25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p317

“glimlag” oor wat daar gebeur het. In ʼn land met soveel armoede en swaarkry, sal die

NG Kerk – benewens die bestaande formele barmhartigheidswerk – op grondvlak ʼn

kultuur van omgee moet skep. Dit is betekenisvol dat wanneer Dames (2008:62) skryf

oor die uitdagings van die kerke in “disadvantaged communities”, hy dit “poverty

issues” noem. Vir hom is die belangrikste vraag: “What has the church done to engage

the Gospel and culture in South Africa?” (Dames 2008:62).

Die vierde taak waaraan die NG Kerk sal moet aandag gee, is die rassisme wat nog vry

algemeen onder lidmate voorkom. Uit die navorsing het dit geblyk dat rassisme steeds

ʼn faktor in die alledaagse lewe van gelowiges is. Müller (2011:61) skryf oor die

hoopvolle verhale van interkulturele kommunikasie wat hy raakloop op ander plekke,

maar “[d]aarteenoor lyk dit vir my soms asof my eie NG Kerk inderdaad die laaste

bastion van apartheid is wat elke Sondag weer opstaan.”

In hoofstuk vier is aandag gegee aan die voortgaande probleem van rassisme. Ek het

aangedui dat wit Afrikaners eerder moet praat van rassisme wat in “remissie” is as dat

rassisme oorwin is. Müller (2011:67) verwys na ʼn Amerikaanse kollega wat homself ʼn

“recovering racist” noem “omdat hy aanvaar het rassisme is so diep deel van sy grein

dat hy nie na homself as ‘recovered’ kan verwys nie maar slegs as ‘recovering’”

Dit is tyd dat die NG Kerk openlik en eerlik erken dat rassisme nog deel is van die

denkpatroon van baie lidmate en selfs van die leiers. Vir mense wat in apartheid

grootgeword het, is dit bykans onmoontlik om nie iets daarvan oor te hou nie. Die

uitdaging aan gelowiges is om ook daardie deel van die lewe onder die beheer van die

Gees van God te stel.

ʼn Laaste taak van die NG Kerk het alles te make met die leiers. Die meerderheid

huidige leraars kom nog uit die tydperk van voor 1994 en “wanneer jy Sondag kerk toe

gaan, is dit asof jy 30 jaar terugbeweeg” (Müller 2011:62). Die NG Kerk het visionêre

leierskap nodig: “It involves projecting a vision of what the congregation might become

and mobilizing followers who are committed to this vision” (Osmer 2008:177), maar in

plaas daarvan is dit dikwels “business as usual” (Müller 2011:63) terwyl die Kerk

“veronderstel is om ʼn voorloper te wees en die samelewing uit te daag tot ʼn

alternartiewe leefstyl” gebaseer op “die eenheid wat daar in Christus is” (Müller

2011:62). Hy skryf verder:

Die kerk sit met ʼn erfenis en ʼn konkrete situasie waarin dit nie

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!