LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p286 Krog 1998a:3). Die beleid van apartheid, en die onreg wat daarmee saamgegaan het, was die breinkind van die Afrikaner. Daarom is dit ook net reg dat versoening ook direk die Afrikaner sal betrek. Krog (1998a:45) haal ʼn swart kollega aan wat versoening so beskryf: “Reconciliation will only be possible when the dignity of black people has been restored and when whites become compassionate.” Omdat die onreg van apartheid die menswaardigheid van swart mense aangetas het, sal versoening ook by menswaardigheid moet begin. Daar is bedenkinge oor hierdie moontlikheid. Nico Smith (aangehaal in Oosthuizen 2010:15) wonder: “As mense vir só lank in ʼn staat van onversoendheid geleef het, is daar dan enige hoop dat hulle tóg eendag op ʼn wonderbaarlike wyse tot versoening sal kom?” Vir sommige is die oplossing eenvoudig: los net die verlede en gaan aan. Dis gewoonlik wit mense wat so praat. Kollapen (aangehaal in Kassiem 2008:1) sê: "In South Africa, reconciliation has been given a restricted meaning. It was just a case of move on and not dwell on the past." So ʼn benadering doen egter die waarheid en die slagoffers se ervarings geweld aan. In die Suid-Afrikaanse konteks het Asmal, Asmal en Roberts (1997:46) die volgende oor versoening geskryf: it is the facing of unwelcome truths in order to harmonise incommensurable world views so that inevitable and continuing conflicts and differences stand at least within a single universe of comprehensibility... Reconciliation is as shared and painful ethical voyage from wrong to right, and also a settling of moral and political indebtedness. Gibson (2006:88) dink wyer as net die menseregtevergrype en wil alle bevoordeeldes van apartheid insluit in sy definisie van versoening: “Reconciliation may therefore be thought of as a continuum describing the relationship between those who were masters and slaves under the old apartheid system, not just those who were victims or perpetrators of gross human rights violations.” In die lig van die fokus van hierdie navorsing, is hierdie definisie belangrik.
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p287 Boraine (2000:353) haal uit die verslag van die WVK die woorde van ʼn slagoffer aan as sy praat oor versoening. Cynthia Ngewu se seun is doodgeskiet as een van die sogenaamde Guguletu Sewe. Sy “explained to the Commission that reconciliation, in her view, involved the healing of perpetrators as well as victims: ‘What we are hoping for when we embrace the notion of reconciliation is that we restore the humanity to those who were perpetrators. We do not want to return evil by another evil. We simply want to ensure that the perpetrators are returned to humanity.’” Versoening het dus te make met die herstel van menswaardigheid van die slagoffers, maar ook van die apartheidsagente en die bevoordeeldes. 5.2 Die groot onwilligheid ʼn Enkele voorbeeld of twee sal die onwilligheid om skuld te erken, onderstreep. Tydens die WVK-proses is ʼn Register of Reconciliation bekendgestel. Almal is genooi om hierin te kom skryf as teken van berou oor hulle aandeel aan apartheid. In die tydperk van 15 Desember 1997 tot 29 Desember 2000 was daar maar slegs 176 handtekeninge van Suid-Afrikaners aangebring asook ʼn verdere 74 vanuit die buiteland. Volgens die vanne van hierdie groep uit die buiteland, is hulle Afrikaners wat die land tydelik of permanent verlaat het (TRC 1997:elektroniese bron). Alhoewel daar ook ander redes sou kon wees waarom mense nie die register wou teken nie – soos die invloed van die postmoderne tydsgees – bly dit ʼn uiters lae getal mense wat wel geteken het. ʼn Soortgelyke veldtog, Home for all, wat in 2000 deur Niehaus en Burton geloots is, het ewe-eens misluk, waarskynlik om dieselfde rede (Hawthorne 2001:elektroniese bron). Hierdie onwilligheid van die bevoordeeldes van apartheid om skuld te erken word ʼn groot hindernis vir die pad van versoening. Jansen (2009:63) sê: “This incapacity to acknowledge the terrible past is a treat to the long-term prospects for democracy and stability in South Africa.” Die politieke ontleder Albert Venter (2012:elektroniese bron) vra: “Hoekom weier soveel Afrikaners 18 jaar ná die koms van demokrasie steeds om onomwonde te erken: apartheid was verkeerd; onverskoonbaar?” Hy stel dit onomwonde: “Die meerderheid Afrikaners het tussen 1960 en 1990 uit hierdie politieke teologie voordeel getrek.” Om nou hierdie voordeel te erken, sal allerlei implikasies hê. Daarom is dit blykbaar vir baie mense voordelig om hulle, volgens Weingarten se tipologie, te beroep op onkunde en onmag eerder as om te erken dat hulle wel (iets) geweet het, en tog iets daaraan kon gedoen het. Die spreekwoord is weereens waar
- Page 251 and 252: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 253 and 254: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 255 and 256: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 257 and 258: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 259 and 260: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 261 and 262: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 263 and 264: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 265 and 266: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 267 and 268: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 269 and 270: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 271 and 272: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 273 and 274: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 275 and 276: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 277 and 278: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 279 and 280: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 281 and 282: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 283 and 284: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 285 and 286: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 287 and 288: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 289 and 290: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 291 and 292: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 293 and 294: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 295 and 296: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 297 and 298: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 299 and 300: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 301: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 305 and 306: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 307 and 308: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 309 and 310: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 311 and 312: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 313 and 314: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 315 and 316: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 317 and 318: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 319 and 320: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 321 and 322: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 323 and 324: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 325 and 326: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 327 and 328: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 329 and 330: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 331 and 332: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 333 and 334: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 335 and 336: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 337 and 338: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 339 and 340: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 341 and 342: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 343 and 344: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 345 and 346: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 347 and 348: BIBLIOGRAFIE ACKERMAN, D. 1996. Eng
- Page 349 and 350: Bibliografie p333 BARNARD-NAUDÉ, J
- Page 351 and 352: Bibliografie p335 BLIGNAUT, C. 2012
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p286

