LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p316 “fundamentally introversive.” Hy verwys na die groot aantal (meestal wit) Suid- Afrikaners wat geëmigreer het. Die res, sê hy, “seem to be emigrating inwardly” en dit vind neerslag in die prediking waar die klem al meer val op die persoonlike belewing van die lidmaat. Hier word ʼn patroon van die verlede herhaal. Navorsing oor preke sover terug as 1987 wys “a type of alien-to-daily-life, non-existential appeal on the grounds of pietistic potential.” Nie een van die algemeenste probleme van die tyd is in die prediking aangespreek nie. Daar is tekens dat dit weer gebeur. Die gevaar wat hy hierin sien is die “avoidance of the harsh realities of the South African context” (Cilliers 2011:elektroniese bron). Die uitdaging aan die NG Kerk is om lidmate toe te rus om in die werklikheid van post-apartheid Suid-Afrika te funksioneer as gelowiges. Hiervoor sal onder andere in die opleiding van nuwe leraars voorsiening gemaak moet word. Die NG Kerk moet weer ʼn plek van heling word waar mense die laste van die lewe kan verruil vir ʼn ligte las. Boshoff (2012:1) skryf oor ʼn rouproses wat “waarskynlik algemeen in die hele Afrikaanse gemeenskap” voorkom. Sy antwoord hiervoor is dat gemeentes lidmate moet “help groei deur intensionele rou, as ’n bediening van hoop” (Boshoff 2012:8). Thesnaar (2010:266) vertel van die healing of memory werkswinkels waarby hy al betrokke was. Hier word die effek van die apartheidsjare op emosionele, psigologiese en geestelike vlak hanteer in die teenwoordigheid van mense van verskillende rasse. Dan vra hy waarom dit nodig is vir lidmate om hierdie veilige ruimte buite die NG Kerk te gaan soek. Dit is ʼn aanklag teen die Kerk dat die Kerk nie daarin slaag om hierdie veilige ruimtes te bied nie. Die NG Kerk behoort juis die plek te wees waar mini-WVK sessies (Meiring 2003b:119) gehou kan word, maar solank as wat die NG Kerk-familie se lidmate nog op rassegronde geskei word, sal dit baie moeilik kan gebeur. Thesnaar (2010:272) skryf verder: Creating spaces for healing within the congregation as the body of Christ is nothing new. It essentially belongs to the being of the church. If we are true to being church we will realize that we are broken and on a journey towards healing and reconciliation. In samehang met bogenoemde is daar die Kerk se (gebrek aan) omgee vir hulle in nood. Daar was ʼn tyd in die NG Kerk se geskiedenis dat die armblanke vraagstuk boaan die agenda van die Kerk was. Dit is nie meer so nie. “Die realiteit van armoede is soos ’n finale bewys dat ons samelewing ondanks baie kerke en kerkmense siek is” (Hendriks 2009:elektroniese bron). Hy verwys ook na die Sentrale Metodistekerk in Johannesburg waar weerlose Zimbabwiërs ʼn tuiste kon vind en sê dat die Here

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p317 “glimlag” oor wat daar gebeur het. In ʼn land met soveel armoede en swaarkry, sal die NG Kerk – benewens die bestaande formele barmhartigheidswerk – op grondvlak ʼn kultuur van omgee moet skep. Dit is betekenisvol dat wanneer Dames (2008:62) skryf oor die uitdagings van die kerke in “disadvantaged communities”, hy dit “poverty issues” noem. Vir hom is die belangrikste vraag: “What has the church done to engage the Gospel and culture in South Africa?” (Dames 2008:62). Die vierde taak waaraan die NG Kerk sal moet aandag gee, is die rassisme wat nog vry algemeen onder lidmate voorkom. Uit die navorsing het dit geblyk dat rassisme steeds ʼn faktor in die alledaagse lewe van gelowiges is. Müller (2011:61) skryf oor die hoopvolle verhale van interkulturele kommunikasie wat hy raakloop op ander plekke, maar “[d]aarteenoor lyk dit vir my soms asof my eie NG Kerk inderdaad die laaste bastion van apartheid is wat elke Sondag weer opstaan.” In hoofstuk vier is aandag gegee aan die voortgaande probleem van rassisme. Ek het aangedui dat wit Afrikaners eerder moet praat van rassisme wat in “remissie” is as dat rassisme oorwin is. Müller (2011:67) verwys na ʼn Amerikaanse kollega wat homself ʼn “recovering racist” noem “omdat hy aanvaar het rassisme is so diep deel van sy grein dat hy nie na homself as ‘recovered’ kan verwys nie maar slegs as ‘recovering’” Dit is tyd dat die NG Kerk openlik en eerlik erken dat rassisme nog deel is van die denkpatroon van baie lidmate en selfs van die leiers. Vir mense wat in apartheid grootgeword het, is dit bykans onmoontlik om nie iets daarvan oor te hou nie. Die uitdaging aan gelowiges is om ook daardie deel van die lewe onder die beheer van die Gees van God te stel. ʼn Laaste taak van die NG Kerk het alles te make met die leiers. Die meerderheid huidige leraars kom nog uit die tydperk van voor 1994 en “wanneer jy Sondag kerk toe gaan, is dit asof jy 30 jaar terugbeweeg” (Müller 2011:62). Die NG Kerk het visionêre leierskap nodig: “It involves projecting a vision of what the congregation might become and mobilizing followers who are committed to this vision” (Osmer 2008:177), maar in plaas daarvan is dit dikwels “business as usual” (Müller 2011:63) terwyl die Kerk “veronderstel is om ʼn voorloper te wees en die samelewing uit te daag tot ʼn alternartiewe leefstyl” gebaseer op “die eenheid wat daar in Christus is” (Müller 2011:62). Hy skryf verder: Die kerk sit met ʼn erfenis en ʼn konkrete situasie waarin dit nie

