LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem p16 byvoorbeeld toon die Australiese sensus van 2011 dat daar reeds byna 146 000 Suid- Afrikaners in Australië woon, ongeveer 0,7% van die bevolking (Van der Westhuizen 2012). Die meerderheid wit Afrikaners kan egter nie, of wil nie die land verlaat nie. Hulle sal hierdie land moet láát werk, wat dit ook al vra. Alan Paton (1979:vii) rig jare gelede reeds ʼn waarskuwing in hierdie verband: “the hard fact must be faced that the cause of black liberation and the cause of Afrikaner survival are often incompatible”. As ons hierdie land wil laat werk sal ons dit wat oënskynlik “incompatible” is, moet versoen. Die voormalige president, Nelson Mandela (Mandela 1995:188), het destyds reeds die hoop uitgespreek dat deur gesprek en onderhandeling die wit Afrikaner en die swart mense van hierdie land mekaar sal vind. 5. Probleem-samehang Almal wat na 1948 in Suid-Afrika gebore is, het niks anders geken as die beleid van apartheid nie. Toe hulle gebore is, was apartheid alreeds daar. Tydens een van die groepsgesprekke vertel ek van my eie ontmoeting met die verhaal van apartheid: Ek onthou kleintyd het ons altyd na my ouma toe gestap. Sy het aan die anderkant van die treinspoor gewoon... Soos jy oor die brug gestap het, het jy afgekyk na Ghandi se winkel, en langs hom was 'n groot motorhuis se muur, en op die muur het daar net sulke groot rooi letters gestaan ‘BAN APARTHEID’. Dit was seker hier iewers in die middel-60’s, daar rond, en dit is die eerste wat ek van apartheid gehoor het [Albert 1-692]. Ek onthou dat ek in my grootwordjare gedroom het daaroor dat ons as wittes eendag sou wakker word en dan is alle wit mense swart en alle swart mense wit. Al het ek dit dalk nie 'n naam gegee nie, was die besef van 'n ongelykheid en 'n onregverdigheid altyd teenwoordig. En tog was daar by wit mense klaarblyklik geen dringende behoefte om hulle aandeel of skuld aan apartheid te bely nie. Ek onthou ook die konflik in die gemeente oor die skuldbelydenis van professor Willie Jonker by die kerkeberaad in Rustenburg in 1991. Onder leiding van 'n voormalige kollega het die kerkraad met 'n meerderheid van stemme die volgende besluit geneem:

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem p17 “Die Kerkraad van die NG Gemeente Welkom-Suid distansieer hom ten volle van die skuldbelydenis wat dr. Willie Jonker namens die NG Kerk en die Afrikaner gedoen het dat apartheid in al sy vorme as sonde voor God verklaar word” (Ned. Geref. Gemeente Welkom-Suid 1991). 'n Aantal kerkraadslede het uit protes hulle teenstemme laat notuleer. Vier maande later is revisie toegestaan ten opsigte van die besluit en is 'n aantal ander besluite geneem. In die eerste van die nuwe besluite besluit die kerkraad “om hom te distansieer van die onkerkordelike optrede van Prof Willie Jonker toe hy tydens die Rustenburg-beraad 'n skuldbelydenis namens die NG Kerk en die Afrikaner gedoen het” (Ned. Geref. Gemeente Welkom-Suid 1991). 'n Verdere besluit is ook bygevoeg waarin die kerkraad “besluit om 'n beroep op lidmate te doen om hulle te vereenselwig met die skuldbelydenis wat vervat is in Kerk en Samelewing en om in die lig daarvan ook persoonlike skuldbelydenis voor God te doen” (Ned. Geref. Gemeente Welkom-Suid 1991). Ek weet nie wat die persoonlike reaksie van al die lidmate hierop was nie, maar ek kan my nie herinner aan enige gebed in my teenwoordigheid waar 'n lidmaat of kerkraadslid skuld oor apartheid bely het nie. Die onthullings by die WVK sou waarskynlik hierdie situasie verander. Die gebeure van 1994 het iets van my droom waargemaak. Alle mense se velkleure was nog soos voorheen, maar die gesagsrolle het heeltemal verander. Die bekende het plek gemaak vir die onbekende. Ek het gewonder hoe wit mense 9 in die sogenaamde “nuwe” Suid-Afrika sou leef, veral na die onthullings by die WVK. Ek het verder gereken dat indien ek daaroor wonder, daar waarskynlik ook ander sou wees wat wonder hoe hulle lewe in die toekoms sou wees. Hierdie vrae was “compelling enough to draw us in” (Lamott 1995:62). Dit was hierdie vrae wat die “this now” (Lamott 1995:48) van die aksie-fase gevorm het en waaruit die navorsing ontstaan het. 6. Die (mede)-navorsers Soos reeds hierbo vermeld, in my mede-navorsers almal wit Afrikaans-sprekende Christene wat almal bande met die NG Kerk het. Daarby kom almal uit Welkom in die Noord-Vrystaat. Dit is gepas om hier eers iets meer oor Welkom self te sê. 9 Ek kies vir die gebruik van wit mense in plaas van witmense (ook so met swart mense en swartmense) om daarmee aan te dui dat die kollektief mense is met twee onderafdelings, eerder as twee onderskeie selfstandige groepe.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p16

