25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p307

is a rewriting of Dietrich Bonhoeffer’s theology – not a theology of Costly Grace, but a

theology of Costly Reconciliation.” Versoening is inderdaad ʼn duur onderneming, omdat

dit restitusie van die oortreders en bevoordeeldes vra.

8.2 Restitusie as deel van versoening

Bloot vanuit ʼn pragmatiese oogpunt beskou, is dit belangrik dat Suid-Afrika ʼn

ekonomiese herstel sal kry. Alexander (2001:475) is reg as hy sê: “The real situation is

that hardly any change has taken place in the realtions of economic power and control.”

Jones (2012b:elektroniese bron) skryf oor die ongelyke verdeling van rykdom in Suid-

Afrika waar die rykste 20% van die bevolking ongeveer 57% van die totale inkomste

verdien. Dan skryf hy:

Dis tog duidelik dat daar net vrede, versoening en sukses sal wees as

die speelveld vir almal gelyker word. As ons die armes nie lig en

bemagtig nie, gaan ons ’n revolusie hê. En hoe langer ons dit

‘kunsmatig’ uitstel hoe intenser gaan dit wees (Jones

2012b:elektroniese bron).

Hierin sluit hy aan by ʼn uitspraak van Beyers Naudé van jare gelede: “true

reconciliation was only possible when we bridge the economic gulf, for you can’t build a

society of justice on the increasing gap between rich and poor” (aangehaal in Murray &

Garrido 1997:8). Die motivering vir diensleweringsbetogings is volgens Rondganger

(2012:elektroniese bron) hierdie gaping tussen ryk en arm: “Now they have taken a

stance; and violence and looting are the only way they believe will get the

government’s attention.” Vir hom is dit die “people’s anger at the government’s failure

to deliver.” Jones (2012b:elektroniese bron) is heeltemal reg as hy hieroor skryf: “Suid-

Afrika is ’n betreklike ryk land. Ons het genoeg hulpbronne sodat mense nie saans

honger hoef te gaan slaap nie.” Die algehele uitwissing van armoede is waarskynlik nie

haalbaar in die afsienbare toekoms nie, maar

In ’n land waarin een deel van die bevolking ryk is en ’n ander deel nie

weet waar vanaand se kos vandaan gaan kom nie, kan ’n mens nie oor

versoening praat sonder om ook oor armoede, vereensaming en

magteloosheid te praat nie (Meiring 2003b:119).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!