25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p319

Blatante sistemiese rassisme is vervang met ʼn oop demokrasie waarin die grondwet

gelykheid van alle mense waarborg. Op grondvlak is dit egter nie so maklik om hierdie

diepgewortelde patrone te deurbreek nie. Indien wit Christene egter Bybel-getrou wil

leef, sal die erkenning van die waardigheid van swart mense ʼn voorvereiste wees. Uit

die navorsing, en bloot uit die lees van die aanlyn koerante, is dit duidelik dat daar nog

ʼn groot uitdaging wag. Nie alleen sal wit Christene ʼn keuse moet maak téén rassisme

nie, hulle sal ook nie langer “veilige ruimtes” (Delport 2008:14) kan wees vir ander

mense se rassistiese grappies of teksboodskappe nie. Die leiding wat die Kerk hierin

moet gee, kan nie onderskat word nie.

9.3 ʼn Kangaroe in die Vrystaat?

Krog (2005:300) vertel van ʼn gesprek met twee van haar swart vriende. Die gesprek

handel oor wit mense in Afrika. Die een sê: “Die oomblik wanneer jy leer om die swart

lewe van risiko te leef, sal jy een van ons wees.” Hierop reageer die ander een deur te

sê Krog, as wit persoon, sal altyd ʼn buitestaander wees, ʼn kangaroe (met verwysing na

ʼn Max du Preez opmerking). In haar gedagtes verbeel Krog haar: “Ek is verstom. Van

alle dinge! ʼn Donnerse kangaroe wat in die Vrystaat rondhop.”

Is wit mense deel van Afrika? Meer nog, wil wit mense deel wees van Afrika? Vir

sommige is dit nie eers ʼn vraag nie. Dirk Hermann (2011) sê: “Basta! Ons voetspore lê

in Afrika.” Soos in hoofstuk vier aangedui, was dit vir sommige van die mede-navorsers

[Danie 13-579] ook nie ʼn kwessie nie en Johan [11-266] wil homself ook graag as van

Afrika sien, maar erken ook [o]ns is verplaasde Europeërs.

Hanlie [12-180] reken ook wit Afrikaners is nog Europees in gewoonte en denke. Dit is

dus te verstane dat Jansen (2005:elektroniese bron) die vreemde term “Eurokaan”

gebruik as ʼn moontlike beskrywing van die wit Afrikaner. Hierteenoor skryf Smith

(2010a:15) dat die apartheidsterm “Europeans” daarna verwys dat die wit inwoners

hulleself as “behorende tot Europa” beskou. Later skryf Smith (2010a:207) oor wat hy

“die tragedie van die Suid-Afrikaanse samelewing” noem:

...die tragedie van ’n groep mense wat hulle vanuit die Westerse

kultuurwêreld in Suid-Afrika gevestig en hier vir hulle ’n eie wêreld

geskep het. Hulle het daarin geslaag om deur die ideologie van

apartheid gekleurde mense uit hulle wêreld uit te sluit. Sodoende het

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!