25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p303

8.1.1 Eenheid in die NG Kerkfamilie

Die NG Kerk het oor dekades die politieke beleid van apartheid teologies gesteun en

het dit ook in die Kerk geïmplementeer met aparte kerke vir verskillende rasse. Vir so ʼn

kerk kan daar geen duideliker demonstrasie van die afskeid van apartheid wees as om

te herenig met die ander lede van die NG Kerkfamilie nie. “There is no living unity

amongst believers without real reconciliation, addressing the painful legacies from the

past, healing the wounds of bronkenness and separation” (Smit 2005:363). Geen ander

enkele aksie sal aan lidmate en die breë geloofsgemeenskap soveel sigbare

uitdrukking gee van die erns van die NG Kerk se skuldbelydenis nie.

Die voortgaande proses van gesprekvoering tussen die verskillende kerke in die familie

is van die allergrootste belang. Daar is geen ander manier waarop die eenheid gevind

sal word nie. Meer as ʼn kwart eeu gelede het Flip Theron hierdie tydlose stelling oor

hierdie proses gemaak:

Die gepaste struktuur wat in ons situasie uitdrukking sal gee aan die

sola gratia, kan alleen gevind word wanneer die ‘familie’ saam soek.

Juis in die saamsoek kom die eenheid na vore wat vrug is van die

nederigheid van ʼn lewe van genade. Vir die blanke kerk, wat altyd

gemeen het hy weet die beste, en vir die jonger kerke, wat tans taamlik

oortuig is dat húlle die beste weet, sal dit sekerlik nie maklik wees nie.

Alleen ʼn innerlike verbryseling kan dit bewerkstellig” (aangehaal in Du

Toit et al 2002:179).

Vroeër in die verslag is reeds gewys op die rol wat die Belydenis van Belhar in hierdie

herenigingsproses speel. Daar is op gewys hoe die mede-navorsers daaroor voel

asook die menings uit die breër kerkgemeenskap. Dalk is dit tyd dat die NG Kerk die

belydenis losmaak van die ontstaanskonteks en op die inhoud alleen begin

konsentreer. Dirkie Smit (2005:363) help hiermee as hy sê: “Apartheid is very

deliberately never mentioned, precisely because a Reformed confession is

necessitated by historical context, but its truth should extend further that the moment

and the false teaching.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!