LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p296 Verskillende redes word aangevoer vir die verwerping van Belhar. In hoofstuk vier is reeds gewys op Strauss (2005:560) wat aanvoer dat Belhar nie gaan oor “kernwaarhede van die Bybel” nie, maar slegs oor “periferiese morele waardes”. Daar is ook aangetoon hoedat Hartney (2011:elektroniese bron) hierdie standpunt weerlê. Ongeag die standpunte van die akademici, is die beswaar van lidmate veral gekonsentreer op die sogenaamde politieke bagasie van Belhar. Wanneer oudgeneraal Johan van der Merwe, gewese polisiekommissaris, ʼn vyftien bladsy lange memorandum aan die dagbestuur van die moderamen van die NG Kerk se Algemene Sinode stuur, is sy beswaar nie teologies nie, maar voer hy aan dat die belydenis gehelp het “om die geweld en terreur, asook kerkleiers se betrokkenheid daarby, te regverdig” (Jackson 2012a:elektroniese bron). Van der Merwe ondersoek nie die meriete van Belhar nie, maar bevraagteken die motiewe van diegene wat ʼn rol gespeel het in die ontstaan van die belydenis. “Volgens hom het Boesak met verborge agendas gewerk en kerklike vergaderings gemanipuleer om apartheid tot sonde te verklaar, waarna Belhar opgestel en aanvaar is” (Jackson 2012a:elektroniese bron). Hierop antwoord Botman (aangehaal in Jackson 2012b:elektroniese bron): “as Belhar politieke bagasie gehad het, sou gereformeerde kerke in die VSA en Europa dit nie kon aanvaar nie.” Nog ʼn prominente figuur uit die apartheidsdae, oud-generaal Constant Viljoen, waarsku dat Belhar tot skeuring in die NG Kerk kan lei en dat die NG Kerk baie goeie lidmate gaan verloor, want die leierskorps is besig om onder die lidmate “uit te hardloop” (Ley 2012:elektroniese bron). Dit wil vir my voorkom asof die NG Kerk in 1982 en 1986 so onkant betrap is met die status confessionis van die destydse NG Sendingkerk dat ʼn tipe “knee jurk” reaksie plaasgevind het. In die proses is die Belydenis verdag gemaak deur dit te koppel aan persone wat in die wit gemeenskap ongewild was vanweë hulle anti-apartheid uitsprake. Hier dink ek veral aan iemand soos dr. Allan Boesak. Met verloop van tyd het daar ʼn nugterheid ingetree en kon die NG Kerk aanvanklik die inhoud van Belhar goedkeur en by die afgelope 2011 Algemene Sinode ook besluit om die kerkordelike pad te loop om die Belydenis amptelik deel van die Kerk se belydenisgrondslag te maak. Die probleem is nou egter dat die verdagmakery van die Belhar Belydenis in lidmate se gedagtes vassteek. Hieroor berig Van der Merwe (2011:elektroniese bron): Prof. Fanie Snyman, dosent in Ou- Testamentiese wetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), het in sy kommentaar op die

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p297 besprekings gesê dat die NG Kerk vandag die slagoffer van sy eie propaganda teen die Belydenis van Belhar is. ‘Ons pluk vandag die bitter vrugte van ons teenkanting.’ 7.1 Vars stemme oor Belhar In die onlangse verlede is daar ook ander, meer positiewe, stemme oor die Belydenis van Belhar gehoor. Die eerste amptelike liggaam wat ʼn rol gespeel het in hierdie ontluikende verhaal, was die sinode van die Wes-Kaap. Tydens hulle sitting in 2011 neem hulle met ʼn oorweldigende meerderheid die volgende besluit: Die sinode is oortuig dat die Bybelse eis vir geregtigheid vir alle mense, versoening tussen alle mense en die eenheid van die kerk tot die kern van die evangelie behoort. Die Belydenis van Belhar verwoord hierdie evangeliese eis om geregtigheid, versoening en eenheid op 'n ander wyse as die ander belydenisskrifte van die kerk. Die sinode aanvaar as kerkvergadering die Belydenis van Belhar en daarom versoek hierdie vergadering die Algemene Sinode om die Belydenis van Belhar op 'n kerkordelike wyse deel van die Nederduitse Gereformeerde Kerk se belydenisgrondslag te maak (Ned Geref Kerk Wes-en-Suid-Kaap 2011:elektroniese bron). Teen die einde van 2011 besluit die Algemene Sinode “om die Belydenis van Belhar op kerkordelike wyse deel van die NG Kerk se belydenisgrondslag te maak en dra dit aan die Moderamen op om die nodige kerkordelike prosesse hiervoor in werking te tel” (Ned Geref Kerk 2011a:elektroniese bron). Die reaksies hierop was uiteenlopend. Aan die een kant is daar Dawid Kuyler (2011:elektroniese bron) skriba van die Algemene Sinode van die VGKSA wat dit as “an awesome moment” beskryf en die Oos-Kaap sinode (2012) wat dit ʼn “instrument vir diensbaarheid” noem. Hierteenoor is daar die NG Gemeente Kroonstad-Môrewag wat selfs nog voor die Algemene Sinode se besluit teen Belhar uitgevaar het as ʼn “ketterse dokument” (Kerkbode 2011:6).

