25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p320

hulle die ‘hemel’ wat hulle vir hulleself geskep het, uiteindelik omskep

in die ‘hel’ waarin hulle hulleself in die jaar 2010 bevind.

Die dae van uitsluiting is verby. Die enigste manier om uit hierdie “hel” te kom is om

inklusief te begin dink. Wit Afrikaners sal moet besluit of hulle Europeërs of Afrikane wil

wees, want om al twee te wees, lyk nie na ʼn moontlikheid nie. Die stadsklerk van

Moqhaka munisipaliteit (aangehaal in Krog 2005:69) sê: “Ons, die swartes, kan nie en

hoef nie meer in die wit droom in te pas nie. Hulle wat in ‘n dorp lewe waarin die

meerderheid swart is, moet in ons drome inpas.” In terme van Weingarten se tipologie

is dit ʼn kwadrant een situasie: Wit Afrikaners is ten volle bewus wat Suid-Afrikanerskap

van hulle vra én hulle is by magte om die keuse te maak. As hulle wil.

ʼn Keuse vír Afrika is nie so eenvoudig as om dit bloot maar net te sê nie. In die tyd vóór

die 1994-oorgang sê die nobelprys-wenner Nadine Gordimer (aangehaal in Villa-

Vicencio 1993:105):

To call yourself a white African means you really have to identify first of

all with the black struggle. You have to show you are ready and waiting

to opt out of class and race. You cannot simply say 'I am against

apartheid', you have to live it in your life as far as you can.

Müller (2011:53) skryf dat hy “telkens weer ʼn keuse vir Afrika” maak. Tydens die

apartheidsjare was baie keuses vír hom gemaak. “Geleidelik het dinge verander en

vandag voel ek dat ek meer op grond van keuse as gegewe aan Afrika behoort.” Die

uitdaging aan wit mense wat deel van post-apartheid Suid-Afrika wil wees, is om

hierdie keuse bewustelik te maak. Die maak van hierdie keuse sal uiteraard ʼn groot

aantal implikasies inhou.

Ek is nie gemaklik met Buys (2011:elektroniese bron) se ontleding waarin dit lyk of hy

meen die ANC regering is in ʼn doelbewuste stryd teen die Afrikaner gewikkel nie. Wat

wel gebeur is dat die wit Afrikaner nou op gelyke veld met al die ander (lees swart)

inwoners van die land moet kompeteer. Natuurlik sal sekere dinge moeiliker wees,

soos om werk te kry, want die aanbod is nou soveel groter. Daar is nie ʼn geskiedenis

wat in Buys se woorde “teruggevat” moet word nie, daar is eerder ʼn toekoms wat saam

gebou moet word. Ons taak is nie om omstandighede te skep “waarin ons as

Westerlinge blywend suksesvol kan voortbestaan in Suid-Afrika” nie. Die uitdaging van

wit Afrikane is om saam met donkerder Afrikane in Afrika voort te bestaan.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!