25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p314

9. Lewe na apartheid

Post-apartheid Suid-Afrika se inwoners word op vele wyses uitgedaag. In die kort

agtien jaar sedert die koms van demokrasie was daar transformasie op byna alle

terreine van die samelewing. In hierdie afdeling bespreek ek die uitdaging wat postapartheid

Suid-Afrika aan wit Afrikaanse Christene stel. Die insigte verkry uit die

longitudinale studie saam met die mede-navorsers en ander bronne, kristalliseer hier in

ʼn paar fokusareas. Ek gee aandag aan die NG Kerk se uitdagings, die strewe na

menswaardigheid, ʼn keuse vir Afrika en die hoop op die volgende geslag.

9.1 Die uitdaging aan die NG Kerk

Die tipe leierskap wat van die NG Kerk gevra word, is wat Osmer (2008:177) “transforming

leadership” noem. Hy beskryf dit so: “It is leading an organization through a

process in which its identity, mission, culture, and operating procedures are

fundamentally altered” (Osmer 2008:177). Dit is presies die proses waardeur die NG

Kerk tans gaan. Cilliers (2011:elektroniese bron) toon oortuigend aan hoe die NG Kerk

geraak is deur die politieke veranderinge in die land. Die politieke sekerhede van die

verlede het plek gemaak vir ʼn nuwe bedeling waarin diegene wat vroeër as “vyande”

bestempel is, nou deel van die regering uitmaak.

Een van die eerste take van die NG Kerk is om sy geslotenheid te deurbreek. Die NG

Kerk het oor jare geopereer vanuit ʼn ons-hulle paradigma. Getrou aan die Woord sal

die NG Kerk se fokus wyer moet wees as net die enkel rasgroep wat tans (hoofsaaklik)

deur die NG Kerk bedien word. Schoeman (2008:7) skryf oor die rasseskeiding in die

NG Kerk en dan sê hy: “Die kritiese vraag is: Het van die ‘ander’ groepe lid van die ‘wit’

Kerk geword?” Ek oordeel dat dit dalk nie die beste vraag is om te vra nie. Woonbuurte

wat in ʼn groot mate nog volgens ras saamgestel is, maak inskakeling by ʼn ‘wit’ NG

Kerk vir baie ‘ander’ moeilik. In bepaalde middestadsgemeentes waar die

bevolkingsamestelling baie meer geïntegreerd is, sou sy vraag geldig wees, maar nie

in die meer voorstedelike en plattelandse gemeentes nie. ʼn Beter toets sou waarskynlik

wees om te kyk waar die ‘wit’ gemeentelede betrokke raak. In die verlede was die

betrokkenheid hoofsaaklik binne die gemeente met bepaalde, dikwels paternalistiese,

“uitreike” na swart mense.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!