LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p328 beperkings en verdere moontlikhede. 12.1 Terugskouend Die bedoeling van die navorsing was om ondersoek in te stel en te rapporteer hoe wit Afrikaanse Christene in die post-apartheid Suid-Afrika leef, gegewe hulle aandeel aan die vorige bedeling. Die primêre fokus was op lidmate van die NG Kerk. Al het die navorsing dus gefokus op lidmate van die NG Kerk van 'n bepaalde gemeente in Welkom, is daar tog bepaalde temas wat binne die wit Afrikaanse Christengemeenskap verteenwoordig word. Die aanvanklike navorsing is veertien jaar later opgevolg deur ʼn tweede rondte navorsing. Dit wil voorkom asof daar min verandering plaasgevind het in die verloop van veertien jaar. Die mede-navorsers se aanvanklike posisies is grootliks behou. Die enigste verandering het saamgeval met groter blootstelling aan swart mense op ʼn gelyke voet, byvoorbeeld as kollegas en nie net as ondergeskiktes nie. Dit was duidelik dat die meerderheid van die mede-navorsers nie besef het, en steeds nie besef, wat apartheid aan die swart mense van Suid-Afrika gedoen het nie. Daarom is daar min begrip vir die behoefte aan skulderkenning en skuldbelydenis. Hierdie posisie is ʼn belangrike belemmering op die pad na versoening op persoonlike vlak, maar ook binne die Kerk. Die NG Kerk sal die skuldbelydenis konkrete gestalte moet gee ten einde die lidmate hierin te begelei. Die aanvaarding van die Belydenis van Belhar sal hierin ʼn belangrike rol speel. Dit blyk egter dat juis die aanvaarding van Belhar, wat die NG Kerk se skuldbelydenis sal bevestig, vir ʼn groot deel van die Kerk juis ʼn probleem gaan wees. Dit rede hiervoor kan juis weer terug herlei word na die gebrekkige besef van die impak van apartheid. Die navorsing lewer ʼn besondere bydrae om die konsep apartheid te dekonstrueer vir wit Afrikaanse Christene. Dit is duidelik dat die verhaal wat die mede-navorsers oor apartheid vertel het, nie die enigste verhaal is nie. Apartheid is anders as wat die mede-navorsers gemeen het. Beide vanuit ander wit mense se perspektief, maar veral vanuit ʼn swart perspektief, kom daar heel ander verhale na vore. Juis om hierdie rede

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p329 is dié navorsing van groot waarde vir die praktiese teologie. Hierdie navorsing kan vir die NG Kerk van waarde wees. Die gebrek aan insig in die effek van apartheid, moet vir die Kerk ʼn kritiese element wees vir die strategiese bedieningspraktyk. Die NG Kerk loop die risiko dat sy amptelike besluite al hoe verder verwyderd kan raak van die lidmate. Om dit teë te werk, sal lidmate al meer betrokke gemaak moet word by van die besluite van die Kerk. My eie bydrae aan die NG Kerk sou kon wees in die vorm van ʼn akademiese artikel waarin hierdie navorsing aan ʼn breër leserspubliek bekendgestel word. Van selfs nog meer praktiese waarde sou ʼn aantal populêre artikels wees in tydskrifte of koerante wat deur die lidmate van die Kerk gelees word. 12.2 Beperkings Geen navorsing van hierdie omvang is sonder tekorte nie. Ter wille van deursigtigheid en ter wille van toekomstige navorsers, word ʼn aantal faktore kortlike uitgelig. Die samestelling van die groep bepaal uiteraard wat gedoen kan word. Die medenavorsers vir hierdie studie was almal van ʼn bepaalde ouderdom en uit ʼn sekere sosiale vlak. Dit was ʼn doelbewuste keuse, maar ander groepe sou dalk ander narratiewe gelewer het. So sou ʼn soortgelyke ondersoek met baie jonger medenavorsers ʼn heel ander stel verhale op tafel plaas. Hiermee saam kan ook gevra word of die opvolgnavorsing nie meer effektief sou gewees het as dit in groepsverband plaasgevind het nie. Die keuse vir die tydperk van veertien jaar sou ook anders gekies kon word. ʼn Soortgelyke studie sou byvoorbeeld na die volgende Algemene Sinode gedoen kon word waarin die volgende rondte oor Belhar verreken sou kon word. Die sogenaamde nuwe Suid-Afrika is nie eenduidig nie. Daar is verskillende fases waardeur die land al gegaan het, en nog sal gaan. Op ʼn politieke vlak kan verwys word na die tydperke van die verskillende presidente. Op kerklike terrein vermoed ek sal die rol van Belydenis van Belhar ook nog duidelike tydperke aandui. Daar sou moontlik in die toekoms ook ander dramatiese gebeure kon wees wat sinvolle afsnydatums vir verdere navorsing sou kon bied.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p328

beperkings en verdere moontlikhede.

12.1 Terugskouend

Die bedoeling van die navorsing was om ondersoek in te stel en te rapporteer hoe wit

Afrikaanse Christene in die post-apartheid Suid-Afrika leef, gegewe hulle aandeel aan

die vorige bedeling. Die primêre fokus was op lidmate van die NG Kerk. Al het die

navorsing dus gefokus op lidmate van die NG Kerk van 'n bepaalde gemeente in

Welkom, is daar tog bepaalde temas wat binne die wit Afrikaanse Christengemeenskap

verteenwoordig word. Die aanvanklike navorsing is veertien jaar later opgevolg deur ʼn

tweede rondte navorsing.

Dit wil voorkom asof daar min verandering plaasgevind het in die verloop van veertien

jaar. Die mede-navorsers se aanvanklike posisies is grootliks behou. Die enigste

verandering het saamgeval met groter blootstelling aan swart mense op ʼn gelyke voet,

byvoorbeeld as kollegas en nie net as ondergeskiktes nie.

Dit was duidelik dat die meerderheid van die mede-navorsers nie besef het, en steeds

nie besef, wat apartheid aan die swart mense van Suid-Afrika gedoen het nie. Daarom

is daar min begrip vir die behoefte aan skulderkenning en skuldbelydenis. Hierdie

posisie is ʼn belangrike belemmering op die pad na versoening op persoonlike vlak,

maar ook binne die Kerk.

Die NG Kerk sal die skuldbelydenis konkrete gestalte moet gee ten einde die lidmate

hierin te begelei. Die aanvaarding van die Belydenis van Belhar sal hierin ʼn belangrike

rol speel. Dit blyk egter dat juis die aanvaarding van Belhar, wat die NG Kerk se

skuldbelydenis sal bevestig, vir ʼn groot deel van die Kerk juis ʼn probleem gaan wees.

Dit rede hiervoor kan juis weer terug herlei word na die gebrekkige besef van die impak

van apartheid.

Die navorsing lewer ʼn besondere bydrae om die konsep apartheid te dekonstrueer vir

wit Afrikaanse Christene. Dit is duidelik dat die verhaal wat die mede-navorsers oor

apartheid vertel het, nie die enigste verhaal is nie. Apartheid is anders as wat die

mede-navorsers gemeen het. Beide vanuit ander wit mense se perspektief, maar veral

vanuit ʼn swart perspektief, kom daar heel ander verhale na vore. Juis om hierdie rede

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!