25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p271

Russel Botman (2012:elektroniese bron) vertel hoe prof. Jaap Durand hulle in 1978 laat

dink het oor die fout van apartheid:

Die eerste maand het ons voorleggings gekonsentreer op die praktyke

van apartheid. Ons het toe nog gemeen dat apartheid verwerplik is

omdat dit menseregte skaad, die waardigheid van die huwelik aantas,

die arbeidsregte en menswaardigheid van mense vertrap. Ons het

gemeen dat dit die praktyke van apartheid is wat die probleem is.

Dit is eers na baie nadenke dat die studente begin verstaan het “dat die idee van

apartheid op sigself anti-evangelies is... Dit doen nie net sonde in sy praktyke nie, dit ís

die sonde self” (Botman 2012:elektroniese bron). Hy verduidelik hierdie standpunt

verder:

Aan die kern hiervan is die verkose vertrekpunt dat mense van

verskillende rasse en etniese groepe onversoenbaar is... Apartheid het

dus die teenoorgestelde uitgangspunt geneem as dit wat in die hart van

die Evangelie staan, naamlik die versoening en versoenbaarheid van

alle mense ongeag hul etnisiteit, taal, kultuur en ander identiteite

(Botman 2012:elektroniese bron).

Die NG Sendingkerk het ten tye van die opstel van die Belydenis van Belhar verwys na

die Suid-Afrikaanse politieke en kerklike bestel “waarin onversoenbaarheid tot ʼn

samelewingsbeginsel verhef word” (NG Sendingkerk 1982:1). Hierdie teologiese

posisie ten opsigte van apartheid was vir baie jare onaanvaarbaar vir die wit

kerkgemeenskap. Toe die NG Kerk in 1986 in hierdie rigting begin praat, skeur die

Kerk. Hierdie navorsing het in hoofstuk vier aangetoon dat daar steeds lidmate in die

NG Kerk is wat nie hierdie standpunt ondersteun nie. Die posisie in die ander

Afrikaanse gereformeerde kerke is waarskynlik nie veel anders nie. Vyf teoloë van die

Hervormde Kerk het dit byvoorbeeld nodig geag om so onlangs as drie jaar gelede in

die openbaar apartheid “as sonde, inherent mens-onterend en boosheid” te verwerp.

Hulle sê: “Die aantasting van mense se menswaardigheid kan op geen manier Bybels,

teologies en moreel geregverdig word nie” (Jackson 2009:elektroniese bron). Hierby

sluit Smith (2010a:43) aan as hy praat van “Die Bybelse legitimiteit wat die NG Kerk

aan wittes verleen het om die beeld van God in swartes te minag en hulle

menswaardigheid in die naam van hulle God te ontneem...”.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!