25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p22

die ingebinde CD in elektroniese formaat aangeheg as Bylaag 9 tot 15. Soos in die

transkripsies van die oorspronklike gesprekke is inligting wat die mede-navorsers sou

kon identifiseer eers verwyder. Die transkripsies van beide die aanvanklike navorsing

en die opvolgnavorsing – op die CD sowel as in aanhalings in hierdie verslag – is nie

taalkundig versorg nie, maar word weergegee soos wat die persone gepraat het.

Van drie mede-navorsers het ek ook skriftelike korrespondensie ontvang. Hierdie

korrespondensie is saam met die transkripsies in elektroniese formaat op die CD

aangeheg. Soos met die transkripsies is hierdie skriftelike bydraes ook nie taalkundig

versorg nie, maar onveranderd geplaas. Hierdie bydraes is genommer Bylaag 16

tot 18.

6.3 Transkripsies

Alle gesprekke is met die toestemming van die mede-navorsers opgeneem en later

getranskribeer. Die transkripsies is nie taalkundig versorg nie. Soms lees dit

ongemaklik, omdat mense hulleself onderbreek en sommige gedagtes nie volledig

uitgespreek word nie. Hierin sluit ek aan by die internasionale gebruike rakende

transkripsies. Die voorwoord in die transkripsies van die Universiteit van Kentucky se

Mondelinge Geskiedenis-program is ook hier van toepassing: “The reader... should

bear in mind that he (sic) is reading a text of the spoken word rather than the written

word” (aangehaal in Allen 1982:36). In die lig van die narratiewe aard van hierdie

navorsing, is dit belangrik dat die mede-navorsers se menings verbatim weergegee

word al voldoen dit nie altyd aan die aanvaarde taalreëls nie.

Soms word woorde gebruik wat tans nie as geskik geag word nie. Waar hierdie woorde

voorkom in aanhalings, word dit net so weergegee. “Oral history is what comes out of

people’s mouths, and it has to be captured accurately on paper; or else you violate the

integrity of the interviewee... and you violate the integrity of the medium” (Allen

1982:35). Die feit dat sulke woorde aangehaal word, moet nie gesien word as

goedkeuring deur die navorser of ander mede-navorsers nie. Dieselfde geld ook vir die

gebruik van politieke rasonderskeidende terme soos swart, wit, blank en kleurling. Vir

die doel van hierdie navorsing is dit belangrik om wel daardie woorde te gebruik om 'n

getroue weergawe te kry van wat die mede-navorsers bedoel het. Die gebruik van

hierdie woorde impliseer nie 'n waarde-oordeel nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!