LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p280 en ekonomie” weet nie en Masterjack (skuilnaam) sê “Dis wanneer jy jou rug op God draai, dan word K4 baas...”. Dikwels is die rassisme baie meer verskuil as bogenoemde voorbeelde. Temming (2012:elektroniese bron) skryf oor hoe wit Afrikaners verskillend reageer op moorde op plase as op moorde in townships. Sy verwys ook na soortgelyke reaksies ten opsigte van motorongelukke: “As vyftien pendelaars in ʼn minibus op pad werk toe in ʼn botsing in Soweto sterf, is die meeste lesers nie gepla nie. Maar laat ʼn driejarige seun met blou oë in ʼn Pajero 42 ná ʼn luukse wegbreeknaweek in ʼn ongeluk sterf...”. Hierdie selfde tema is ook deur die mede-navorsers [Elsa 9-601 en Hanlie 12-402] aangeraak. Ook hulle betrap hulself dat hulle in rasterme dink oor motorongelukke. Krog (2005:25) skryf oor mense wat genoem word “wedergebore rassiste”: “Mense het gedink as ons net die swartes goed behandel, sal ons reg wees.” Gouws (2012:elektroniese bron) skryf na aanleiding van ʼn inbel radioprogram waaraan sy deelgeneem het. Sy skryf inbellers “luister met ideologiese gehoorstukke en bevestig presies die rassisme waarvan ons gepraat het. Hulle praat uit ’n posisie van wit meerderwaardigheid...”. As verdere voorbeelde verwys sy na ʼn “plek wat swart mense onwelkom laat voel” en “hoe wit mense ruimtes bewoon en ander op hul voorwaardes toelaat. Die meeste van die tyd is dié wat wit is, nie eens daarvan bewus dat hul optrede aanstoot gee nie” (Gouws 2012:elektroniese bron). Meer nog as rassistiese dade, is die onderliggende houding van rassisme. Die grondwetkenner en akademikus Pierre de Vos (2012:elektroniese bron) skryf op sy blog oor hoe diep rassisme in wit Afrikaners ingebrand is: One of the most deeply problematic aspects of life in post-apartheid South Africa is that so many white South Africans continue to deny this fact and seem incapable of confronting their own deeply ingrained sense that as white people they are generally intellectually, culturally and morally superior to most black people – although they think that by making an exception for Nelson Mandela and Archbishop Desmond Tutu they have overcome the racism within them. De Vos se menings het egter nie ongesiens verbygegaan nie. In agt dae het hy 379 reaksies gekry, sommige ondersteunend, ander skerp veroordelend. Krog (2005:282) 42 ʼn Mitsubishi Pajero is ʼn gewilde luukse 4x4 sport-nutsvoertuig.
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p281 het hierdie selfde tema aangeraak as sy vertel van haar vriendin wat met haar praat oor Mandela: Hy het in versoening uitgereik na wittes, hy het uit sy pad gegaan om te vergewe – en wat kry hy? Mense aanvaar slegs hóm, sien slegs na hóm op, terwyl sy mense verontagsaam word. Mandela wil vir die wêreld dit benadruk dat hy nie ʼn uitsondering is nie: Ek is deel van my mense ek is soos hulle. As julle beïndruk is deur my, moet julle ook deur hulle beïndruk wees. As ek uitsonderlik is, is hulle ook. Maar wittes prys voortdurend vir Mandela, terwyl hulle swartes behandel soos voorheen. Die uitdaging vir wit Afrikaanse Christene is om verby die hoëprofiel swart mense – met wie hulle nooit skouers skuur nie – te kyk en swart mense met wie hulle daaglike kontak het as gelyke te beskou. Sommige, soos Elsa, het reeds so ʼn besluit geneem toe sy sê ek wil nie ʼn rassis wees nie [2-556]. Baie ander mense het nog nie daardie wilsbesluit geneem nie [Hanlie 2-566]. ʼn Tipiese voorbeeld van iemand wat reeds so ʼn keuse gemaak het en daarop reageer, is Barend la Grange, een van die sogenaamde “Dulux-3” (Retief 2012:elektroniese bron). Dit is ʼn term wat Hanlie Retief gemunt het waarmee sy verwys na die drie manne wat al drie met verf hulle beswaar teen The Spear wou uitdruk. In die plaaslike konteks is dit duidelik herkenbaar as ʼn parodie op soortgelyke name uit die apartheidsera soos die Pepco Drie (TRC 1996:elektroniese bron) en die Cradock Vier (Forbes 2010:elektroniese bron). La Grange is die man wat die skildery The Spear met rooi verf toegetakel het. Hy verduidelik sy optrede: “...as Afrikanerman het ek geroepe gevoel. Ons, gestereotipeer as die groot rassiste, het ’n verantwoordelikheid om daardie persepsie om te keer.” Self al sou die hof oor die skildery oordeel, sê hy, “dan gaan swart mense steeds sê: ‘Die wittes respekteer ons nie.’ So dit was die régte ding dat ’n wit man van die skildery ontslae raak” (Retief 2012:elektroniese bron).
- Page 245 and 246: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 247 and 248: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 249 and 250: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 251 and 252: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 253 and 254: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 255 and 256: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 257 and 258: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 259 and 260: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 261 and 262: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 263 and 264: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 265 and 266: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 267 and 268: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 269 and 270: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 271 and 272: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 273 and 274: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 275 and 276: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 277 and 278: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 279 and 280: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 281 and 282: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 283 and 284: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 285 and 286: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 287 and 288: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 289 and 290: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 291 and 292: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 293 and 294: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 295: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 299 and 300: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 301 and 302: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 303 and 304: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 305 and 306: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 307 and 308: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 309 and 310: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 311 and 312: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 313 and 314: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 315 and 316: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 317 and 318: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 319 and 320: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 321 and 322: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 323 and 324: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 325 and 326: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 327 and 328: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 329 and 330: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 331 and 332: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 333 and 334: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 335 and 336: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 337 and 338: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 339 and 340: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 341 and 342: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 343 and 344: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 345 and 346: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p281

