25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p23

Die volledige transkripsies van alle gesprekke word aangeheg sodat enige navorser

kan kontroleer dat die mede-navorsers reg en binne konteks aangehaal word. Diegene

wat meer wil lees oor die mede-navorsers se menings, sal dit ook geredelik kan doen.

Pope, Ziebland en Mays (2000:114) is reg oor die hoeveelheid data wat kwalitatiewe

navorsing genereer:

Contrary to popular perception, qualitative research can produce vast

amounts of data. These may include... transcribed recordings of

interviews... These data are not necessarily small scale: transcribing a

typical single interview takes several hours and can generate 20-40

pages of single spaced text. Transcripts and notes are the raw data of

the research. They provide a descriptive record of the research...

Die transkripsies van die navorsingsgesprekke beslaan etlike honderde bladsye. Om ʼn

spesifieke aanhaling in so ʼn omvangryke stel data te soek, kan ʼn uitdagende taak

wees. Die bestaande riglyne bied nie spesifieke voorskrifte wat vir hierdie navorsing

bruikbaar is nie en daarom het ek ʼn eie unieke sisteem ontwikkel. In aansluiting by

Bournemouth Universiteit (Bowden 2012:3) se voorskrifte vir verwysings van

regsdokumente waar soms na bepaalde paragrawe verwys word, en as gevolg van die

omvang van die Bylae, het ek besluit om ʼn meer omvattende verwysingsisteem te

ontwikkel. Nou is dit nie nodig dat hele bladsye gelees moet word om ʼn bepaalde

verwysing op te spoor nie. Eerder as om soos die regsgeleerdes net na ʼn paragraaf te

verwys, het ek gekies om na ʼn individuele reël te verwys om dit vir die leser makliker te

maak om aanhalings op te spoor en te kontroleer. Die [a-bcd] patroon van verwysing

maak dit nou moontlik dat enige aanhaling met groot akkuraatheid maklik opgespoor

kan word.

Om te help om 'n spesifieke aanhaling te vind, het ek die gesprekke genommer van 1

tot 15 en die drie skriftelike bydraes as 16 tot 18. Ek het elke transkripsie en skriftelike

bydrae van reëlsnommers voorsien. Wanneer ek hieruit aanhaal, gebruik ek telkens 'n

verwysing in die formaat [a-bcd] waar “a” verwys na die nommer van die gesprek of

bydrae en die “bcd” verwys na die betrokke reël in daardie gesprek of bydrae wat

aangehaal word. Saam met elke sodanige verwysing word die naam van die medenavorser

ook genoem. As die naam nie in die teks self genoem word nie, verskyn dit –

in ooreenstemming met die beginsels van die Harvard metode van verwysing – in die

vierkantige hakkies saam met die nommers. Hierdie metode van verwysing sluit aan by

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!