LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p312 Met verloop van tyd het daar al meer ʼn aandrang gekom dat regstellende aksie aangepas moet word. Jongbloed (2012:elektroniese bron) vra vir ʼn nuwe nadenke oor regstellende aksie vanweë die “skade wat die proses toenemend aan onderlinge verhoudinge aanrig”. Sy skryf verder: Die ANC moet weer ’n slag dink oor die manier waarop kaderontplooiing in die naam van regstellende aksie bevorder word deur mense in onvanpaste posisies aan te stel en dikwels in poste waarvoor hulle nie gekwalifiseer is nie en waarin hulle nie die mas kan opkom nie. Sy raak die kern van die probleem aan as sy sê dat die goeie bedoelings van die beleid “besoedel” word deur “baantjies vir boeties” en die “oorhaastige aanstelling van onbekwame mense in poste waarvoor hulle nie gekwalifiseer is nie en waarvoor hulle boonop ook nie die potensiaal het nie” (Jongbloed 2012:elektroniese bron). Vanuit Afrikaner geledere skryf Hermann (2007) ʼn boek oor regstellende aksie. Die boek se subtitel – Waarom regstellende aksie misluk het – gee alreeds sy standpunt weer. Gebaseer op sy doktorale navorsing, skryf Hermann (2007:13) oor wat hy noem “die vierde nalatenskap” van oud-president Mbeki: “Dit is ʼn rasse-ideologie wat die Suid-Afrikaanse samelewing diep verdeel.” Hy bekyk die proses van verskillende kante en vergelyk dit met wat in ander lande soos Maleisië, Sri Lanka en Amerika, gebeur. “Die boek vra... nie dat regstelling beëindig moet word nie, maar staan krities teenoor die regstellende instrumente wat tans in Suid-Afrika gebruik word” (Hermann 2007:15). Uit die swart gemeenskap, wat die meeste te wen het met regstellende aksie, is daar ook kritiese stemme. So skryf Ncayiyana (2011) die redakteur van die Suid-Afrikaanse Mediese Tydskrif oor die kriteria wat gebruik word vir toelating tot mediese skole. Alhoewel hy begrip het vir die noodsaak van bevordering van agtergeblewenes, is hy van mening dat so ʼn beleid net enkelinge bevoordeel en nie die breë gemeenskap nie, en dat ras nie noodwendig meer ʼn geldige aanduiding van benadeling is nie: “the use of race as a proxy for disadvantage will become increasingly inappropriate” (Ncayiyana 2011:elektroniese bron). Strauss (aangehaal in Oosthuizen 2009:1) sluit by hierdie tema aan as hy sekere “onregte” van regstellende aksie uitwys, soos: “Growwe rasgebaseerde veralgemenings wat terme soos ‘agtergeblewene’, ‘arm’ en ‘minderbevoorreg’ outomaties aan swart mense van die land koppel.”
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p313 Die kwessie van regstellende aksie is nie ʼn eenvoudige een nie. Aan die een kant is daar die baie oortuigende redes waarom so ʼn beleid noodsaaklik is in post-apartheid Suid-Afrika. Aan die ander kant is daar stemme uit verkillende rigtings, van wit én swart, wat ontevrede raak met die wyse waarop die beleid toegepas word. Verskeie van die mede-navorsers [onder andere Danie 13-022 en Isak 14-022] het gewys op die negatiewe gevolge wat die beleid persoonlik op hulle het. ʼn Ene andries.pretorius (skuilnaam) reageer op Jongbloed (2012) se artikel. Sy samevatting is waarskynlik die mening van meer mense as net hyself: My persoonlike slotsom is dat die korrekte toepassing van Regstellende Aksie geregverdig en aanvaarbaar is om bepaalde regstellings in die Suid-Afrikaanse gemeenskap te maak. Maar, soos wat Regstellende Aksie tans verkeerdelik toegepas word, is dit tog niks anders as ʼn vorm van institusionele rassisme nie. Die kerk sal uiteraard ook moet saampraat wanneer die beleid so toegepas word dat die oorgaan in ʼn nuwe vorm van rassisme. Wat egter van ewe veel belang is, is die pastorale versorging van lidmate wat deur regstellende aksie geraak word. Pieterse (2009:267) skryf oor mense wat deur regstellende aksie geaffekteer word: Indien ʼn mens nie in ʼn geestelik-geoefende persoonlike verhouding met God staan nie, kan dit gebeur dat God se hoedanighede soos sy liefde, goedheid en almag, wat op ʼn redelike abstrakte wyse geglo is, nie meer sin maak nie. Pieterse (2009:270) vra die vraag of die prediking “in hierdie veranderende konteks regtig die nood van hierdie mense aanspreek”. Hy gaan selfs verder: “Nog ʼn vraag is of ons predikers die erns van die situasie begryp” (Pieterse 2009:270). Hy sluit sy artikel af met ʼn uitdaging aan die kerk: Die vaderlike sorg van God vir sy kinders volgens die Skrif sal ook vir die persoonlike omstandighede van mense geïnterpreteer en geaktualiseer moet word vir die prediking in ons konteks van regstellende aksie (Pieterse 2009:271). Die kerk sal lidmate moet help om sinvol te leef in post-apartheid Suid-Afrika. Hier word nie net verwys na die impak van regstellende aksie nie, maar veral na ʼn lewe van versoening in die algemeen.
- Page 277 and 278: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 279 and 280: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 281 and 282: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 283 and 284: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 285 and 286: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 287 and 288: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 289 and 290: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 291 and 292: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 293 and 294: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 295 and 296: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 297 and 298: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 299 and 300: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 301 and 302: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 303 and 304: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 305 and 306: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 307 and 308: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 309 and 310: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 311 and 312: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 313 and 314: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 315 and 316: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 317 and 318: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 319 and 320: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 321 and 322: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 323 and 324: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 325 and 326: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 327: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 331 and 332: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 333 and 334: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 335 and 336: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 337 and 338: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 339 and 340: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 341 and 342: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 343 and 344: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 345 and 346: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 347 and 348: BIBLIOGRAFIE ACKERMAN, D. 1996. Eng
- Page 349 and 350: Bibliografie p333 BARNARD-NAUDÉ, J
- Page 351 and 352: Bibliografie p335 BLIGNAUT, C. 2012
- Page 353 and 354: Bibliografie p337 BROWNING, D.S. 19
- Page 355 and 356: Bibliografie p339 COLEMAN, M. (ED.)
- Page 357 and 358: Bibliografie p341 DE VOS, P. 2009.
- Page 359 and 360: Bibliografie DU PLESSIS, J. 1978. K
- Page 361 and 362: Bibliografie p345 FITZMAURICE, G.M.
- Page 363 and 364: Bibliografie p347 GERGEN, K.J. 1985
- Page 365 and 366: Bibliografie p349 HAFFAJEE, F. 2012
- Page 367 and 368: Bibliografie p351 HUNT, J. & LASCAR
- Page 369 and 370: Bibliografie p353 2012b. SA kort ef
- Page 371 and 372: Bibliografie p355 KINGHORN, J. 1986
- Page 373 and 374: Bibliografie p357 KUYLER, D. 2011.
- Page 375 and 376: Bibliografie p359 LOUW, L.R. 1991.
- Page 377 and 378: Bibliografie p361 MBEKI, T.M. 1996.
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p313

