25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p299

om een of ander vorm van verset teen apartheid. Mike [3-704] twyfel of hy ooit

gestem het voor 1994 en Johan [3-707] beweer hy het nie elke keer vir

dieselfde ding gestem nie omdat die party ook beweeg het in sy beleid. Danie

[2-422] beweer selfs ek kon gebruik maak van die NP om hierdie hele

proses te probeer omdraai. Dalk was Wim Dreyer, die redakteur van die

Hervormer (Dreyer 1998:2) die eerlikste toe hy sê “dat Afrikaanssprekendes

doodgewoon nie skuldig voel oor apartheid nie.” Hy skryf verder dit is “sinneloos om

van kollektiewe skuld en skuldbelydenis te praat. Mense het doodgewoon nie ʼn

skuldgevoel nie.” Dreyer se argument dat “ons in Jesus Christus ook vergifnis ontvang

het en verlos is van alle skuld” (Dreyer 1998:2) hou egter nie water nie. Vergifnis moet

immers gepaard gaan met sondebesef. In ʼn hoofartikel reageer Beeld

(1998a:elektroniese bron) so:

Ons sou ten minste verwag dat al die weersinwekkende dinge wat in

die naam van apartheid gepleeg is deur die blad veroordeel sou word.

Skuldvergifnis beteken tog seker nie 'n mens kan maar lustig

voortgaan met verkeerde dinge en dat jy oor niks skuldig hoef te

voel nie.

Sommige mede-navorsers [Linda 13-506] maak dieselfde sprong as die Hervormer:

omdat ons in Christus vergewe word, hoef ons nie meer skuldbelydenis te doen oor

apartheid nie. Vir my lyk dit al te veel na ʼn ontduiking van die verantwoordelikheid van

skulderkenning. Die Kerk het die taak om lidmate daarin te begelei, maar die Kerk

deins klaarblyklik weg daarvan. Ek het reeds gewys op die sewe sogenaamde reuse

wat deur SACLA geïdentifiseer is (Bisschoff 2008:10). Behalwe vir seksisme, is

rassisme die “reus” wat die minste aandag kry in die NG Kerk. Een van die redes wat

dan daarvoor aangevoer word, is “vrees vir reaksie van wit lidmate dat rassisme weer

genoem word” (Bisschoff 2008:11) as gevolg van ʼn skuldgevoel en ʼn begeerte dat die

verlede nou agtegelaat moet word.

Voordat die verlede egter agtergelaat kan word, moet dit eers hanteer word. Volgens

Gous (2008:5) het die NG Kerk ʼn ernstige behoefte aan interkulturele intelligensie, “the

ability to deal with all the differences we encounter in life”. Ten opsigte van die Kerk

gaan dit spesifiek oor ras-verskille. Dan sal wit lidmate van die Kerk kan wegkom van

hulle dikwels meerderwaardige houding teenoor medegelowiges. Ten einde hierdie

versoening te bewerk, sal dit nodig wees vir die wit Afrikaanse Christene om eers hand

in eie boesem te steek. Versoening loop die pad van belydenis en vergifnis. In die

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!