25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p321

Krog (2005:387) skryf oor ʼn besoek aan Umtata in die Oos-Kaap. Hier vra sy uit na wit

mense wat daar woon. Haar gids antwoord: “‘Die wittes in Umtata besef hulle is nie

meer die deurslaggewende faktor nie,’ sê mnr. Sodo. ‘Nie besef nie, hulle aanváár dat

hulle nie die deurslag gee nie. Dis ʼn opgee van mag, sonder om jouself terug te trek.

Dis ʼn aktiewe deelname aan ʼn omgewing waarvan jy ʼn onbelangrike en onmagtige

minderheid is.’” Hierop reageer ʼn ander: “‘Ek weet nie of dit juis dit is nie,’ sê mnr.

Zakade. ‘Dis meer dat hulle in pas lewe met ons. Hulle is finansieel nie beter af as ons

nie, baie van hulle kan Xhosa praat, hulle eet umngqusho.’”

Uit die antwoorde op Krog se vraag is baie te leer van ʼn suksesvolle veelrassige

gemeenskap: Daar is nie ʼn groot verskil in ekonomiese stand nie, die wit mense

beskou hulleself as deel van die groter gemeenskap en hulle kan die taal van die

omgewing praat. Taal is ʼn tema wat in die navorsing ook na vore gekom het. Vir Hanlie

[12-090] is die onvermoë van baie wit mense om ʼn Afrikataal te praat, ʼn groot

probleem. Die politieke ontleder Albert Venter (2000a:elektroniese bron) het ook hierby

aangesluit toe hy, in ʼn resensie van die boek van ZB du Toit (1999), gesê het dat

Afrikaners nie bereid is om die praktiese prys van die gelyke regte van

Afrikaans teenoor Afrikatale te betaal nie. Die prys is natuurlik dat hulle

aan die Afrikatale erkenning moet gee deur dit te leer praat en gebruik.

Dis vir Afrikaners veel geriefliker en makliker om in hul tweede taal,

Engels, oor die weg te kom as die drietaligheidsroete: Afrikaans, ʼn

Afrikataal en Engels.

Oor die afgelope agtien jaar het daar baie verandering in Suid-Afrika plaasgevind.

Hoeveel transformasie daarmee saamgegaan het, bly ʼn vraag. Krog (2005:135) doen

navorsing oor die betekenis van die woord “transformasie” in teenstelling met blote

verandering. Verandering is beperk tot die uiterlike terwyl transformasie na ʼn “innerlike

verandering” verwys. Sy skryf: “In sy diepste vorm dus beteken die woord

‘transformasie’ om die anderkant te vorm, om waarheen jy op pad is, te begin skep.”

Die uitdaging aan wit Afrikaanse Christene is om hierdie toekoms in Suid-Afrika vir

hulleself te begin skep, om ʼn plek te skep waarvan hulle deel kán en wíl wees, om nie

so ontuis soos ʼn kangaroe in die Vrystaat rond te hop nie.

As ek luister na die mede-navorsers, ontbreek die regte omstandighede dikwels vir wit

Afrikaners om deel te wil word van die post-apartheid Suid-Afrika. Die verskillende

redes wat hulle aanvoer, kom ook in ander bronne na vore. Dit sal die leierskap op

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!