LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p270 crashing down” (Gobodo-Madikizela 2003:66). Die vorige regering het ook gesorg dat dit ʼn geheim bly. Selfs diegene wat iets vermoed het, is effektief in ʼn aparte wêreld – en die duister – gehou: “Through a combination of patronage and kragdadige repression of democratic and egalitarian views and ideologies, the NP made its policies the only game in town. NP supporters would not hear anything else. Years later they would claim: ‘We did not know’” (Van der Westhuizen 2007:107). Selfs in 2011 voer Tutu (Steyn 2011:elektroniese bron) aan dat swart mense steeds minderwaardig voel en sommige wit mense steeds dink hulle is beter en superieur. Die denkpatrone van destyds steek steeds vas. Oor hierdie denkpatrone skryf Van der Westhuizen (2007:107) hierdie ontstellende sin: “DF Malan’s sidekick Paul Sauer called black people ‘barbarous and semi-barbarous’ at a time when the ANC’s Albert Lethuli was awarded the Nobel Peace Prize.” Soos in hoofstuk vier aangedui, was die ontsteltenis oor die skildery The Spear tekenend van die diepte van die seer van die aantasting van swart mense se menswaardigheid. In die woorde van Van der Westhuizen (2007:107): “What made apartheid particularly abominable was the foolhardy denial of black people’s humanity.” Die hartseer in hierdie verhaal is nie alleen die feit dat swart mense in Suid-Afrika gekoloniseer is nie, maar dat ook hulle denke gekoloniseer is (Kasenene 1993). Nie net hulle vryheid as mense is aangetas nie, maar ook hulle vryheid van denke. “Wat die wittes die swartes wysgemaak het, het die swartes geglo” (Smith 2010a:88). In ‘n land met ‘n oorwegend Christelike bevolking, en in die Kerk, sou die apartheidsbeleid tog nie ongetoets kon verbygaan nie. Waar hoog opgegee word oor die Bybel, moet die Bybel tog sekerlik meespreek oor hierdie saak. 3.4 Aan die hand van die evangelie Volgens die teologie van die Afrikaner, soos dit onder andere neerslag gevind het in die NG Kerk, was die wit Afrikaners God se uitverkore volk hier in Afrika. Hulle opdrag was om “as voogde aan die swartes leiding te gee oor wat vir hulle die beste was” (Smith 2010a:81). In die gemiddelde wit omgewing is dit nie bevraagteken nie. Dit wil egter nie sê dat daar nie wel ander was wat vrae gevra het nie.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p271 Russel Botman (2012:elektroniese bron) vertel hoe prof. Jaap Durand hulle in 1978 laat dink het oor die fout van apartheid: Die eerste maand het ons voorleggings gekonsentreer op die praktyke van apartheid. Ons het toe nog gemeen dat apartheid verwerplik is omdat dit menseregte skaad, die waardigheid van die huwelik aantas, die arbeidsregte en menswaardigheid van mense vertrap. Ons het gemeen dat dit die praktyke van apartheid is wat die probleem is. Dit is eers na baie nadenke dat die studente begin verstaan het “dat die idee van apartheid op sigself anti-evangelies is... Dit doen nie net sonde in sy praktyke nie, dit ís die sonde self” (Botman 2012:elektroniese bron). Hy verduidelik hierdie standpunt verder: Aan die kern hiervan is die verkose vertrekpunt dat mense van verskillende rasse en etniese groepe onversoenbaar is... Apartheid het dus die teenoorgestelde uitgangspunt geneem as dit wat in die hart van die Evangelie staan, naamlik die versoening en versoenbaarheid van alle mense ongeag hul etnisiteit, taal, kultuur en ander identiteite (Botman 2012:elektroniese bron). Die NG Sendingkerk het ten tye van die opstel van die Belydenis van Belhar verwys na die Suid-Afrikaanse politieke en kerklike bestel “waarin onversoenbaarheid tot ʼn samelewingsbeginsel verhef word” (NG Sendingkerk 1982:1). Hierdie teologiese posisie ten opsigte van apartheid was vir baie jare onaanvaarbaar vir die wit kerkgemeenskap. Toe die NG Kerk in 1986 in hierdie rigting begin praat, skeur die Kerk. Hierdie navorsing het in hoofstuk vier aangetoon dat daar steeds lidmate in die NG Kerk is wat nie hierdie standpunt ondersteun nie. Die posisie in die ander Afrikaanse gereformeerde kerke is waarskynlik nie veel anders nie. Vyf teoloë van die Hervormde Kerk het dit byvoorbeeld nodig geag om so onlangs as drie jaar gelede in die openbaar apartheid “as sonde, inherent mens-onterend en boosheid” te verwerp. Hulle sê: “Die aantasting van mense se menswaardigheid kan op geen manier Bybels, teologies en moreel geregverdig word nie” (Jackson 2009:elektroniese bron). Hierby sluit Smith (2010a:43) aan as hy praat van “Die Bybelse legitimiteit wat die NG Kerk aan wittes verleen het om die beeld van God in swartes te minag en hulle menswaardigheid in die naam van hulle God te ontneem...”.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p270

crashing down” (Gobodo-Madikizela 2003:66). Die vorige regering het ook gesorg dat

dit ʼn geheim bly. Selfs diegene wat iets vermoed het, is effektief in ʼn aparte wêreld – en

die duister – gehou: “Through a combination of patronage and kragdadige repression

of democratic and egalitarian views and ideologies, the NP made its policies the only

game in town. NP supporters would not hear anything else. Years later they would

claim: ‘We did not know’” (Van der Westhuizen 2007:107).

Selfs in 2011 voer Tutu (Steyn 2011:elektroniese bron) aan dat swart mense steeds

minderwaardig voel en sommige wit mense steeds dink hulle is beter en superieur. Die

denkpatrone van destyds steek steeds vas. Oor hierdie denkpatrone skryf Van der

Westhuizen (2007:107) hierdie ontstellende sin: “DF Malan’s sidekick Paul Sauer

called black people ‘barbarous and semi-barbarous’ at a time when the ANC’s Albert

Lethuli was awarded the Nobel Peace Prize.” Soos in hoofstuk vier aangedui, was die

ontsteltenis oor die skildery The Spear tekenend van die diepte van die seer van die

aantasting van swart mense se menswaardigheid. In die woorde van Van der

Westhuizen (2007:107): “What made apartheid particularly abominable was the

foolhardy denial of black people’s humanity.”

Die hartseer in hierdie verhaal is nie alleen die feit dat swart mense in Suid-Afrika

gekoloniseer is nie, maar dat ook hulle denke gekoloniseer is (Kasenene 1993). Nie net

hulle vryheid as mense is aangetas nie, maar ook hulle vryheid van denke. “Wat die

wittes die swartes wysgemaak het, het die swartes geglo” (Smith 2010a:88).

In ‘n land met ‘n oorwegend Christelike bevolking, en in die Kerk, sou die apartheidsbeleid

tog nie ongetoets kon verbygaan nie. Waar hoog opgegee word oor die Bybel,

moet die Bybel tog sekerlik meespreek oor hierdie saak.

3.4 Aan die hand van die evangelie

Volgens die teologie van die Afrikaner, soos dit onder andere neerslag gevind het in die

NG Kerk, was die wit Afrikaners God se uitverkore volk hier in Afrika. Hulle opdrag was

om “as voogde aan die swartes leiding te gee oor wat vir hulle die beste was” (Smith

2010a:81). In die gemiddelde wit omgewing is dit nie bevraagteken nie. Dit wil egter nie

sê dat daar nie wel ander was wat vrae gevra het nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!