LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p294 nie. Na die WVK proses is sodanige ontkenning nie meer moontlik nie. Wat wel waar is, is dat wit mense nou bemagtig is om iets daaromtrent te doen. Mike [10-253] se verweer dat wetgewing hom beperk het in sy optrede teenoor swart mense is nou nie meer geldig nie. Dis egter ʼn ope vraag of sy gedrag gaan verander. As die NG Kerk ʼn positiewe bydrae wil lewer tot versoening in die land, sal ʼn paar dinge moet gebeur. Die NG Kerk sal ten alle koste moet vermy om weer laer te trek in ʼn eksklusiewe wit enklawe (Cilliers 2011:elektroniese bron). Daarby sal die NG Kerk die teoretiese skuldbelydenisse van die verlede, soos in Kerk en Samelewing, konkrete gestalte moet gee in die lewens van lidmate. ʼn Belangrike aspek hiervan is om wit lidmate te oortuig van hulle bevoordeling in die ou bedeling en om hulle te help om korrek hierop te reageer. Vir Christene wat leef vanuit God se vergifnis in Jesus Christus, behoort dit nie ʼn probleem te wees om hieroor skuld te bely nie. 7. Skulderkenning Dit het die NG Kerk baie lank geneem om te erken dat die beleid van apartheid, wat die Kerk teologies gesteun het, verkeerd was. Dit was eers in 1986 en 1990 dat die NG Kerk die moed gehad het om dit amptelik te bely. ʼn Groot aantal lidmate was dit egter nie eens met die Algemene Sinode nie en het die NG Kerk verlaat, of agtergebly en in stilte onttrek. In sy beoordeling van Kerk en Samelewing 1986 skryf Strauss (2011:517) dat die negatiewe daarvan “sy onvermoë [was] om die hele NG Kerk met hom saam te neem.” Sedert 1986 het die NG Kerk nie genoeg gedoen om lidmate te oortuig dat apartheid verkeerd is nie. Krog (2003:247) beweer die NG Kerk was “consumed by problems of survival” eerder as om lidmate te begelei oor skuld oor apartheid: Was there debates in the church about the extend of accountability, of collective guilt, of shame? Was there discussions about what forgiveness entails, reconciliation? If indeed it happened, the country heard very little of it in public. The language of accountability and forgiveness was not formed in such a way that church members could learn to take it on their tongues.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p295 Wanneer Krog (2003:248) praat oor gesamentlike dienste en gemengde kersopvoerings, is een dominee se eerlike antwoord: “Then we can close up shop.” Sy reageer: “My counter question is: can this country afford that ten years down the line of democracy more than 80% black people has never shared a piece of bread with a white person?” (Krog 2003:248). Dit sal die Kerk baat om dieselfde les as Nico Smith se vrou Ellen te leer: In my ouerhuis is die politiek altyd as ‘onchristelik’ beskou. Nico het my egter gehelp om te verstaan dat die evangelie van Christene optrede verwag – ons moet teen ongeregtigheid opstaan veral waar daar op mense se regte inbreuk gemaak word (Jones 2012a:15). Die een kwessie wat die saak van praktiese erkenning van skuld op die spits dryf, is die debat rondom die Belydenis van Belhar. Hierdie saak is reeds in hoofstuk vier aangeraak. As die NG Kerk ernstig is oor die skuldbelydenis oor apartheid en die strewe na hereniging, sal die kwessie rondom Belhar spoedig opgeklaar moet word deur die amptelike vergaderings van die Kerk, maar ook deur die lidmate. Hieroor sê Kobus Gerber (2011:3) die Algemene Sekretaris van die NG Kerk: “Die kerke van die NG Kerkfamilie is dit aan die land en die wêreld verskuldig om hande te vat” Isak [16-390] skryf hieroor: Die Gereformeerde kerke – NG Kerk – spook steeds met die Belhar belydenis en die kerkeenheid. Ek dink dit is jammer. Steek die kerk, wat by uitstek die boodskap van versoening, vergifnis ens. moet uitdra, nie ʼn bietjie af teen ander instellings en strukture in ons land nie? Die Belydenis van Belhar met sy klem op eenheid, geregtigheid en versoening praat oor temas wat tydens apartheid nie baie aandag gekry het in die NG Kerk nie. Daarom is dit te verstane dat hierdie temas vir sommige ongemaklik is, maar tog het die Algemene Sinode reeds gesê dat die NG Kerk die inhoud van die belydenis kan onderskryf. Blykbaar stem lidmate nie hiermee saam nie. Pienaar (2010a:9) praat van die “massa NG lidmate wat op kerkhereniging die rug gedraai het.” Schoeman (2010:148) wys daarop dat net 18% van lidmate die Belydenis van Belhar persoonlik aanvaar teenoor 82% wat of onseker is, of daarteen gekant is.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p295

Wanneer Krog (2003:248) praat oor gesamentlike dienste en gemengde kersopvoerings,

is een dominee se eerlike antwoord: “Then we can close up shop.” Sy

reageer: “My counter question is: can this country afford that ten years down the line of

democracy more than 80% black people has never shared a piece of bread with a

white person?” (Krog 2003:248).

Dit sal die Kerk baat om dieselfde les as Nico Smith se vrou Ellen te leer:

In my ouerhuis is die politiek altyd as ‘onchristelik’ beskou. Nico het my

egter gehelp om te verstaan dat die evangelie van Christene optrede

verwag – ons moet teen ongeregtigheid opstaan veral waar daar op

mense se regte inbreuk gemaak word (Jones 2012a:15).

Die een kwessie wat die saak van praktiese erkenning van skuld op die spits dryf, is die

debat rondom die Belydenis van Belhar. Hierdie saak is reeds in hoofstuk vier

aangeraak. As die NG Kerk ernstig is oor die skuldbelydenis oor apartheid en die

strewe na hereniging, sal die kwessie rondom Belhar spoedig opgeklaar moet word

deur die amptelike vergaderings van die Kerk, maar ook deur die lidmate. Hieroor sê

Kobus Gerber (2011:3) die Algemene Sekretaris van die NG Kerk: “Die kerke van die

NG Kerkfamilie is dit aan die land en die wêreld verskuldig om hande te vat” Isak

[16-390] skryf hieroor:

Die Gereformeerde kerke – NG Kerk – spook steeds met

die Belhar belydenis en die kerkeenheid. Ek dink dit

is jammer. Steek die kerk, wat by uitstek die

boodskap van versoening, vergifnis ens. moet uitdra,

nie ʼn bietjie af teen ander instellings en strukture

in ons land nie?

Die Belydenis van Belhar met sy klem op eenheid, geregtigheid en versoening praat

oor temas wat tydens apartheid nie baie aandag gekry het in die NG Kerk nie. Daarom

is dit te verstane dat hierdie temas vir sommige ongemaklik is, maar tog het die

Algemene Sinode reeds gesê dat die NG Kerk die inhoud van die belydenis kan

onderskryf. Blykbaar stem lidmate nie hiermee saam nie. Pienaar (2010a:9) praat van

die “massa NG lidmate wat op kerkhereniging die rug gedraai het.” Schoeman

(2010:148) wys daarop dat net 18% van lidmate die Belydenis van Belhar persoonlik

aanvaar teenoor 82% wat of onseker is, of daarteen gekant is.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!