25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p275

Ten spyte daarvan dat die oorlog reeds meer as ʼn honderd jaar gelede geveg is, en ten

spyte daarvan dat geeneen van my voorouers in die oorlog betrokke was nie – hulle

het destyds in die Kolonie gebly – kan ek die wrewel herroep wat ek teenoor die

Engelse ervaar het. Die gevoel het niks te make gehad met mense wat ek geken het of

enigiets persoonliks nie; dit was bloot op die vlak van menslikheid wat dit my

aangegryp het.

Hierin is ek ook nie alleen nie. Tydens een van die gesprekke vertel ek van ʼn bejaarde

lidmaat – reeds diep in die sewentigs – wat steeds kwaad is vir die Engelse oor die

oorlog [Albert 6-387]. Vir sewe dekades al dra hy die wrok. De Beer (2009:144) vertel

die verhaal van ʼn boere-gesin van Virginia, so twintig kilometer van Welkom af. Die

oudste seun word as jong man in die oorlog gewond. Na die oorlog kom hy terug na die

afgebrande plaas toe: “Hy sit op die huis se rommel en staar in die niet. Daar is nie

meer trane oor om te huil oor dinge van gister nie. Gister is verby en hy moet vooruit

kyk na dit wat moet kom.”

Net so min as wat die jong man in die verhaal bloot sy oë kan sluit vir die verlede en

aangaan asof niks gebeur het nie, net so min kan wit Afrikaners van swart mense

verwag dat hulle alles moet afsluit en moet aangaan in die nuwe Suid-

Afrika [Frans 1-471]. Ook Isak [14-199] se idee Ek dink ons moet dit nou

los, dit is verby is in die lig van die voorafgaande paragrawe onhaalbaar. Dit

sal ʼn bo-menslike poging verg om bloot die verlede te ignoreer. Soos sommige

Afrikaners nog sukkel met die Engelse, gaan swart mense waarskynlik nog lank sukkel

met die “Boere”.

Lester Venter (2001:146) gebruik twee baie beskrywende beelde om die post-apartheid

situasie in Suid-Afrika te beskryf. In die eerste beeld verseker wit mense dat swart

mense stewig vasgeketting is voordat hulle toesak op die bankettafel van hulpbronne

en geleenthede. Wanneer hulle hulself deeglik gehelp het, maak hulle die swart mense

los en nooi hulle om te kom deel in wat oor is. Wanneer die swart mense dan kla, vra

die wit mense bloot om verskoning en aanvaar dan dat alles nou reggestel is. Venter

vergelyk ook die Suid-Afrikaanse situasie met iemand wat resies wil hardloop teen ʼn

opponent wie se been hy so pas gebreek het. Die agterstand wat swart mense tydens

apartheid opgebou het ten opsigte van hulpbronne, geleenthede en selfvertroue kan

nie onderskat word nie. Oor die uitwerking van apartheid op swart mense dink wit

Afrikaners selde na: “Hierin het die ‘sukses’ van apartheid dan ook gelê, naamlik dat dit

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!