeveer veertien jaar weer getoets en vergelyk met die eerste bevindings.
Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem p25 8. Verwagtinge Met die afhandeling van hierdie navorsing beoog ek om op verskeie vlakke ’n bydrae te lewer. Ten eerste glo ek dat my werk sal bydra om die korpus van prakties teologiese navorsing in Suid-Afrika uit te brei. In die steeds-veranderende nuwe Suid-Afrika word ons gekonfronteer met nuwe uitdagings wat voortdurend nuwe antwoorde soek. Die praktiese teologie moet daarom altyddeur vernuwend kyk na die werklikheid. Ek sluit graag aan by Osmer (2008:16) se uitdrukking “web of life” om aan te dui dat dit in hierdie navorsing nie net gaan oor mense as sodanig nie, maar mense wat ingebed is 'n veranderende lewende sisteme. Apartheid en post-apartheid is sulke sisteme. Ek wil graag vir die NG Kerk van waarde wees deur akademies-gefundeerd te verwoord hoe ’n bepaalde groep wit Afrikaanse Christene voel en dink oor hulle posisie in die sogenaamde nuwe Suid-Afrika en ook binne ʼn bepaalde kerkverband in hierdie nuwe Suid-Afrika. Vanuit my posisie as leraar in die NG Kerk, is my fokus juis op lidmate van hierdie denominasie. Elkeen van die mede-navorsers het bande met die NG Kerk. Ten tye van die aanvanklike navorsing was almal, behalwe een, lidmate van die NG Kerk. Hierdie mede-navorser is ʼn voormalige lidmaat van Welkom-Suid gemeente wat juis die bande verbreek het as gevolg van botsings oor die NG Kerk se standpunt oor apartheid. Teen die tyd wat die opvolgnavorsing gedoen is, was verskeie vervreemd van die NG Kerk. Enkeles het ook van gemeente verander en skakel by ander NG gemeentes in. Die verdeling in die NG Kerk familie op rassegrondslag is vir sommige onaanvaarbaar en die voortslepende debat oor hereniging bly vir hulle problematies. Ek poog om in hierdie navorsing die leiding (of gebrek daaraan) van die NG Kerk in die transformasie-proses te verwoord ten einde rigtinggewend te kan wees. Die indruk word soms gelaat dat dit net wit Afrikaners en veral die sogenaamde susterskerke is wat betrokke was by apartheid en dat hulle alleen die volle skuld moet dra. Só 'n siening is eensydig en gee nie die volle werklikheid weer nie. Die Engelssprekende deel van die wit gemeenskap staan ewe-eens in die beskuldigdebank. Stavrianos (1982:478) skryf “...many English-speaking whites support apartheid for economic reasons.” In die verslag van die WVK (TRC 1998b:39) oor die voorleggings van die geloofsgemeenskappe word in soortgelyke trant gesê “even though the majority of its constituents were black, the leadership of the English-speaking churches failed to express adequately their aspirations. Indeed, arguably the English-speaking churches ‘spoke for’ capital...”. Die kommissie verwys ook spesifiek na die band wat die
- Page 1 and 2: LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRA
- Page 3 and 4: Verklaring Die finansiële onderste
- Page 5 and 6: Voorwoord The South African dream i
- Page 7 and 8: INHOUDSOPGAWE HOOFSTUK 1 APARTHEID
- Page 9 and 10: Inhoudsopgawe p3 HOOFSTUK 2 DIE OOR
- Page 11 and 12: Inhoudsopgawe p5 3.4 Paternalisme 1
- Page 13 and 14: Inhoudsopgawe p7 4.7.2 Bekommerd oo
- Page 15 and 16: Inhoudsopgawe p9 8.1.3 Begelei lidm
- Page 17 and 18: HOOFSTUK 1 APARTHEID ONDER DIE LOEP
- Page 19 and 20: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 21 and 22: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 23 and 24: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 25 and 26: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 27 and 28: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 29 and 30: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 31 and 32: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 33 and 34: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 35 and 36: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 37 and 38: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 39: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 43 and 44: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 45 and 46: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 47 and 48: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 49 and 50: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 51 and 52: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 53 and 54: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 55 and 56: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 57 and 58: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 59 and 60: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 61 and 62: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 63 and 64: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 65 and 66: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 67 and 68: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 69 and 70: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 71 and 72: Hoofstuk 1: Apartheid onder die loe
- Page 73 and 74: HOOFSTUK 2 DIE OORSPRONG VAN DIE AP
- Page 75 and 76: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 77 and 78: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 79 and 80: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 81 and 82: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 83 and 84: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 85 and 86: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 87 and 88: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 89 and 90: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p24

beginsels wat elders toegepas word, maar die spesifieke manier van verwysing is egter

nuut.

Alle aanhalings van mede-navorsers word in 'n ander lettertipe aangebied en wel

in die woorde soos die mede-navorsers dit gebruik het. Alternatiewe wyses van

aanbieding is oorweeg, soos byvoorbeeld die gebruik van ʼn ander kleur. Die nadeel

van so ʼn stelsel sou egter wees dat wanneer die dokument dan met ʼn gewone drukker

se swart ink gedruk word, die effek daarvan verlore sou gaan. Dieselfde sou ook

gebeur as die gekleurde teks gefotostateer sou word. ʼn Alternatiewe lettertipe

blyk die eenvoudigste metode te wees om bepaalde dele van die teks te laat uitstaan.

In lyn met die riglyne van die Anglia Ruskin Universiteit (2012:32) en die Universiteit

van Bournemouth (Holland 2006:elektroniese bron) is elke transkripsie voorsien van ʼn

datum en soveel as moontlik inligting oor elke mede-navorsers word in Bylaag 21

verskaf, maar sonder dat hulle persoonlik geïdentifiseer kan word.

7. Intensie

Die onthullings by die WVK was vir die meeste wit Afrikaners, én vir die medenavorsers,

ʼn ontnugtering. Nie alleen was daar die onthullings oor sekere

ongerymdhede wat plaasgevind het nie, maar sommige van hulle is vir die eerste keer

direk gekonfronteer met die uitgangspunte van die beleid wat hulle lewe die

voorafgaande dekades gevorm het. Nou hoor hulle, en dan nog in geen onduidelike

taal nie, van die ervarings van diegene wat aan die skerp kant van apartheid gestaan

het.

Die oorkoepelende doel van hierdie navorsing is om ondersoek in te stel na 'n groep wit

Afrikaanse Christene wat in post-apartheid Suid-Afrika leef. Die bedoeling is “not only

[to] collect data but also [to] encounter human beings ‘at faith’” (Moschella 2012:225).

Die navorsing kyk na hulle sienings oor temas soos apartheid en rassisme, (moontlike)

skuld aan die beleid van apartheid, hulle siening van die rol van die kerk hierin en hoe

hulle dink oor versoening tussen wit en swart in Suid-Afrika in die lig van die onthullings

by die WVK. Hierdie sienings word na verloop van 'n tydperk van ongeveer veertien

jaar weer getoets en vergelyk met die eerste bevindings.