25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p325

aan Afrika. Ek is nie African in die genetiese sin nie. Maar ek is ook nie

’n Europeër nie. So ek is ’n Afrikaan. Daar is soveel verskillende

groepe en almal is African. Afrikaners hóórt hier en ons is nader aan

die ander kulturele groepe in Suid-Afrika as wat ons dikwels dink. Maar

as jy jouself afsonder, sterf jy.

Daar is duidelike tekens dat ten minste sommige van die volgende geslag wit

Afrikaanse Christene anders begin dink oor hulle posisie in Suid-Afrika. Hierin lê die

hoop vir die toekoms opgesluit. Die ouer mense sê dikwels dat dit makliker sal gaan vir

die volgende geslag [vergelyk Mike 10-132, Johan 11-043 en Hanlie 12-188]. Hulle

vertel stories van kinders wat nie meer so ingestel is op ras as hulle ouers nie (Fisher

2007:210). Hy haal een van sy gespreksgenote aan wat sê: “I even love Afrikaners.

What I love most about them is that their children do not want to be the same as them”

(Fisher 2007:241).

Dit mag so wees dat hulle ʼn ander blootstelling as hulle ouers het wat hulle ook ʼn ander

kyk op die lewe sal gee, maar Van Wyngaard (2010b:elektronise bron) vra hieroor twee

belangrike vrae. Die eerste is bloot eenvoudig: “is it true?” maar dan vra hy ʼn tweede

vraag:

Or is colour-blind a myth created by the white liberals, used to be

politically correct? A trend towards ignoring race in a attempt at

sidestepping forms of racism had been identified in white studies all

over the world. Would this comment on our children be part of that?

Sy bekommernis is dat ouer mense hierdie mite gebruik om hulle eie verantwoordelikheid

tot versoening af te skuif op die niksvermoedende volgende geslag,

sonder om selfs iets daartoe by te dra. Deur bloot die mite oor te vertel sonder om self

te versoen met ander sal geen waarde hê nie en op die lang duur geen bydrae tot

versoening maak nie.

Daar is egter ook ʼn ander gevaar. Johan [11-252] wys daarop dat die volgende geslag

uitgelewer is aan die huidige geslag. As ouers nie met woord en daad die voorbeeld

van versoening stel nie, sal die kinders die ouers se patrone herhaal. Ouers sal te alle

tye ʼn wag voor die mond moet hê.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!