25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p277

grondeise te onderdruk en spoorlynroetes te bepaal) en finansiële mag (om

byvoorbeeld klein delwers uit te koop). Gewoonlik was dit wit mense wat hierdie mag

gehad het.

Later sou die trekarbeidstelsel bykom. Hierdie stelsel het die normale verstedeliking

wat in die res van die wêreld gebeur stopsit vir swart mense. Omdat vroue en kinders

nie die mans na die stede kon volg nie, het dit veroorsaak dat die werker ʼn groot deel

van sy salaris moes afstaan vir onderhoud aan sy gesin. Hierteenoor kon wit gesinne

mekaar in moeilike omstandighede ondersteun om so ʼn basis vir vooruitgang te skep

(Wilson 2011:7). Dieselfde proses wat vir wit mense welvaart geskep het, het swart

mense daarvan weerhou.

Saam met die trekarbeidstelsel was daar ook nog die gedifferensieerde onderwys wat

vir swart leerders die minimum geleer het; net genoeg om die laagste vlakke van werk

te kan doen. In sekere dele van die Vrystaat was skoolplig vir wit kinders in die 1890’s

ingestel. Vir swart kinders was dit eers byna ʼn honderd jaar later, in 1994 (Wilson

2011:9). Later sou werkreservering volg wat die beste beroepe tot wit mense beperk

het. Wilson (2011:13) sluit sy artikel af met: “In South Africa the sharp inequality

between black and white and the widening gulf between rich and poor have roots which

go deeply into our past.” In die lig van Wilson se argumente is dit te verstane as Van

Niekerk (2011:elektroniese bron) sê “As wit mense sit ons met enorme skuld ten

opsigte van die verlede.”

Oor die kwessie van wit bevoorregting skryf die ekonoom Sampie Terreblanche dat hy

begrip het vir veral jong wit mense wat aanvoer dat hulle geen aandeel in apartheid

gehad het nie en daarom nie aanspreeklik gehou kan word vir enige bevoordeling nie.

However, they clearly do not understand the systemic character of

colonialism, segregation, and apartheid, and their collective

responsibility for what has happened… what these whites fail to realise

is that these ‘benefits’ are ‘contaminated’, because they were largely

accumulated by means of systematic exploitation. It is rather

hypocritical of whites to claim these benefits with greedy selfrighteousness

but decline any responsibility (directly or indirectly) for

the evil of colonialism and its ugly consequences (Terreblanche

2002:5).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!