25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p267

waarheid dat apartheid gelykheid sou bring. Hierdie standpunt is tipies van ʼn groep wit

Afrikaners wat glo dat apartheid self geensins sleg was nie, dis maar net enkele

individue wat hulle vergryp het. “Nog talle Afrikaners wat glo dat apartheid nie so sleg

was nie en dat die stelsel wel vir die gekleurdes mense tot voordeel was” (Smith

2010a:16). Van hulle hoop selfs dat apartheid weer ingestel word sodat alles weer

‘normaal’ kan wees. Hulle sal beslis nie saamstem met Slabbert (1999:17) wat praat

van die “waansin van apartheid” nie.

Dit is vanselfsprekend dat hierdie groep geensins skuld aanvaar vir apartheid nie. Vir

hulle lê die skuld elders. Hulle verplaas die skuld na die Engelse [Danie 2-149],

politici [Mike 6-086] of na die feit dat die beleid van rasseskeiding in wetgewing

opgeneem is [Mike 10-253 en George 15-165].

Selfs uit eie geledere is hierdie siening egter jare lank reeds

bevraagteken: "While blacks were treated as inferiors and lived in a

culture of marginalisation and insecurity, whites believed that they had

established a peaceful and just society by the establishment of

homogenous black nations and states" (Kinghorn 1990:68). Hierop vra

Smith (2010a:80) die vraag: “Wie het aan ons as wittes die reg gegee

om so geheel en al beheer oor die lewens van swartes oor te neem?”

Vice (2010:324) argumenteer dat wit mense se bevoorregte posisie in Suid-Afrika op ’n

onontkenbare wyse te make het met die sistematiese bevoorregting wat hulle en hulle

voorsate oor dekades en eeue ten koste van swart Suid-Afrikaners gehad het. Ook dit

is nie ʼn gewilde tema onder wit Afrikaners nie. Van Niekerk (2011:elektroniese bron)

redeneer:

Apartheid was ’n stelsel van staatsosialisme wat feitlik volledig

afgestem was op die bevoorregting van Afrikaners. Ook die ouers en

voorouers van jong wit mense wat geen aantoonbare aandeel in die

vestiging en bestendiging van hierdie stelsel gehad het nie, het dit wel

gehad, en hulle is dus ’n produk daarvan.

Soos ander mense kyk wit Afrikaners ook na hul medemens met ʼn bepaalde

ideologies-bepaalde bril. Sekere voorveronderstellings bepaal wat raakgesien word en

hoe dit geïnterpreteer word. Mense uit die eie groep word verskoon terwyl die ander

uitgewys en veralgemeen word. Hierdie waarneming versterk oor tyd die stereotipes

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!