25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p287

Boraine (2000:353) haal uit die verslag van die WVK die woorde van ʼn slagoffer aan as

sy praat oor versoening. Cynthia Ngewu se seun is doodgeskiet as een van die

sogenaamde Guguletu Sewe. Sy “explained to the Commission that reconciliation, in

her view, involved the healing of perpetrators as well as victims: ‘What we are hoping

for when we embrace the notion of reconciliation is that we restore the humanity to

those who were perpetrators. We do not want to return evil by another evil. We simply

want to ensure that the perpetrators are returned to humanity.’” Versoening het dus te

make met die herstel van menswaardigheid van die slagoffers, maar ook van die

apartheidsagente en die bevoordeeldes.

5.2 Die groot onwilligheid

ʼn Enkele voorbeeld of twee sal die onwilligheid om skuld te erken, onderstreep. Tydens

die WVK-proses is ʼn Register of Reconciliation bekendgestel. Almal is genooi om hierin

te kom skryf as teken van berou oor hulle aandeel aan apartheid. In die tydperk van 15

Desember 1997 tot 29 Desember 2000 was daar maar slegs 176 handtekeninge van

Suid-Afrikaners aangebring asook ʼn verdere 74 vanuit die buiteland. Volgens die vanne

van hierdie groep uit die buiteland, is hulle Afrikaners wat die land tydelik of permanent

verlaat het (TRC 1997:elektroniese bron). Alhoewel daar ook ander redes sou kon

wees waarom mense nie die register wou teken nie – soos die invloed van die postmoderne

tydsgees – bly dit ʼn uiters lae getal mense wat wel geteken het. ʼn Soortgelyke

veldtog, Home for all, wat in 2000 deur Niehaus en Burton geloots is, het ewe-eens

misluk, waarskynlik om dieselfde rede (Hawthorne 2001:elektroniese bron).

Hierdie onwilligheid van die bevoordeeldes van apartheid om skuld te erken word ʼn

groot hindernis vir die pad van versoening. Jansen (2009:63) sê: “This incapacity to

acknowledge the terrible past is a treat to the long-term prospects for democracy and

stability in South Africa.” Die politieke ontleder Albert Venter (2012:elektroniese bron)

vra: “Hoekom weier soveel Afrikaners 18 jaar ná die koms van demokrasie steeds om

onomwonde te erken: apartheid was verkeerd; onverskoonbaar?” Hy stel dit

onomwonde: “Die meerderheid Afrikaners het tussen 1960 en 1990 uit hierdie politieke

teologie voordeel getrek.” Om nou hierdie voordeel te erken, sal allerlei implikasies hê.

Daarom is dit blykbaar vir baie mense voordelig om hulle, volgens Weingarten se

tipologie, te beroep op onkunde en onmag eerder as om te erken dat hulle wel (iets)

geweet het, en tog iets daaraan kon gedoen het. Die spreekwoord is weereens waar

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!