LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p274 Xenofobie ontstaan wanneer ons dít van onsself wat in Die Ander is, misken. Dit gebeur wanneer ons ons verskille beklemtoon ten koste van ons ooreenkomste. Van daar is dit maar ʼn klein stappie om die verskille só te oorbeklemtoon dat ons later meen Die Ander is heeltemal verskillend van ons. En dit is die pad na die miskenning of geringskatting van Die Ander se letterlike menswaardigheid – die redusering van Die Ander se menslike tot ʼn blote mededinger om hulpbronne, ʼn weinig meer as ʼn dierlike wese, ʼn onwenslikheid; ʼn geldige teiken. Miskien is daar meer transformasie aan die gebeur as wat uit my gesprekke geblyk het. Daar is waarskynlik meer mense wat verby die vrees vir “Die Ander” beweeg het ten opsigte van die verskillende rasse in Suid-Afrika. Selfs al sou alle Suid-Afrikaners dit doen, sal dit egter steeds nie die nalatenskap van apartheid wegneem nie. 4. Nalatenskap van apartheid Alhoewel hier reeds in die paragrawe hierbo aandag gegee is aan sekere aspekte van apartheid wat steeds deel van die Suid-Afrikaanse samelewing is, word in hierdie afdeling bepaalde relevante kwessies uitgelig. Elkeen hiervan het ʼn direkte invloed op die post-apartheid interaksie tussen die verskillende rasse. 4.1 Steeds kwaad vir die Engelse, én die Boere 41 Ek onthou dat ek ten tye van hierdie navorsingsprojek ʼn aantal boeke oor die Anglo- Boereoorlog gelees het. Hieronder tel Jooste en Oosthuizen (1998) se boek oor die teregstellings van Kaapse rebelle en republikeinse burgers, en Alberts, Changuion en Jacobs (2003) se fotografiese getuienis van die lyding tydens die oorlog. Dit was veral Moolman (2011) se The Boer Whore wat uitwys hoe die onderdrukker die onderdruktes se menswaardigheid minag. 41 Die woord “Boere” verwys hier beide na die Afrikaners wat in die Anglo Boere-oorlog teen die Engelse geveg het en “Boere” genoem is, asook na die skeldnaam wat swart mense soms vir wit mense gebruik (het).
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p275 Ten spyte daarvan dat die oorlog reeds meer as ʼn honderd jaar gelede geveg is, en ten spyte daarvan dat geeneen van my voorouers in die oorlog betrokke was nie – hulle het destyds in die Kolonie gebly – kan ek die wrewel herroep wat ek teenoor die Engelse ervaar het. Die gevoel het niks te make gehad met mense wat ek geken het of enigiets persoonliks nie; dit was bloot op die vlak van menslikheid wat dit my aangegryp het. Hierin is ek ook nie alleen nie. Tydens een van die gesprekke vertel ek van ʼn bejaarde lidmaat – reeds diep in die sewentigs – wat steeds kwaad is vir die Engelse oor die oorlog [Albert 6-387]. Vir sewe dekades al dra hy die wrok. De Beer (2009:144) vertel die verhaal van ʼn boere-gesin van Virginia, so twintig kilometer van Welkom af. Die oudste seun word as jong man in die oorlog gewond. Na die oorlog kom hy terug na die afgebrande plaas toe: “Hy sit op die huis se rommel en staar in die niet. Daar is nie meer trane oor om te huil oor dinge van gister nie. Gister is verby en hy moet vooruit kyk na dit wat moet kom.” Net so min as wat die jong man in die verhaal bloot sy oë kan sluit vir die verlede en aangaan asof niks gebeur het nie, net so min kan wit Afrikaners van swart mense verwag dat hulle alles moet afsluit en moet aangaan in die nuwe Suid- Afrika [Frans 1-471]. Ook Isak [14-199] se idee Ek dink ons moet dit nou los, dit is verby is in die lig van die voorafgaande paragrawe onhaalbaar. Dit sal ʼn bo-menslike poging verg om bloot die verlede te ignoreer. Soos sommige Afrikaners nog sukkel met die Engelse, gaan swart mense waarskynlik nog lank sukkel met die “Boere”. Lester Venter (2001:146) gebruik twee baie beskrywende beelde om die post-apartheid situasie in Suid-Afrika te beskryf. In die eerste beeld verseker wit mense dat swart mense stewig vasgeketting is voordat hulle toesak op die bankettafel van hulpbronne en geleenthede. Wanneer hulle hulself deeglik gehelp het, maak hulle die swart mense los en nooi hulle om te kom deel in wat oor is. Wanneer die swart mense dan kla, vra die wit mense bloot om verskoning en aanvaar dan dat alles nou reggestel is. Venter vergelyk ook die Suid-Afrikaanse situasie met iemand wat resies wil hardloop teen ʼn opponent wie se been hy so pas gebreek het. Die agterstand wat swart mense tydens apartheid opgebou het ten opsigte van hulpbronne, geleenthede en selfvertroue kan nie onderskat word nie. Oor die uitwerking van apartheid op swart mense dink wit Afrikaners selde na: “Hierin het die ‘sukses’ van apartheid dan ook gelê, naamlik dat dit
- Page 239 and 240: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 241 and 242: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 243 and 244: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 245 and 246: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 247 and 248: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 249 and 250: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 251 and 252: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 253 and 254: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 255 and 256: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 257 and 258: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 259 and 260: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 261 and 262: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 263 and 264: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 265 and 266: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 267 and 268: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 269 and 270: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 271 and 272: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 273 and 274: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 275 and 276: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 277 and 278: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 279 and 280: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 281 and 282: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 283 and 284: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 285 and 286: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 287 and 288: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 289: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 293 and 294: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 295 and 296: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 297 and 298: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 299 and 300: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 301 and 302: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 303 and 304: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 305 and 306: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 307 and 308: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 309 and 310: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 311 and 312: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 313 and 314: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 315 and 316: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 317 and 318: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 319 and 320: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 321 and 322: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 323 and 324: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 325 and 326: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 327 and 328: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 329 and 330: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 331 and 332: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 333 and 334: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 335 and 336: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 337 and 338: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 339 and 340: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p274