het hierdie selfde tema aangeraak as sy vertel van haar vriendin wat met haar praat

oor Mandela:

Hy het in versoening uitgereik na wittes, hy het uit sy pad gegaan om te

vergewe – en wat kry hy? Mense aanvaar slegs hóm, sien slegs na

hóm op, terwyl sy mense verontagsaam word. Mandela wil vir die

wêreld dit benadruk dat hy nie ʼn uitsondering is nie: Ek is deel van my

mense ek is soos hulle. As julle beïndruk is deur my, moet julle ook

deur hulle beïndruk wees. As ek uitsonderlik is, is hulle ook. Maar

wittes prys voortdurend vir Mandela, terwyl hulle swartes behandel

soos voorheen.

Die uitdaging vir wit Afrikaanse Christene is om verby die hoëprofiel swart mense – met

wie hulle nooit skouers skuur nie – te kyk en swart mense met wie hulle daaglike

kontak het as gelyke te beskou. Sommige, soos Elsa, het reeds so ʼn besluit geneem

toe sy sê ek wil nie ʼn rassis wees nie [2-556]. Baie ander mense het nog nie

daardie wilsbesluit geneem nie [Hanlie 2-566].

ʼn Tipiese voorbeeld van iemand wat reeds so ʼn keuse gemaak het en daarop reageer,

is Barend la Grange, een van die sogenaamde “Dulux-3” (Retief 2012:elektroniese

bron). Dit is ʼn term wat Hanlie Retief gemunt het waarmee sy verwys na die drie manne

wat al drie met verf hulle beswaar teen The Spear wou uitdruk. In die plaaslike konteks

is dit duidelik herkenbaar as ʼn parodie op soortgelyke name uit die apartheidsera soos

die Pepco Drie (TRC 1996:elektroniese bron) en die Cradock Vier (Forbes

2010:elektroniese bron).

La Grange is die man wat die skildery The Spear met rooi verf toegetakel het. Hy

verduidelik sy optrede: “...as Afrikanerman het ek geroepe gevoel. Ons, gestereotipeer

as die groot rassiste, het ’n verantwoordelikheid om daardie persepsie om te keer.” Self

al sou die hof oor die skildery oordeel, sê hy, “dan gaan swart mense steeds sê: ‘Die

wittes respekteer ons nie.’ So dit was die régte ding dat ’n wit man van die skildery

ontslae raak” (Retief 2012:elektroniese bron).