LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p278 Dis egter een ding om die feite rondom wit bevoordeling te erken. Dis iets heeltemal anders om te erken dat jy deur apartheid bevoordeel is. 4.3 Om te erken jy het die vrugte gepluk In reaksie op Van Niekerk (2011) hierbo wat skryf dat wit mense sit met “enorme skuld ten opsigte van die verlede”, skryf ʼn ene vannermerwe (skuilnaam) die volgende: “Die man het nie in die minste ʼn begrip van die Afrikaner se geskiedenis nie, veral omdat hy beweer die Afrikaner is vir eeue bevoordeel. Jingos en sikofante soos hy miskien, maar beslis nie die gemiddelde Afrikaner nie.” (Republiek van Bravoland 2012:elektroniese bron). Hierin is hy nie alleen nie. In hoofstuk vier is reeds gewys op die medenavorsers wat ʼn soortgelyke standpunt huldig. Hierteenoor is daar ook ander – ook van die mede-navorsers – wat insien en erken dat hulle bevoordeeldes is, maar nie sonder teenstand nie. Jaco Barnard-Naudé (2011b:elektroniese bron) reageer op kommentaar op van sy vorige bloginskrywings waarop ʼn ene Cathy (skuilnaam) skryf dat sy idee oor “apartheidskuld” ʼn “figment of the imagination” is. Hy antwoord só: Is this person really and seriously arguing that there is no such thing as responsibility and guilt for apartheid? That thousands upon thousands of people were not deprived and left destitute for the sake of privileging the white Afrikaner. The irony of her commenting from a computer with an internet connection is clearly lost on her. Hy haal ook ander voorbeelde aan van wit mense wat ten sterkste ontken dat hulle enige skuld het oor voordele wat hulle uit apartheid gekry het. Van hulle is selfs trots om hulself “apartheid bevoordeeldes” te noem. Dit noodsaak Barnard-Naudé (2011b:elektroniese bron) om die volgende te sê: But let me acknowledge once more, loud and clear: I am an apartheid beneficiary. I am not proud of it. I am ashamed of the fact that gross human-rights violations were perpetrated in the name of my volk, that some of my fellow Afrikaners have shown absolutely no remorse, no humility with respect to the privileges they have enjoyed and still enjoy in post-apartheid South Africa.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p279 Johan Swarts (2012:elektroniese bron) vat dit goed saam as hy sy artikel oor Afrikanerwees afsluit met hierdie woorde: “Jy kan nie jouself losmaak van iets waaruit jy steeds baat nie.” En Barnard-Naudé (2011b:elektroniese bron) skryf: “As ons ophou om so met ’n witbroodbakkery onder die arm te kla sal die derduisende apartheidbenadeeldes dalk minder die bliksem in wees vir ons; rede het hulle wel.” 4.4 “Vreemdelinge, selfs vyande” Apartheid se nalatenskap lê nie net op die terrein van die materiële soos hierbo bespreek nie. Die denkraamwerke van apartheid het nie in 1994 spontaan opgehou bestaan nie. Die een kernsaak is hoe Suid-Afrikaners na mekaar kyk: Is dit al moontlik om dit sonder die ras-bril te doen? Raubenheimer (1998:6) skryf: “Daar het dinge in ons geskiedenis gebeur wat veroorsaak het dat baie mense in ons land vandag vir mekaar vreemdelinge is, en in sommige gevalle selfs vyande.” Hierbo is gewys op Annelie Botes wat steeds swart mense as vreemdelinge ervaar. Genadiglik het die “racialised civil conflicts and bloodbaths” soos in Rwanda nie hier gebeur nie, maar “South African society today remains profoundly racialised, even though not legally so” (Stevens, Swart & Franchi 2006:9). Die probleem met rassisme is dat dit wat raakgesien word, dikwels bloot die oortjies van die seekoei is; onderliggend is daar baie meer rassisme as wat besef word. So ontken Danie [4-062] enige rassisme van sy kant: ek het nooit gepraat van ʼn "kaffer" nie, ek het nooit sleg gepraat van die ander persoon, van die anderskleurige nie. Mike [2-658] sê hieroor Ek voel nie skuldig as ʼn rassis nie, want ek het nooit hulle gehaat of benadeel nie. Die rasionaal hieragter is blykbaar dat indien jy nie self swart mense anders behandel as wit mense nie, is jy nie ʼn rassis nie. Voorbeelde van blatante rassisme is volop. Hanlie [2-530] herroep twee voorvalle in een week waarby sy betrokke was. Veral in die kommentare op elektroniese koerantberigte word erge rassistiese opmerkings agter skuilname versteek. So reageer Albertus (skuilnaam) op ʼn berig van Pretorius (2011:elektroniese bron) en verwys na die ANC-woordvoerder meneer Jackson Mthembu as ʼn “tuinjong” wat niks van “politiek

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p279

Johan Swarts (2012:elektroniese bron) vat dit goed saam as hy sy artikel oor Afrikanerwees

afsluit met hierdie woorde: “Jy kan nie jouself losmaak van iets waaruit jy steeds

baat nie.” En Barnard-Naudé (2011b:elektroniese bron) skryf: “As ons ophou om so

met ’n witbroodbakkery onder die arm te kla sal die derduisende apartheidbenadeeldes

dalk minder die bliksem in wees vir ons; rede het hulle wel.”

4.4 “Vreemdelinge, selfs vyande”

Apartheid se nalatenskap lê nie net op die terrein van die materiële soos hierbo

bespreek nie. Die denkraamwerke van apartheid het nie in 1994 spontaan opgehou

bestaan nie. Die een kernsaak is hoe Suid-Afrikaners na mekaar kyk: Is dit al moontlik

om dit sonder die ras-bril te doen?

Raubenheimer (1998:6) skryf: “Daar het dinge in ons geskiedenis gebeur wat

veroorsaak het dat baie mense in ons land vandag vir mekaar vreemdelinge is, en in

sommige gevalle selfs vyande.” Hierbo is gewys op Annelie Botes wat steeds swart

mense as vreemdelinge ervaar. Genadiglik het die “racialised civil conflicts and

bloodbaths” soos in Rwanda nie hier gebeur nie, maar “South African society today

remains profoundly racialised, even though not legally so” (Stevens, Swart & Franchi

2006:9).

Die probleem met rassisme is dat dit wat raakgesien word, dikwels bloot die oortjies

van die seekoei is; onderliggend is daar baie meer rassisme as wat besef word. So

ontken Danie [4-062] enige rassisme van sy kant: ek het nooit gepraat van ʼn

"kaffer" nie, ek het nooit sleg gepraat van die ander persoon,

van die anderskleurige nie. Mike [2-658] sê hieroor Ek voel nie skuldig

as ʼn rassis nie, want ek het nooit hulle gehaat of benadeel nie.

Die rasionaal hieragter is blykbaar dat indien jy nie self swart mense anders behandel

as wit mense nie, is jy nie ʼn rassis nie.

Voorbeelde van blatante rassisme is volop. Hanlie [2-530] herroep twee voorvalle in

een week waarby sy betrokke was. Veral in die kommentare op elektroniese koerantberigte

word erge rassistiese opmerkings agter skuilname versteek. So reageer

Albertus (skuilnaam) op ʼn berig van Pretorius (2011:elektroniese bron) en verwys na

die ANC-woordvoerder meneer Jackson Mthembu as ʼn “tuinjong” wat niks van “politiek

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!