25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p312

Met verloop van tyd het daar al meer ʼn aandrang gekom dat regstellende aksie

aangepas moet word. Jongbloed (2012:elektroniese bron) vra vir ʼn nuwe nadenke oor

regstellende aksie vanweë die “skade wat die proses toenemend aan onderlinge

verhoudinge aanrig”. Sy skryf verder:

Die ANC moet weer ’n slag dink oor die manier waarop

kaderontplooiing in die naam van regstellende aksie bevorder word

deur mense in onvanpaste posisies aan te stel en dikwels in poste

waarvoor hulle nie gekwalifiseer is nie en waarin hulle nie die mas kan

opkom nie.

Sy raak die kern van die probleem aan as sy sê dat die goeie bedoelings van die beleid

“besoedel” word deur “baantjies vir boeties” en die “oorhaastige aanstelling van

onbekwame mense in poste waarvoor hulle nie gekwalifiseer is nie en waarvoor hulle

boonop ook nie die potensiaal het nie” (Jongbloed 2012:elektroniese bron).

Vanuit Afrikaner geledere skryf Hermann (2007) ʼn boek oor regstellende aksie. Die

boek se subtitel – Waarom regstellende aksie misluk het – gee alreeds sy standpunt

weer. Gebaseer op sy doktorale navorsing, skryf Hermann (2007:13) oor wat hy noem

“die vierde nalatenskap” van oud-president Mbeki: “Dit is ʼn rasse-ideologie wat die

Suid-Afrikaanse samelewing diep verdeel.” Hy bekyk die proses van verskillende kante

en vergelyk dit met wat in ander lande soos Maleisië, Sri Lanka en Amerika, gebeur.

“Die boek vra... nie dat regstelling beëindig moet word nie, maar staan krities teenoor

die regstellende instrumente wat tans in Suid-Afrika gebruik word” (Hermann 2007:15).

Uit die swart gemeenskap, wat die meeste te wen het met regstellende aksie, is daar

ook kritiese stemme. So skryf Ncayiyana (2011) die redakteur van die Suid-Afrikaanse

Mediese Tydskrif oor die kriteria wat gebruik word vir toelating tot mediese skole.

Alhoewel hy begrip het vir die noodsaak van bevordering van agtergeblewenes, is hy

van mening dat so ʼn beleid net enkelinge bevoordeel en nie die breë gemeenskap nie,

en dat ras nie noodwendig meer ʼn geldige aanduiding van benadeling is nie: “the use

of race as a proxy for disadvantage will become increasingly inappropriate” (Ncayiyana

2011:elektroniese bron). Strauss (aangehaal in Oosthuizen 2009:1) sluit by hierdie

tema aan as hy sekere “onregte” van regstellende aksie uitwys, soos: “Growwe

rasgebaseerde veralgemenings wat terme soos ‘agtergeblewene’, ‘arm’ en

‘minderbevoorreg’ outomaties aan swart mense van die land koppel.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!