byvoorbeeld toon die Australiese sensus van 2011 dat daar reeds byna 146 000 Suid-

Afrikaners in Australië woon, ongeveer 0,7% van die bevolking (Van der Westhuizen

2012). Die meerderheid wit Afrikaners kan egter nie, of wil nie die land verlaat nie.

Hulle sal hierdie land moet láát werk, wat dit ook al vra. Alan Paton (1979:vii) rig jare

gelede reeds ʼn waarskuwing in hierdie verband: “the hard fact must be faced that the

cause of black liberation and the cause of Afrikaner survival are often incompatible”. As

ons hierdie land wil laat werk sal ons dit wat oënskynlik “incompatible” is, moet

versoen. Die voormalige president, Nelson Mandela (Mandela 1995:188), het destyds

reeds die hoop uitgespreek dat deur gesprek en onderhandeling die wit Afrikaner en

die swart mense van hierdie land mekaar sal vind.

5. Probleem-samehang

Almal wat na 1948 in Suid-Afrika gebore is, het niks anders geken as die beleid van

apartheid nie. Toe hulle gebore is, was apartheid alreeds daar. Tydens een van die

groepsgesprekke vertel ek van my eie ontmoeting met die verhaal van apartheid:

Ek onthou kleintyd het ons altyd na my ouma toe

gestap. Sy het aan die anderkant van die treinspoor

gewoon... Soos jy oor die brug gestap het, het jy

afgekyk na Ghandi se winkel, en langs hom was 'n

groot motorhuis se muur, en op die muur het daar net

sulke groot rooi letters gestaan ‘BAN APARTHEID’.

Dit was seker hier iewers in die middel-60’s, daar

rond, en dit is die eerste wat ek van apartheid

gehoor het [Albert 1-692].

Ek onthou dat ek in my grootwordjare gedroom het daaroor dat ons as wittes eendag

sou wakker word en dan is alle wit mense swart en alle swart mense wit. Al het ek dit

dalk nie 'n naam gegee nie, was die besef van 'n ongelykheid en 'n onregverdigheid

altyd teenwoordig. En tog was daar by wit mense klaarblyklik geen dringende behoefte

om hulle aandeel of skuld aan apartheid te bely nie.

Ek onthou ook die konflik in die gemeente oor die skuldbelydenis van professor Willie

Jonker by die kerkeberaad in Rustenburg in 1991. Onder leiding van 'n voormalige

kollega het die kerkraad met 'n meerderheid van stemme die volgende besluit geneem:

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!