Xenofobie ontstaan wanneer ons dít van onsself wat in Die Ander is,

misken. Dit gebeur wanneer ons ons verskille beklemtoon ten koste

van ons ooreenkomste. Van daar is dit maar ʼn klein stappie om die

verskille só te oorbeklemtoon dat ons later meen Die Ander is

heeltemal verskillend van ons. En dit is die pad na die miskenning of

geringskatting van Die Ander se letterlike menswaardigheid – die

redusering van Die Ander se menslike tot ʼn blote mededinger om

hulpbronne, ʼn weinig meer as ʼn dierlike wese, ʼn onwenslikheid; ʼn

geldige teiken.

Miskien is daar meer transformasie aan die gebeur as wat uit my gesprekke geblyk het.

Daar is waarskynlik meer mense wat verby die vrees vir “Die Ander” beweeg het ten

opsigte van die verskillende rasse in Suid-Afrika. Selfs al sou alle Suid-Afrikaners dit

doen, sal dit egter steeds nie die nalatenskap van apartheid wegneem nie.

4. Nalatenskap van apartheid

Alhoewel hier reeds in die paragrawe hierbo aandag gegee is aan sekere aspekte van

apartheid wat steeds deel van die Suid-Afrikaanse samelewing is, word in hierdie

afdeling bepaalde relevante kwessies uitgelig. Elkeen hiervan het ʼn direkte invloed op

die post-apartheid interaksie tussen die verskillende rasse.

4.1 Steeds kwaad vir die Engelse, én die Boere 41

Ek onthou dat ek ten tye van hierdie navorsingsprojek ʼn aantal boeke oor die Anglo-

Boereoorlog gelees het. Hieronder tel Jooste en Oosthuizen (1998) se boek oor die

teregstellings van Kaapse rebelle en republikeinse burgers, en Alberts, Changuion en

Jacobs (2003) se fotografiese getuienis van die lyding tydens die oorlog. Dit was veral

Moolman (2011) se The Boer Whore wat uitwys hoe die onderdrukker die onderdruktes

se menswaardigheid minag.

41 Die woord “Boere” verwys hier beide na die Afrikaners wat in die Anglo Boere-oorlog teen die Engelse

geveg het en “Boere” genoem is, asook na die skeldnaam wat swart mense soms vir wit mense gebruik

(het).