25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p276

die wêreld van hulle op wie apartheid toegepas is, onsigbaar gemaak het vir die wittes”

(Smith 2010a:12).

Mamphela Ramphele (2001:63) sluit aan by die tema van swart mense

se wrewel oor apartheid: “South Africans have yet to face up to the

depth of the superiority and inferiority complexes that are part of the

legacy of 350 years of racism. There is a deep-seated, and sometimes

not so deep-seated, view held by a significant proportion of white South

African that black people have an inherent intellectual inferiority. This

belief is shared by racist all over the world. But in the South African

context, where there was an active national agenda to make black

people fail, the everyday encounters between white and black people

reinforced this view”

Oor presies hoe wit Afrikaners by apartheid gebaat het, is steeds ʼn debat. Die

deelnemers aan hierdie debat strek van die een uiterste tot die ander.

4.2 Om die vrugte te pluk

Wat Rieger (2004:221) oor ʼn ietwat ander terrein skryf is net so waar van die debat oor

wit bevoorregting: “(B)efore we can become part of the solution, we need to develop a

self-critical attitude that helps us reflect on how we have come to be (and still are) part

of the problem.” Die versoeking om in ʼn nie-weet of selfs ʼn nie-wil-weet gemaksone te

bly, is altyd teenwoordig. Om egter eg te leef in post-apartheid Suid-Afrika vra ʼn eerlike

kyk na die werklikheid. Dit vra om uit die wit enklawe te tree en meer van swart Suid-

Afrika te leer ken as wat by die werk en in amptelike omstandighede gebeur.

In ʼn omvattende artikel oor die historiese wortels van ongelykheid in Suid-Afrika,

beskryf Wilson (2011) presies wat alles direk of indirek aanleiding gegee het tot die wit

voorsprong tydens apartheid. Hy begin by die Hollandse nedersetters wat hulle in 1652

hier in Suid-Afrika kom vestig het en nie net aangedoen het nie. Hulle bring hulle “guns,

germs and steel” (Diamond 1997) en so begin ʼn oorheersingsproses wat steeds nie

einde gekry het nie – miskien wel op die wetboeke, maar nog nie heeltemal in mense

se harte nie. Wilson verwys na die ontdekking van goud en diamante en die gevolglike

akkumulering van rykdom deur gebruik te maak van politieke mag (om byvoorbeeld

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!