25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p14

revolusies toe op die bevrydingstryd in Suid-Afrika en Mangaliso (1994) skryf oor postonafhanklikheid

konflik en die huidige konflik-dinamika in Suid-Afrika.

Die politici het ook hulle eie idees voorgelê oor hoe die toekoms moet lyk. Adam en

Moodley (1993) voer gesprekke met prominente Suid-Afrikaners en skryf dan oor "what

is likely to happen in the near future." Naidoo (1991) bring 'n aantal swart skrywers

bymekaar wat skryf oor sake soos die ekonomie, arbeid en veral ook die politiek. Direk

na die historiese verkiesing in 1994 het hierdie stroom idees nie opgehou nie.

Freedman (1995) beskryf profetiese scenario’s oor die moontlike toekoms in sy boek

“Quest for blue skies – South Africa in 2004” terwyl ander (Friedman & Atkinson 1994;

Murray 1994) se hoop vir die toekoms gebou word op die vreedsame aard van die

verkiesing wat hulle heeltemal oorweldig het. Een kwessie word egter nie aangespreek

nie.

Te midde van al hierdie publikasies is daar in die tyd voor die aanvanklike navorsing

bitter min geskryf oor die wit Afrikaner. Net meer as ʼn dekade later sou Davies

(2009:Flapteks) steeds dieselfde skryf: “Much has been written about the African

National Congress, its support base and alliance partners in the post-apartheid era, but

Afrikaner politics and identity remain underexplored.” 8 Die dominante diskoers van die

tyd voor 1998 het gefokus op die verbetering van die lewens van swart mense. Tog

was die wit Afrikaner juis belangrik in die post-apartheid Suid-Afrika. As groep het hulle

’n baie spesifieke geskiedenis; hulle was die bedrywers van apartheid, die

ondersteuners of ten minste dan die bevoordeeldes van apartheid. Ek kies doelbewus

vir die uitdrukking bedrywers van apartheid om die Engelse perpetrators of apartheid

mee te vertaal, eerder as 'n konsep soos daders. Iemand wat iets bedryf is met baie

meer besig as bloot met die pleeg van sekere dade. 'n Bedrywer is ook besig met die

onderliggende filosofie van dit wat bedryf word. In die lig van die debat tydens die

sesde gesprek [6-052 tot 6-100] oor die onderskeid tussen die dade van apartheid en

die onderliggende uitgangspunte, is dit meer omskrywend om eerder van bedrywers as

daders te praat.

8 In die jare tussen die twee rondtes navorsing het daar wel ʼn aantal boeke verskyn wat spesifiek fokus

op die Afrikaner. Hier kan verwys word na die boek van Botha (2008) en die twee van Giliomee (2004 en

2012).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!