LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p288 dat daar niemand so doof is as diegene wat nie wil hoor nie. 5.3 “Nog baie voete oor” Enkele uitsonderings is daar wel. So het oud-minister Vlok eerwaarde Chikane se voete gaan was. Alhoewel daar ook hewige kritiek was, is dit deur baie gesien as ʼn besondere daad van skulderkenning, “maar daar bly nog baie voete oor...” (Smith 2010a:103). Om te herstel wat apartheid swart mense aangedoen het, gaan egter meer vra as om mekaar se voete te was. Versoening sluit ook die aspek van regstelling of restitusie in. Hieroor skryf Asmal, Asmal en Roberts (1997:47): Genuine reconciliation involves moral and political restitution in the sense of the German term wiedergutmachung which means to ‘make good again’. We cannot really enter upon the process of making good the history of South Africa unless we acknowledge precisely what bad there is to undo. In die Suid-Afrikaanse konteks sal hierdie regstelling ook ʼn ekonomiese aspek moet bevat. Verskillende skrywers onderstreep ook hierdie belangrike aspek van versoening. Boraine (2000:377) skryf: “A sure and certain test for reconciliation is whether it is accompanied by, or at least points to, the need for economic justice.” En August (2005:21) wys daarop dat versoening nie losgemaak kan word van rekonstruksie nie: “Critical to the process [of national reconciliation] is the realisation that reconciliation and reconstruction are flip sides of the same coin.” Nou raak dit duidelik dat hier die gevaar van ʼn kettingreaksie is. Solank as wat wit Afrikaners nie wil erken dat hulle skuldig is ten opsigte van apartheid nie, en solank hulle nie wil erken dat hulle bevoordeel was en steeds is nie, sal daar nie gevorder kan word met versoening nie. Enige poging om hierdie versoening konkrete gestalte te gee, soos byvoorbeeld regstellende aksie, sal daarom ook by voorbaat gedoem wees. In hierdie verband sal die kerk ʼn groter rol moet speel. “Die godsdienstige gemeenskap kan en moet ʼn groter rol in die gesprekke oor versoening speel”, meen Boesak (2011:3). Hy reken versoening is te lank aan politici oorgelaat.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p289 Dis juis omdat versoening so ‘n uitdagende proses is, dat dit nie aan ander oorgelaat kan word nie. Die kerke is by uitstek in staat om mense hiermee te help omdat versoening immers die kernboodskap van die evangelie is. Hieroor skryf Loubser (1987:188) al ‘n kwart eeu gelede: The prerequisites for recolciliation are not easy to comply with: it would require true Christian humility and self-denial from both Black and White Christians, who must be prepared to bear the cross of Christ to the end, challenging the idols, bridging divisions, and upholding one another’s rights to the point of self-hate. But then it should be remembered that Christianity was not founded on cheap grace. 6. Die rol van die NG Kerk In hierdie afdeling word na die NG Kerk in die beskuldigdebank gekyk, maar ook na die NG Kerk aan die werk. Daar word aandag gegee aan positiewe, maar ook aan die negatiewe in die NG Kerk se rol. 6.1 In die beskuldigdebank Die nie lekker om te hoor dat die kerk waarvan jy ʼn lidmaat is, in die beskuldigdebank gesit word nie. Vir my is dit sleg om gereeld aan my kerk se sondige verlede herinner te word. Ek glo dieselfde is waar van alle lidmate van die NG Kerk. Deel van die pastorale taak van die kerk is om met “wise judgment” en “prophetic discernment” (Osmer 2008:29) lidmate te begelei om te kan aanbeweeg uit die verlede na ʼn positiewe toekoms. Hierdie navorsing is deel van so ʼn proses. Die beskuldigings teen die kerk in die algemeen is dikwels bloot skuld deur assosiasie: “All apartheid presidents except F.W. de Klerk belonged to the Afrikaans Church, that is, the Dutch Reformed Church” (Gobodo-Madikizela 2004:69). Soms is dit baie meer direk: “Of course it is true that there were many, particularly in the Dutch Reformed Church, who used religion to support the pernicious doctrine of apartheid and all its attendant horrors” (Boraine 2000:267). Soms is dit seer omdat die kwesbaarste swakpunt raakgesteek word: Die onvermoë van die NG Kerk om enigsins te erken wat apartheid

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p288

dat daar niemand so doof is as diegene wat nie wil hoor nie.

5.3 “Nog baie voete oor”

Enkele uitsonderings is daar wel. So het oud-minister Vlok eerwaarde Chikane se

voete gaan was. Alhoewel daar ook hewige kritiek was, is dit deur baie gesien as ʼn

besondere daad van skulderkenning, “maar daar bly nog baie voete oor...” (Smith

2010a:103).

Om te herstel wat apartheid swart mense aangedoen het, gaan egter meer vra as om

mekaar se voete te was. Versoening sluit ook die aspek van regstelling of restitusie in.

Hieroor skryf Asmal, Asmal en Roberts (1997:47):

Genuine reconciliation involves moral and political restitution in the

sense of the German term wiedergutmachung which means to ‘make

good again’. We cannot really enter upon the process of making good

the history of South Africa unless we acknowledge precisely what bad

there is to undo.

In die Suid-Afrikaanse konteks sal hierdie regstelling ook ʼn ekonomiese aspek moet

bevat. Verskillende skrywers onderstreep ook hierdie belangrike aspek van versoening.

Boraine (2000:377) skryf: “A sure and certain test for reconciliation is whether it is

accompanied by, or at least points to, the need for economic justice.” En August

(2005:21) wys daarop dat versoening nie losgemaak kan word van rekonstruksie nie:

“Critical to the process [of national reconciliation] is the realisation that reconciliation

and reconstruction are flip sides of the same coin.”

Nou raak dit duidelik dat hier die gevaar van ʼn kettingreaksie is. Solank as wat wit

Afrikaners nie wil erken dat hulle skuldig is ten opsigte van apartheid nie, en solank

hulle nie wil erken dat hulle bevoordeel was en steeds is nie, sal daar nie gevorder kan

word met versoening nie. Enige poging om hierdie versoening konkrete gestalte te gee,

soos byvoorbeeld regstellende aksie, sal daarom ook by voorbaat gedoem wees. In

hierdie verband sal die kerk ʼn groter rol moet speel. “Die godsdienstige gemeenskap

kan en moet ʼn groter rol in die gesprekke oor versoening speel”, meen Boesak

(2011:3). Hy reken versoening is te lank aan politici oorgelaat.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!