LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p272 Tydens die 2003 South African Christian Leadership Assembly word sewe sogenaamde reuse geïdentifiseer. Dit is aktuele kwessies wat die Suid-Afrikaanse samelewing uitdaag en selfs afbreek. Een hiervan is rassisme. Die Kerkspieël-opname van 2006 toets die NG Kerk se houding ten opsigte van hierdie sewe sake. Die opvallende is dat, behalwe vir seksisme, rassisme die minste aandag in die NG Kerk kry (Bisschoff 2008:10). Blykbaar sien die wit gemeenskap nie “rassisme en seksisme as ʼn probleem” nie (Bisschoff 2008:11). Benewens die kulturele verskille aangaande hierdie sake is dit veral “die vrees vir die reaksie van wit lidmate dat rassisme weer eens genoem word” en die teologiese rede dat die politieke belang vir ʼn lang tyd “teologies gewettig” is (Bisschoff 2008:11). Dit is duidelik dat selfs onder wit Afrikaanse Christene die ware inpak en kernprobleem van apartheid steeds nie raakgesien word nie. Hierdie situasie het ʼn direkte impak op die transformasie en die proses van versoening in post-apartheid Suid-Afrika. 3.5 Die gevolge van ʼn ontkenning So lank as wat wit Afrikaanse Christene weier om te erken dat apartheid hulle bevoordeel het ten koste van swart Suid-Afrikaners, en solank hulle nie die noodsaak van herstel raaksien nie, sal transformasie en versoening nie na wense vorder nie. Wit Afrikaanse Christene, wat my en die mede-navorsers insluit, was ook slagoffers van apartheid. Nie in die sin waarin dit aangebied is in die gesprekke, naamlik dat ons ly as gevolg van iets wat ons voorouers gedoen het nie [Danie 1-674 en Albert 1-703], maar omdat ons ook iets van ons menswaardigheid verloor het deur dit wat ons aan ons swart medemense gedoen het. Slagofferskap lê nie in die gevolge van regstellende aksie nie, maar in die selftoegediende wonde van vooroordele. Hierdie wonde genees eers wanneer die (groter) wonde van ander erken word. Die erkenning herstel die ander se waardigheid en maak die ontmensliking ongedaan. Solank hierdie erkenning nog ontkenning is, kan die genesing nie begin nie. Benewens hierdie na-binne gevolge, is daar ook ʼn magdom na-buite gevolge wat die lewe in post-apartheid Suid-Afrika uitdagend maak. Die gesprekke met die medenavorsers het uitgewys dat ʼn groot aantal van hulle nog steeds nie heeltemal verstaan wat apartheid aan swart mense gedoen het nie. Sommige van die redes hiervoor kan gevind word in die effektiwiteit van apartheid om die verskillende rasse van mekaar

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p273 geskei te hou in twee aparte wêrelde. Dit maak dat daar min begrip vir swart mense se ervarings is. Daar is egter ook ʼn onwilligheid en klaarblyklike onvermoë om afstand te doen van beskouings van meerderwaardigheid wat oor jare gekweek is. Solank skuld, vooroordele en bevoorregting nie erken en hanteer word nie, solank die aparte wêrelde van apartheid nie oorkom word nie, is dit ʼn los draad wat enige tyd weer kan uitrafel, soos wanneer daar oor regstellende aksie gepraat word. Dieselfde draad rafel ook uit as daar oor die toekomstige rol van die NG Kerk of die Belydenis van Belhar gepraat word. Diegene wat met los drade die toekoms wil aanpak, loop die gevaar om gepootjie te word. In die res van hierdie hoofstuk sal die los drade keer op keer na vore kom. 3.6 So moeilik om aan te beweeg? Gedurende die afgelope paar jaar was daar verskeie voorvalle waar die los draadjie mense gepootjie het. In hoofstuk vier is verwys na die twee modelle se ongelukkige Twitter-tirades (Hartley & Germaner 2012:elektroniese bron) en die gefrustreerde student se Facebook-fiasko (John 2012:elektroniese bron). In dieselfde hoofstuk is ook verwys na Annelie Botes wat praat oor swart mense: In my grootwordjare op Uniondale was daar geen swart mense nie. As daar een rondloop, was dit ’n bandiet wat dros. En dan moet jy hárdloop, want hy gaan jou vang, nè... Ek wéét hulle’s net sulke mense soos ek. Ek wéét hulle’t dieselfde regte as ek. Maar ek verstáán hulle nie. En dan… hou ek nie van hulle nie. Ek vermy hulle, want ek’s bang vir hulle (Retief 2010:elektroniese bron). Dit is duidelik dat die los draad van apartheid se twee wêrelde vir Botes gepootjie het, sonder dat sy dit eers besef het. Haar apartheidsjare-ervaring is steeds normatief vir haar omgang met swart mense. Daar is egter ook ander voorbeelde waar die los draadjie netjies vasgeknoop is. Dawie, ʼn rubriekskrywer van Die Burger, skryf op 24 Mei 2008 ʼn artikel oor xenofobie – die vrees vir “Die Ander”. Die ironie is dat die woord xenofobie ewe goed deur die woord apartheid vervang sou kon word. Dawie (2008:18) skryf:

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p272

Tydens die 2003 South African Christian Leadership Assembly word sewe

sogenaamde reuse geïdentifiseer. Dit is aktuele kwessies wat die Suid-Afrikaanse

samelewing uitdaag en selfs afbreek. Een hiervan is rassisme. Die Kerkspieël-opname

van 2006 toets die NG Kerk se houding ten opsigte van hierdie sewe sake. Die

opvallende is dat, behalwe vir seksisme, rassisme die minste aandag in die NG Kerk

kry (Bisschoff 2008:10). Blykbaar sien die wit gemeenskap nie “rassisme en seksisme

as ʼn probleem” nie (Bisschoff 2008:11). Benewens die kulturele verskille aangaande

hierdie sake is dit veral “die vrees vir die reaksie van wit lidmate dat rassisme weer

eens genoem word” en die teologiese rede dat die politieke belang vir ʼn lang tyd

“teologies gewettig” is (Bisschoff 2008:11). Dit is duidelik dat selfs onder wit Afrikaanse

Christene die ware inpak en kernprobleem van apartheid steeds nie raakgesien word

nie. Hierdie situasie het ʼn direkte impak op die transformasie en die proses van

versoening in post-apartheid Suid-Afrika.

3.5 Die gevolge van ʼn ontkenning

So lank as wat wit Afrikaanse Christene weier om te erken dat apartheid hulle

bevoordeel het ten koste van swart Suid-Afrikaners, en solank hulle nie die noodsaak

van herstel raaksien nie, sal transformasie en versoening nie na wense vorder nie.

Wit Afrikaanse Christene, wat my en die mede-navorsers insluit, was ook slagoffers

van apartheid. Nie in die sin waarin dit aangebied is in die gesprekke, naamlik dat ons

ly as gevolg van iets wat ons voorouers gedoen het nie [Danie 1-674 en Albert 1-703],

maar omdat ons ook iets van ons menswaardigheid verloor het deur dit wat ons aan

ons swart medemense gedoen het. Slagofferskap lê nie in die gevolge van

regstellende aksie nie, maar in die selftoegediende wonde van vooroordele. Hierdie

wonde genees eers wanneer die (groter) wonde van ander erken word. Die erkenning

herstel die ander se waardigheid en maak die ontmensliking ongedaan. Solank hierdie

erkenning nog ontkenning is, kan die genesing nie begin nie.

Benewens hierdie na-binne gevolge, is daar ook ʼn magdom na-buite gevolge wat die

lewe in post-apartheid Suid-Afrika uitdagend maak. Die gesprekke met die medenavorsers

het uitgewys dat ʼn groot aantal van hulle nog steeds nie heeltemal verstaan

wat apartheid aan swart mense gedoen het nie. Sommige van die redes hiervoor kan

gevind word in die effektiwiteit van apartheid om die verskillende rasse van mekaar

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!