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p296

Verskillende redes word aangevoer vir die verwerping van Belhar. In hoofstuk vier is

reeds gewys op Strauss (2005:560) wat aanvoer dat Belhar nie gaan oor

“kernwaarhede van die Bybel” nie, maar slegs oor “periferiese morele waardes”. Daar

is ook aangetoon hoedat Hartney (2011:elektroniese bron) hierdie standpunt weerlê.

Ongeag die standpunte van die akademici, is die beswaar van lidmate veral

gekonsentreer op die sogenaamde politieke bagasie van Belhar. Wanneer oudgeneraal

Johan van der Merwe, gewese polisiekommissaris, ʼn vyftien bladsy lange

memorandum aan die dagbestuur van die moderamen van die NG Kerk se Algemene

Sinode stuur, is sy beswaar nie teologies nie, maar voer hy aan dat die belydenis

gehelp het “om die geweld en terreur, asook kerkleiers se betrokkenheid daarby, te

regverdig” (Jackson 2012a:elektroniese bron). Van der Merwe ondersoek nie die

meriete van Belhar nie, maar bevraagteken die motiewe van diegene wat ʼn rol gespeel

het in die ontstaan van die belydenis. “Volgens hom het Boesak met verborge agendas

gewerk en kerklike vergaderings gemanipuleer om apartheid tot sonde te verklaar,

waarna Belhar opgestel en aanvaar is” (Jackson 2012a:elektroniese bron). Hierop

antwoord Botman (aangehaal in Jackson 2012b:elektroniese bron): “as Belhar politieke

bagasie gehad het, sou gereformeerde kerke in die VSA en Europa dit nie kon aanvaar

nie.” Nog ʼn prominente figuur uit die apartheidsdae, oud-generaal Constant Viljoen,

waarsku dat Belhar tot skeuring in die NG Kerk kan lei en dat die NG Kerk baie goeie

lidmate gaan verloor, want die leierskorps is besig om onder die lidmate “uit te

hardloop” (Ley 2012:elektroniese bron).

Dit wil vir my voorkom asof die NG Kerk in 1982 en 1986 so onkant betrap is met die

status confessionis van die destydse NG Sendingkerk dat ʼn tipe “knee jurk” reaksie

plaasgevind het. In die proses is die Belydenis verdag gemaak deur dit te koppel aan

persone wat in die wit gemeenskap ongewild was vanweë hulle anti-apartheid

uitsprake. Hier dink ek veral aan iemand soos dr. Allan Boesak. Met verloop van tyd

het daar ʼn nugterheid ingetree en kon die NG Kerk aanvanklik die inhoud van Belhar

goedkeur en by die afgelope 2011 Algemene Sinode ook besluit om die kerkordelike

pad te loop om die Belydenis amptelik deel van die Kerk se belydenisgrondslag te

maak. Die probleem is nou egter dat die verdagmakery van die Belhar

Belydenis in lidmate se gedagtes vassteek. Hieroor berig Van der Merwe

(2011:elektroniese bron):

Prof. Fanie Snyman, dosent in Ou- Testamentiese wetenskap aan die

Universiteit van die Vrystaat (UV), het in sy kommentaar op die

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!