25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p305

human participation. Reconciliation is not possible without the quest for

truth, even finding the most painful truth. For reconciliation is not

synonymous with amnesia. It is built on truth, the truth that eventually

sets one free (Meiring 2003a:255).

Meiring (2003a:255) vergelyk die proses waardeur wit mense gaan met die rouproses

soos beskryf deur Kübler-Ross (1970). Hy sê dat as leraars maar net kon vasstel in

watter fase die lidmate is, “the DRC would have been able to guide them to the mature

stage of acceptance, and peace, reaching out towards reconciliation.” Hierdie

rouproses is steeds nie verby nie en die uitdaging aan die NG Kerk is byna ʼn dekade

later nog net so groot. Ten opsigte van die verlede worstel lidmate, en leraars, onder

andere met ʼn verlies aan status, invloed en geleenthede. Ten opsigte van die hede en

die toekoms is dit dieselfde sake wat aandag vra. Hiermee sal die NG Kerk die lidmate

moet help.

8.1.3 Begelei lidmate ten opsigte van die hede en die toekoms

Net soos wat lidmate pastorale begeleiding nodig het ten opsigte van die apartheidsverlede,

so het hulle dit ook nodig ten opsigte van die hede en die toekoms.

Verskillende take lê op die terrein van die kerk, sommige daarvan makliker as ander.

Daar is reeds gewys op Meiring (2003b:119) se versoek dat die NG Kerk sogenaamde

mini-WVK sittings moet hou om lidmate bloot te stel aan die narratiewe van die ander.

Vir Smit (2005:361) is daar ʼn diepliggende probleem wat die NG Kerk sal moet

aanspreek: “This is indeed one of the lasting legacies of apartheid that many have lost

their confidence and trust regarding claims about the Bible, its truth, and its

message...”. Die NG Kerk sal uiters waaksaam moet wees in die gebruik van die Bybel

om standpunte mee te motiveer. Dit sal waarskynlik ʼn tydsame proses wees om weer

die NG Kerk se geloofwaardigheid op te bou.

Koopman (2008:163) skryf oor die versoening waarna Belhar verwys. Hy koppel dit aan

die twee dimensies van versoening soos dit in Paulus se teologie na vore kom, naamlik

hilasmos en katalassoo. Die term hilasmos verwys na boetedoening terwyl versoening

as katalassoo verwys na die harmonieuse verhouding met die ander. Hierin sluit hy aan

by Volf (1996) se konsep van embrace:

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!