Die kwessie van regstellende aksie is nie ʼn eenvoudige een nie. Aan die een kant is

daar die baie oortuigende redes waarom so ʼn beleid noodsaaklik is in post-apartheid

Suid-Afrika. Aan die ander kant is daar stemme uit verkillende rigtings, van wit én

swart, wat ontevrede raak met die wyse waarop die beleid toegepas word. Verskeie

van die mede-navorsers [onder andere Danie 13-022 en Isak 14-022] het gewys op die

negatiewe gevolge wat die beleid persoonlik op hulle het.

ʼn Ene andries.pretorius (skuilnaam) reageer op Jongbloed (2012) se artikel. Sy

samevatting is waarskynlik die mening van meer mense as net hyself:

My persoonlike slotsom is dat die korrekte toepassing van

Regstellende Aksie geregverdig en aanvaarbaar is om bepaalde

regstellings in die Suid-Afrikaanse gemeenskap te maak. Maar, soos

wat Regstellende Aksie tans verkeerdelik toegepas word, is dit tog niks

anders as ʼn vorm van institusionele rassisme nie.

Die kerk sal uiteraard ook moet saampraat wanneer die beleid so toegepas word dat

die oorgaan in ʼn nuwe vorm van rassisme. Wat egter van ewe veel belang is, is die

pastorale versorging van lidmate wat deur regstellende aksie geraak word. Pieterse

(2009:267) skryf oor mense wat deur regstellende aksie geaffekteer word:

Indien ʼn mens nie in ʼn geestelik-geoefende persoonlike verhouding

met God staan nie, kan dit gebeur dat God se hoedanighede soos sy

liefde, goedheid en almag, wat op ʼn redelike abstrakte wyse geglo is,

nie meer sin maak nie.

Pieterse (2009:270) vra die vraag of die prediking “in hierdie veranderende konteks

regtig die nood van hierdie mense aanspreek”. Hy gaan selfs verder: “Nog ʼn vraag is of

ons predikers die erns van die situasie begryp” (Pieterse 2009:270). Hy sluit sy artikel

af met ʼn uitdaging aan die kerk:

Die vaderlike sorg van God vir sy kinders volgens die Skrif sal ook vir

die persoonlike omstandighede van mense geïnterpreteer en

geaktualiseer moet word vir die prediking in ons konteks van

regstellende aksie (Pieterse 2009:271).

Die kerk sal lidmate moet help om sinvol te leef in post-apartheid Suid-Afrika. Hier word

nie net verwys na die impak van regstellende aksie nie, maar veral na ʼn lewe van

versoening in die algemeen.