25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p13

Die wit gemeenskap wat jare lank die voordeel van apartheid gesmaak het, is

ontnugter. Vrae soos “was ons werklik deel hiervan?” en later “hoe leef ons nou verder

in die nuwe Suid-Afrika, gegewe ons spesifieke geskiedenis?”, het in alledaagse

gesprekke en tydens huisbesoeke na vore gekom en het uiteindelik aanleiding gegee

tot hierdie navorsing. Krog (1998a) vat hierdie dilemma goed saam as sy haar boek

opdra “aan elke slagoffer wat ’n Afrikaner van op haar lippe gehad het.”

In haar boek Country of my skull haal sy 'n anonieme brief, in Afrikaans, gerig aan die

WVK aan wat dit goed opsom:

Dan huil ek vir dit wat gebeur het, al kan ek niks daaraan verander nie.

Dan soek ek in my binneste om te verstaan hoe is dit moontlik dat

niemand eenvoudig geweet het nie, hoe is dit moontlik dat so min iets

daaraan gedoen het, hoe is dit moontlik dat ek ook maar baie keer net

toegekyk het. Dan wonder ek hoe is dit moontlik om met daardie skuld

en skande van die binnekant te lewe... (Krog 1998a:46).

4.2 Verskillende menings

Baie menings oor die lewe in die sogenaamde nuwe Suid-Afrika is reeds in die tyd vóór

die demokratiese oorgang gepubliseer. Vanuit verskillende gesigspunte is daar gekyk

na die problematiek van die land ná die demokratiese oorgang. Ter wille van ʼn oorsig

noem ek net enkeles – in geen spesifieke volgorde nie.

Die teoloog Klaus Nürenberger (1994) kyk na die taak van die kerk in 'n post-apartheid

Suid-Afrika. Sy vertrekpunt is “that it is part of the church’s mission to address

economic issues” (Nürenberger 1994:119). Hy identifiseer veertien ekonomiese

knelpunte wat volgens hom net soveel aandag vra as die politieke probleme. Dit sluit

onder andere in: “a relative poor economy, vast imbalances in income, wealth and

infrastructure, rural poverty, dependence on migrant labour and chaotic urbanisation”

(Nürenberger 1994:121-131). Sy oplossings vir hierdie probleme lê daarin dat die kerk

waagmoed aan die dag moet lê in die aanspreek van die uitdagings (Nürenberger

1994:137-142).

Sosioloë het ook vanuit hulle perspektief geskryf oor die lewe in die nuwe Suid-Afrika.

Mungazi (1989) pas Thomas Kuhn se teorie van die struktuur van wetenskaplike

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!