25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p309

(restorative) justice flow” [sy beklemtoning] (Naudé 2003:143). Hy maak dan ʼn sterk

saak daarvoor uit dat hierdie vorm van geregtigheid nie as ʼn suiwer politieke diskoers

beskou moet word nie. Indien dit gebeur, sê hy:

restorative justice becomes – theologically speaking – a law of the old

covenant, no matter whether motivated by liberal human rights values,

quotations from Scripture, or feelings of either vengeance or guilt.

Hy argumenteer dan verder dat dit belangrik is om by geregtigheid te begin. As jy by

die wet, die verpligting begin, sal jy nooit genoeg kan doen nie. In so ʼn geval is

herstellende geregtigheid ʼn plig wat op elkeen rus. Hierteenoor staan die vertrekpunt

vanuit God se geregtigheid wat die oortreder vergewe “toe ons nog magteloos was”

(Romeine 5:6). Nou kan die oortreder herstellende geregtigheid toepas, nie as plig nie,

maar as teken van dankbaarheid.

In die lig van bogenoemde argument staan die vraag: As God dan só vergewe, waarom

is sommige wit Afrikaanse Christene so bang om skuld aan apartheid te bely? Daar

sou uiteraard verskillende moontlike antwoorde kan wees. Die ergste sou wees as

Christene nie glo wat hulle bely nie. ʼn Ander moontlikheid wat al in hierdie verslag

uitgelig is, is dat sekere mense geen rede sien om enigiets oor apartheid te bely nie. ʼn

Derde moontlikheid sou wees dat hulle bang is vir die gevolge van so ʼn belydenis. As jy

een maal bely het, kan jy dit nie ongedaan maak nie, en watter prys sal daar dan van

jou gevra kan word?

Die doel van herstellende geregtigheid is nie om individuele persone te bevoordeel nie.

Dit fokus is eerder op die kollektiewe groep wat benadeel is. Verdoolaege (2008:18)

skryf: “The basic idea behind this kind of justice is not to achieve individual satisfaction

or compensation, but to establish equality, humanity and respect among members of a

society.”

Gesprekke word ongemaklik wanneer gepraat word oor regstellende aksie,

herverdeling van landbougrond en welvaartsbelasting. As Suid-Afrikaners egter ernstig

is oor versoening, sal hierdie gesprekke gevoer móét word. Die gevaar is dat die kerke

hierdie gesprekke oorlaat aan die politici wat dikwels die teenoorgestelde reaksie by

die verskillende bevolkingsgroepe ontlok. Die politieke debat bring dikwels nog meer

verdeeldheid eerder as versoening. Die NG Kerk kan hierin ʼn rol speel deur ʼn

teologiese debat oor hierdie sake te bevorder. Meiring (2003b:119) vra:

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!