LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p290 gedoen het aan mense, blank en swart, aan kerk, aan die evangelie, en die volgehoue weiering om te erken dat berou en bekering nodig het, is nie net verstommend nie, maar ontneem ook alle grond aan die verwagtings oor versoening (Boesak, aangehaal in Du Toit et al 2002:82). Ook vanuit die WVK was daar vingerwysings na die NG Kerk: “there was also disappointment with whites in general, Afrkaners and English – and the DRC in particular – for remaining aloof, for not using the opportunities given to them, for not entering into the spirit of truth and reconciliation” (Meiring 2003a:254). Nog ander aanklaers sê lidmate loop weg uit die NG Kerk aangesien “the white churches no longer made it possible for people to live their ordinary daily lives according to their consciences, the church made it difficult to do the right thing in a country haunted by injustice” (Krog 2003:246). In ʼn onderhoud met Charles Leonard (2012:elektroniese bron) van die Mail & Guardian maak Jean Oosthuizen van Kerkbode hierdie opmerking: "The Afrikaans churches' support for apartheid is now costing them a lot. Many people feel cheated and want to know, if the church lied to them about apartheid, what else it is lying about?" Dat die NG Kerk sy tradisionele rol verloor het, is duidelik. ʼn Enkele voorbeeld is voldoende: Twee jaar gelede verskyn daar ʼn boek oor versoening in Suid-Afrika (Du Toit & Doxtader 2010). Uit die negentien medewerkers is daar nie een NG Kerk leier nie. Voor 1994 sou so iets ondenkbaar wees. 6.2 Die Kerk in ʼn post-apartheid oorpak Die taak van die kerk het sekerlik vele fasette, maar die een taak wat onvermydelik noodsaaklik is, is om betrokke te raak by die versoeningsproses in die land. In die lig van 2 Korintiërs 5:18 (“Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou”) en Romeine 12:18 (“leef in vrede met alle mense”) is dit gebiedend dat dit juis die Christene, die kerke, moet wees wat hierin die voortou neem. “The church, by definition, should have taken the lead in the search for truth and reconciliation” (Meiring 1999a:20).
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p291 Hierdie versoening begin uiteraard met ʼn vertikale verhouding, maar het baie beslis ook ʼn horisontale komponent. ʼn Leser sou kon dink Flip Theron skryf in 2012 as hy sê: Indien die geïnstitueerde kerk nie ook alles in die stryd werp in ʼn poging om maatskaplike versoening te bewerkstellig in ʼn land wat dreig om uitmekaar te val nie, maar dit oorlaat aan politici, joernaliste en sportadministrateurs, laat hy daardie stukkie van die wêreld waar God hom geroep het om die sout van die aarde en lig vir die wêreld te wees, skromelik in die steek” (Theron 1986:195). Dit lyk egter nie of die kerk en lidmate konstruktief en sinvol met hierdie versoeningstaak besig is nie. Inteendeel, dit lyk eerder of die kerk al meer irrelevant raak. “Mense is nie teen die kerk nie, hulle gee net nie om nie. Die kerk tel nie meer vir hulle nie, hulle verwag niks meer van die kerk nie” (Smit 2008:elektroniese bron). Vir die moderator van die Wes-Kaap se sinode is dit selfs erger: “Ek sien wit mense wat moed opgee met swart mense en swart mense wat moed opgee met wit mense. Ek sien te veel gelowiges wat moed opgee met die toekoms van die land en die kerk” (Hanekom 2011a:8). Landman (aangehaal in Leonard 2012:elektroniese bron) stel dit nog sterker dat die lidmate vasklou aan die kerk en nie juis opgewonde raak oor versoening en hereniging nie: “So the last fortress people feel that they have, the church, they feel must be Afrikaans and it must be reformed. So when they talk about unification, people feel that 'they'll take my church and I will have nothing left'. It is those obstacles we'll still have to overcome.” Die vraag van die eerste rondte gesprekke oor die rol van die kerk as normgewer in die gemeenskap [Albert 6-586] het geword ek glo nie die kerk speel ʼn rol nie. Ek dink die kerk trap water. Die NG Kerk trap water [Frans 9-761] en Ek dink die kerk speel geen rol nie. Ek weet nie wat hulle doen nie [Danie 13-339]. Die transformasie van die eksterne gemeenskap het ʼn groot invloed op die kerk, maar net so ook dit wat binne die kerk self aan die gebeur is. “Transformasie in die NG Kerk is egter nie alleen op politieke-kulturele gebied nie, maar hou ook verband met die interne kerklike situasie soos die kerk se identiteit, sy teologisering, sy rol in die samelewing eietydse kerkwees en so meer” (Kruger & Hofmeyr 2009a:144). Hieroor skryf Willem Jordaan (2012:elektroniese bron) dat die kerk wegbeweeg van ʼn “verburgerlikte godsdiens” waarin volksbelange en kerkbelange verstrengel is na ʼn
- Page 255 and 256: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 257 and 258: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 259 and 260: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 261 and 262: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 263 and 264: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 265 and 266: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 267 and 268: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 269 and 270: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 271 and 272: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 273 and 274: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 275 and 276: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 277 and 278: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 279 and 280: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 281 and 282: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 283 and 284: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 285 and 286: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 287 and 288: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 289 and 290: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 291 and 292: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 293 and 294: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 295 and 296: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 297 and 298: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 299 and 300: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 301 and 302: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 303 and 304: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 305: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 309 and 310: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 311 and 312: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 313 and 314: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 315 and 316: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 317 and 318: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 319 and 320: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 321 and 322: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 323 and 324: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 325 and 326: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 327 and 328: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 329 and 330: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 331 and 332: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 333 and 334: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 335 and 336: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 337 and 338: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 339 and 340: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 341 and 342: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 343 and 344: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 345 and 346: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 347 and 348: BIBLIOGRAFIE ACKERMAN, D. 1996. Eng
- Page 349 and 350: Bibliografie p333 BARNARD-NAUDÉ, J
- Page 351 and 352: Bibliografie p335 BLIGNAUT, C. 2012
- Page 353 and 354: Bibliografie p337 BROWNING, D.S. 19
- Page 355 and 356: Bibliografie p339 COLEMAN, M. (ED.)
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p291

