25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p311

those who have “said sorry” and who have begun to implement some

initiatives to give effect to this, to also begin to “do sorry”, but to do so

as a national project together with all South Africans who have much

more than they need (Kairos SA 2011:elektroniese bron).

Vroeër in hierdie verslag is reeds aangetoon watter strukturele voordele wit mense in

Suid-Afrika geniet het, en in baie gevalle steeds geniet. Die beginsel van ʼn regstelling

van die historiese onreg is gesond, maar dit is dikwels die wyse van implementering

wat van alle kante kritiek kry.

Reeds van die begin af was daar bedenkinge oor die manier waarop swart ekonomiese

bemagtiging as onderafdeling van regstellende aksie bedryf is. Die kritiek is telkens

uitgespreek dat slegs enkelinge bevoordeel word en nie die meerderheid swart mense

nie. Slabbert (1999:132) was self by die eerste poging betrokke. Hy skryf dat dit groot

propagandawaarde gehad het, “maar ek is nou nog nie seker hoeveel bemagtiging dit

bewerkstellig het nie. Dat dit wel ʼn paar mense sonder moeite baie gou baie ryk

gemaak het, is nie te betwyfel nie” (Slabbert 1999:132). Hieroor sê die moderator van

die Algemene Sinode van die VGKSA, professor Thias Kgatla (aangehaal in

Oosthuizen 2009:1): “Dit help nie slegs enkele individue baat by regstellende aksie en

dit lei tot omgekeerde diskriminasie nie.”

Guest (2004) voer aan dat sekere aspekte van swart ekonomiese bemagtiging juis die

teenoorgestelde uitwerking het. Omdat die regering net sake doen met besighede wat

swart vennote het, betaal die regering dikwels meer as wat normaalweg nodig sou

wees. Daarom kan minder huise gebou en minder dienste gelewer word as wat ʼn ander

kontrakteur vir dieselfde geld sou kon. “In effect ‘affirmative procurement’ is a transfer

of wealth from the poor to the well-off” (Guest 2004:141).

Wanneer Johnson (2000) die steun aan regstellende aksie oor ʼn vier jaar tydperk

ontleed, kom hy tot verrassende gevolgtrekkings. Die aantal swart mense wat gekant is

teen regstellende aksie en eerder aanstellings op meriete verkies, het gegroei van 41%

na 51%. Daarteenoor het wit mense, wat steeds oorwegend teen regstellende aksie

gekant is, se klem op meriete alleen afgeneem van 83% tot 56%. “In practice whites

have learnt to live with a degree of affirmative action and now, however grudgingly, see

it as normal in the workplace” (Johnson 2000:elektroniese bron).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!