Krog 1998a:3). Die beleid van apartheid, en die onreg wat daarmee saamgegaan het,

was die breinkind van die Afrikaner. Daarom is dit ook net reg dat versoening ook direk

die Afrikaner sal betrek.

Krog (1998a:45) haal ʼn swart kollega aan wat versoening so beskryf: “Reconciliation

will only be possible when the dignity of black people has been restored and when

whites become compassionate.” Omdat die onreg van apartheid die menswaardigheid

van swart mense aangetas het, sal versoening ook by menswaardigheid moet begin.

Daar is bedenkinge oor hierdie moontlikheid. Nico Smith (aangehaal in Oosthuizen

2010:15) wonder: “As mense vir só lank in ʼn staat van onversoendheid geleef het, is

daar dan enige hoop dat hulle tóg eendag op ʼn wonderbaarlike wyse tot versoening sal

kom?”

Vir sommige is die oplossing eenvoudig: los net die verlede en gaan aan. Dis

gewoonlik wit mense wat so praat. Kollapen (aangehaal in Kassiem 2008:1) sê: "In

South Africa, reconciliation has been given a restricted meaning. It was just a case of

move on and not dwell on the past." So ʼn benadering doen egter die waarheid en die

slagoffers se ervarings geweld aan.

In die Suid-Afrikaanse konteks het Asmal, Asmal en Roberts (1997:46) die volgende

oor versoening geskryf:

it is the facing of unwelcome truths in order to harmonise incommensurable

world views so that inevitable and continuing conflicts and

differences stand at least within a single universe of

comprehensibility... Reconciliation is as shared and painful ethical

voyage from wrong to right, and also a settling of moral and political

indebtedness.

Gibson (2006:88) dink wyer as net die menseregtevergrype en wil alle bevoordeeldes

van apartheid insluit in sy definisie van versoening: “Reconciliation may therefore be

thought of as a continuum describing the relationship between those who were masters

and slaves under the old apartheid system, not just those who were victims or

perpetrators of gross human rights violations.” In die lig van die fokus van hierdie

navorsing, is hierdie definisie belangrik.