25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p298

7.2 Saam vorentoe

Op die pad vorentoe sal die NG Kerk hande moet vat met ander lede van die NG Kerkfamilie.

Uit dit wat reeds gesê is, is dit duidelik dat nie almal in die NG Kerk weet wat

apartheid aan swart medegelowiges gedoen het nie. As daarvoor meer begrip was, sou

daar ook meer begrip vir die aandrang op Belhar gewees het.

In 1998 skryf Gerloff (1998:48) wat vanuit ʼn Duitse perspektief na Suid-Afrika kyk die

volgende:

Only when Christians begin to break through... racial barriers, when

they start listening to the insights, perspectives, joys and sufferings of

those outside their own walls, some emotional identification and

comfort will happen. Only costly exposure can bring forgiveness! ...

What I observed in South African ‘mainline’ churches, is, with rare

exceptions, the opposite. In particular, many white Christians do not

see any need to ‘socialise’ with others differently than before. In united

functions, they look rather disconnected to black or coloured

participants. Worse, I met those who now underplayed cultural

differences, as if these were no longer real.

Die versoek van Meiring (1998:21 en 2003b:119) wat in hoofstuk een genoem is,

naamlik dat die NG Kerk mini-WVK sittings moet hou om mekaar se storie te kan hoor

en verstaan, blyk na al die jare nog net so relevant te wees. Hieraan het die Kerk nog

nie (genoeg) aandag gegee nie. Dit sou deel van die verklaring kon wees oor hoekom

NG Kerk lidmate so sukkel om skuld te bely oor apartheid.

7.3 Lidmate en skuldbelydenis

Ten tye van die aanvanklike navorsing was daar ʼn storie in omloop dat die onmoontlik

was om iemand te kry wat apartheid gesteun het. Dit kom ook in van die gesprekke na

vore: daar was niemand wat nog ooit vir die Nasionale Party gestem

het nie, dis die gangbare ding. Toe ek hierdie transkripsie

deurlees, toe dink ek ook – as dit waar is, hoe het dit gebeur

dat daar 'n beleid was wat ons as apartheid geken het... [Albert

2-070]. Ook onder die mede-navorsers was dit so. Heelparty het aanspraak gemaak

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!