LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p302 In die apartheid-konteks is hierdie ʼn belangrike insig. Die benadeling van swart mense het nie net te make gehad met ekonomiese en ander diskriminasie nie, maar dit het (veral) ook gelê op die vlak van minagting van die benadeelde as persoon. In die versoeningsproses sal beslis hieraan aandag gegee moet word. Die proses van versoening is primêr ʼn taak van die kerk. In die lig van 2 Korintiërs 5:19 (“Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou”) het die kerk as instituut die uitdaging om die versoening met God wat reeds bewerk is, ook sigbaar te maak tussen gelowiges. In hierdie sigbaarmaking van die versoening moet die kerk ʼn voorbeeld stel. Hieronder word ʼn aantal aspekte daarvan uitgelig. Die kerk sal ook die boodskap van restitusie as deel van versoening aan lidmate moet verkondig. 8.1 Versoening: Kerk as instituut moet voorbeeld stel Die NG Kerk as instituut het reeds skuld bely oor apartheid. Die uitdaging is nou om die lidmate saam te neem op die pad na konkretisering van hierdie belydenis. Sonder dade sou, soos Jakobus sou sê, hierdie belydenis leë woorde wees. “The DRC evidently found it difficult to really and wholeheartedly confront its apartheid past” (Meiring 2003a:254). Die WVK se verslag verwys ook na die kerke se unieke posisie in die Suid-Afrikaanse samelewing en die geleentheid wat dit skep vir versoening: Faith communities enjoy a unique and privileged position in South African society. They are widely respected and have far-reaching moral influence. As such, they should play a key role in healing and reconciliation initiatives (TRC 1998a:316). Wanneer gekyk word na die rol van die NG Kerk, is daar veral drie aspekte wat aangespreek moet word. Die NG Kerk as instituut moet as konkretisering van versoening die eenheidsproses met die ander lede van die NG Kerkfamilie finaliseer; die Kerk moet die lidmate pastoraal begelei ten opsigte van sake uit die verlede en die Kerk moet die lidmate begelei op die pad vorentoe.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p303 8.1.1 Eenheid in die NG Kerkfamilie Die NG Kerk het oor dekades die politieke beleid van apartheid teologies gesteun en het dit ook in die Kerk geïmplementeer met aparte kerke vir verskillende rasse. Vir so ʼn kerk kan daar geen duideliker demonstrasie van die afskeid van apartheid wees as om te herenig met die ander lede van die NG Kerkfamilie nie. “There is no living unity amongst believers without real reconciliation, addressing the painful legacies from the past, healing the wounds of bronkenness and separation” (Smit 2005:363). Geen ander enkele aksie sal aan lidmate en die breë geloofsgemeenskap soveel sigbare uitdrukking gee van die erns van die NG Kerk se skuldbelydenis nie. Die voortgaande proses van gesprekvoering tussen die verskillende kerke in die familie is van die allergrootste belang. Daar is geen ander manier waarop die eenheid gevind sal word nie. Meer as ʼn kwart eeu gelede het Flip Theron hierdie tydlose stelling oor hierdie proses gemaak: Die gepaste struktuur wat in ons situasie uitdrukking sal gee aan die sola gratia, kan alleen gevind word wanneer die ‘familie’ saam soek. Juis in die saamsoek kom die eenheid na vore wat vrug is van die nederigheid van ʼn lewe van genade. Vir die blanke kerk, wat altyd gemeen het hy weet die beste, en vir die jonger kerke, wat tans taamlik oortuig is dat húlle die beste weet, sal dit sekerlik nie maklik wees nie. Alleen ʼn innerlike verbryseling kan dit bewerkstellig” (aangehaal in Du Toit et al 2002:179). Vroeër in die verslag is reeds gewys op die rol wat die Belydenis van Belhar in hierdie herenigingsproses speel. Daar is op gewys hoe die mede-navorsers daaroor voel asook die menings uit die breër kerkgemeenskap. Dalk is dit tyd dat die NG Kerk die belydenis losmaak van die ontstaanskonteks en op die inhoud alleen begin konsentreer. Dirkie Smit (2005:363) help hiermee as hy sê: “Apartheid is very deliberately never mentioned, precisely because a Reformed confession is necessitated by historical context, but its truth should extend further that the moment and the false teaching.”

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p302

In die apartheid-konteks is hierdie ʼn belangrike insig. Die benadeling van swart mense

het nie net te make gehad met ekonomiese en ander diskriminasie nie, maar dit het

(veral) ook gelê op die vlak van minagting van die benadeelde as persoon. In die

versoeningsproses sal beslis hieraan aandag gegee moet word.

Die proses van versoening is primêr ʼn taak van die kerk. In die lig van 2 Korintiërs 5:19

(“Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met

Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap

van versoening het Hy aan ons toevertrou”) het die kerk as instituut die uitdaging om

die versoening met God wat reeds bewerk is, ook sigbaar te maak tussen gelowiges. In

hierdie sigbaarmaking van die versoening moet die kerk ʼn voorbeeld stel. Hieronder

word ʼn aantal aspekte daarvan uitgelig. Die kerk sal ook die boodskap van restitusie as

deel van versoening aan lidmate moet verkondig.

8.1 Versoening: Kerk as instituut moet voorbeeld stel

Die NG Kerk as instituut het reeds skuld bely oor apartheid. Die uitdaging is nou om die

lidmate saam te neem op die pad na konkretisering van hierdie belydenis. Sonder dade

sou, soos Jakobus sou sê, hierdie belydenis leë woorde wees. “The DRC evidently

found it difficult to really and wholeheartedly confront its apartheid past” (Meiring

2003a:254).

Die WVK se verslag verwys ook na die kerke se unieke posisie in die Suid-Afrikaanse

samelewing en die geleentheid wat dit skep vir versoening:

Faith communities enjoy a unique and privileged position in South

African society. They are widely respected and have far-reaching moral

influence. As such, they should play a key role in healing and

reconciliation initiatives (TRC 1998a:316).

Wanneer gekyk word na die rol van die NG Kerk, is daar veral drie aspekte wat

aangespreek moet word. Die NG Kerk as instituut moet as konkretisering van

versoening die eenheidsproses met die ander lede van die NG Kerkfamilie finaliseer;

die Kerk moet die lidmate pastoraal begelei ten opsigte van sake uit die verlede en die

Kerk moet die lidmate begelei op die pad vorentoe.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!