25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p318

noodwendig maklik is om ʼn alternatiewe werklikheid te skep nie. Die

vraag is of dit ons hoegenaamd pla... Vertoon ons iets van die radikale

andersheid wat ons in Christus behoort te hê?

Pla hierdie situasie die Kerk enigsins? Pla dit die leiers? As die kerkleiding ernstig is

oor die besluite wat die NG Kerk reeds geneem het ten opsigte van eenheid, sal daar

baie meer besliste leiding aan die Kerk gegee moet word.

ʼn Ander saak waaroor aan die lidmate leiding gegee moet word, is die manier waarop

wit gelowiges in post-apartheid Suid-Afrika moet leef gegewe die spesifieke verlede

van diskriminasie.

9.2 “Ga se lekhoa, ke motho”

Apartheid se diepste probleem was die ontkenning van sekere groepe mense se

menswaardigheid. Dit is daarom gepas dat enige poging tot versoening juis dit as

vertrekpunt sal neem. Om versoenend te lewe beteken in Suid-Afrika om die

menswaardigheid van alle mense ernstig op te neem.

Krog (2009:59) beskryf swart mense se gebruik om na wit mense te verwys as ʼn

lekhoa, wat sy verduidelik as “a disrespectful person, someone who is part of a class of

people who lack respect for other human beings.” Dan gaan sy voort en sê dat

wanneer ʼn persoon menslik optree, “contrary to the white stereotype”, van so ʼn

persoon gesê word: “Ga se lekhoa, ke motho” wat beteken “He/she is not white, he/she

is a human being” (Krog 2009:59).

Meer as ʼn kwart eeu gelede al skryf die swartbewussyn skrywer Steve Biko (1987:30)

“The first step therefore is to make the black man come to himself... infuse him with

pride and dignity...”. Vir die wit gehoor van destyds was dit onaangenaam om te hoor.

Hopelik het die gemeenskap sodanig getransformeer dat die waarheid van sy uitspraak

waardeer kan word. Daar sal min waarde in die demokrasie en die verandering van

beleide wees as die basiese mensewaardigheid van alle mense nie erken word nie.

Ramphele (2001:506) is reg as sy sê: “Both black and white people will have to be

prepared to adopt new ways of looking at difference without enshrining it is essentialist

notions.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!