Hierdie versoening begin uiteraard met ʼn vertikale verhouding, maar het baie beslis ook

ʼn horisontale komponent. ʼn Leser sou kon dink Flip Theron skryf in 2012 as hy sê:

Indien die geïnstitueerde kerk nie ook alles in die stryd werp in ʼn

poging om maatskaplike versoening te bewerkstellig in ʼn land wat dreig

om uitmekaar te val nie, maar dit oorlaat aan politici, joernaliste en

sportadministrateurs, laat hy daardie stukkie van die wêreld waar God

hom geroep het om die sout van die aarde en lig vir die wêreld te wees,

skromelik in die steek” (Theron 1986:195).

Dit lyk egter nie of die kerk en lidmate konstruktief en sinvol met hierdie

versoeningstaak besig is nie. Inteendeel, dit lyk eerder of die kerk al meer irrelevant

raak. “Mense is nie teen die kerk nie, hulle gee net nie om nie. Die kerk tel nie meer vir

hulle nie, hulle verwag niks meer van die kerk nie” (Smit 2008:elektroniese bron). Vir

die moderator van die Wes-Kaap se sinode is dit selfs erger: “Ek sien wit mense wat

moed opgee met swart mense en swart mense wat moed opgee met wit mense. Ek

sien te veel gelowiges wat moed opgee met die toekoms van die land en die kerk”

(Hanekom 2011a:8). Landman (aangehaal in Leonard 2012:elektroniese bron) stel dit

nog sterker dat die lidmate vasklou aan die kerk en nie juis opgewonde raak oor

versoening en hereniging nie: “So the last fortress people feel that they have, the

church, they feel must be Afrikaans and it must be reformed. So when they talk about

unification, people feel that 'they'll take my church and I will have nothing left'. It is

those obstacles we'll still have to overcome.”

Die vraag van die eerste rondte gesprekke oor die rol van die kerk as normgewer in die

gemeenskap [Albert 6-586] het geword ek glo nie die kerk speel ʼn rol

nie. Ek dink die kerk trap water. Die NG Kerk trap water [Frans

9-761] en Ek dink die kerk speel geen rol nie. Ek weet nie wat

hulle doen nie [Danie 13-339].

Die transformasie van die eksterne gemeenskap het ʼn groot invloed op die kerk, maar

net so ook dit wat binne die kerk self aan die gebeur is. “Transformasie in die NG Kerk

is egter nie alleen op politieke-kulturele gebied nie, maar hou ook verband met die

interne kerklike situasie soos die kerk se identiteit, sy teologisering, sy rol in die

samelewing eietydse kerkwees en so meer” (Kruger & Hofmeyr 2009a:144). Hieroor

skryf Willem Jordaan (2012:elektroniese bron) dat die kerk wegbeweeg van ʼn

“verburgerlikte godsdiens” waarin volksbelange en kerkbelange verstrengel is na ʼn