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p316

“fundamentally introversive.” Hy verwys na die groot aantal (meestal wit) Suid-

Afrikaners wat geëmigreer het. Die res, sê hy, “seem to be emigrating inwardly” en dit

vind neerslag in die prediking waar die klem al meer val op die persoonlike belewing

van die lidmaat. Hier word ʼn patroon van die verlede herhaal. Navorsing oor preke

sover terug as 1987 wys “a type of alien-to-daily-life, non-existential appeal on the

grounds of pietistic potential.” Nie een van die algemeenste probleme van die tyd is in

die prediking aangespreek nie. Daar is tekens dat dit weer gebeur. Die gevaar wat hy

hierin sien is die “avoidance of the harsh realities of the South African context” (Cilliers

2011:elektroniese bron). Die uitdaging aan die NG Kerk is om lidmate toe te rus om in

die werklikheid van post-apartheid Suid-Afrika te funksioneer as gelowiges. Hiervoor

sal onder andere in die opleiding van nuwe leraars voorsiening gemaak moet word.

Die NG Kerk moet weer ʼn plek van heling word waar mense die laste van die lewe kan

verruil vir ʼn ligte las. Boshoff (2012:1) skryf oor ʼn rouproses wat “waarskynlik algemeen

in die hele Afrikaanse gemeenskap” voorkom. Sy antwoord hiervoor is dat gemeentes

lidmate moet “help groei deur intensionele rou, as ’n bediening van hoop” (Boshoff

2012:8). Thesnaar (2010:266) vertel van die healing of memory werkswinkels waarby

hy al betrokke was. Hier word die effek van die apartheidsjare op emosionele,

psigologiese en geestelike vlak hanteer in die teenwoordigheid van mense van

verskillende rasse. Dan vra hy waarom dit nodig is vir lidmate om hierdie veilige ruimte

buite die NG Kerk te gaan soek. Dit is ʼn aanklag teen die Kerk dat die Kerk nie daarin

slaag om hierdie veilige ruimtes te bied nie. Die NG Kerk behoort juis die plek te wees

waar mini-WVK sessies (Meiring 2003b:119) gehou kan word, maar solank as wat die

NG Kerk-familie se lidmate nog op rassegronde geskei word, sal dit baie moeilik kan

gebeur. Thesnaar (2010:272) skryf verder:

Creating spaces for healing within the congregation as the body of

Christ is nothing new. It essentially belongs to the being of the church.

If we are true to being church we will realize that we are broken and on

a journey towards healing and reconciliation.

In samehang met bogenoemde is daar die Kerk se (gebrek aan) omgee vir hulle in

nood. Daar was ʼn tyd in die NG Kerk se geskiedenis dat die armblanke vraagstuk boaan

die agenda van die Kerk was. Dit is nie meer so nie. “Die realiteit van armoede is

soos ’n finale bewys dat ons samelewing ondanks baie kerke en kerkmense siek is”

(Hendriks 2009:elektroniese bron). Hy verwys ook na die Sentrale Metodistekerk in

Johannesburg waar weerlose Zimbabwiërs ʼn tuiste kon vind en sê dat die Here

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!