LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p266 steeds nie daarin geslaag om die meerderheid wit mense te oortuig van die onreg wat deur apartheid aan die menswaardigheid van swart Suid-Afrikaners gedoen het, of die gevolge daarvan nie. 3. Die hart van apartheid Dit is belangrik om duidelikheid te kry oor wat presies die fout van apartheid was. In hoofstukke drie en vier is uitgewys dat die mede-navorsers oor die algemeen vaskyk teen klein apartheid, die praktiese reëls wat die daaglikse lewe van swart mense bepaal het, byvoorbeeld aparte geriewe vir die verskillende rasse. Daar was min begrip vir die onderliggende uitgangspunte van rassisme of die aantasting van menswaardigheid. Oor die algemeen het die mede-navorsers baie oppervlakkig na die verlede gekyk en byna nêrens het hulle dit teologies probeer beoordeel nie. 3.1 Senzeni na? Tydens die WVK se ondersoek na die dood van die sogenaamde Cradock Vier, hervat die voorsitter, aartsbiskop Tutu, die verrigtinge na ʼn onderbreking met die lied wat begin met Senzeni na?- Isono sethu bubumnyama (Krog 1998a:43). Dit is ʼn bekende struggle-lied (Tutu 1999:17) wat in Afrikaans lui: Wat het ons gedoen? Ons sonde is dat ons swart is. Vir die beleid van apartheid was ʼn swart vel egter genoeg; vir wit mense het dit blykbaar sin gemaak, vir swart mense nie. Hoe lank voor alle wit mense hierdie lied sal verstaan en deur hulle erkenning die menswaardigheid van swart mense herstel? 3.2 Hoe wittes apartheid (ge)sien (het) “Apartheid was die fout van enkelinge” skryf Toerien (2011:elektroniese bron). Hy vertel ook van ʼn jong dr. Niel Barnard – die latere hoof van die SA Intelligensie-diens – wat hom jare gelede só reggehelp het: “vergeet van die storie van die Christelike beleid van apartheid versus die humanistiese beleid van gelykstelling. Want as apartheid nie gelykheid bring nie, kan dit nie regverdig wees en dus Christelik wees nie.” Die ironie is dat wanneer Toerien dit skryf, hy dit geensins repudieer nie; hy aanvaar dit as die
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p267 waarheid dat apartheid gelykheid sou bring. Hierdie standpunt is tipies van ʼn groep wit Afrikaners wat glo dat apartheid self geensins sleg was nie, dis maar net enkele individue wat hulle vergryp het. “Nog talle Afrikaners wat glo dat apartheid nie so sleg was nie en dat die stelsel wel vir die gekleurdes mense tot voordeel was” (Smith 2010a:16). Van hulle hoop selfs dat apartheid weer ingestel word sodat alles weer ‘normaal’ kan wees. Hulle sal beslis nie saamstem met Slabbert (1999:17) wat praat van die “waansin van apartheid” nie. Dit is vanselfsprekend dat hierdie groep geensins skuld aanvaar vir apartheid nie. Vir hulle lê die skuld elders. Hulle verplaas die skuld na die Engelse [Danie 2-149], politici [Mike 6-086] of na die feit dat die beleid van rasseskeiding in wetgewing opgeneem is [Mike 10-253 en George 15-165]. Selfs uit eie geledere is hierdie siening egter jare lank reeds bevraagteken: "While blacks were treated as inferiors and lived in a culture of marginalisation and insecurity, whites believed that they had established a peaceful and just society by the establishment of homogenous black nations and states" (Kinghorn 1990:68). Hierop vra Smith (2010a:80) die vraag: “Wie het aan ons as wittes die reg gegee om so geheel en al beheer oor die lewens van swartes oor te neem?” Vice (2010:324) argumenteer dat wit mense se bevoorregte posisie in Suid-Afrika op ’n onontkenbare wyse te make het met die sistematiese bevoorregting wat hulle en hulle voorsate oor dekades en eeue ten koste van swart Suid-Afrikaners gehad het. Ook dit is nie ʼn gewilde tema onder wit Afrikaners nie. Van Niekerk (2011:elektroniese bron) redeneer: Apartheid was ’n stelsel van staatsosialisme wat feitlik volledig afgestem was op die bevoorregting van Afrikaners. Ook die ouers en voorouers van jong wit mense wat geen aantoonbare aandeel in die vestiging en bestendiging van hierdie stelsel gehad het nie, het dit wel gehad, en hulle is dus ’n produk daarvan. Soos ander mense kyk wit Afrikaners ook na hul medemens met ʼn bepaalde ideologies-bepaalde bril. Sekere voorveronderstellings bepaal wat raakgesien word en hoe dit geïnterpreteer word. Mense uit die eie groep word verskoon terwyl die ander uitgewys en veralgemeen word. Hierdie waarneming versterk oor tyd die stereotipes
- Page 231 and 232: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 233 and 234: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 235 and 236: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 237 and 238: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 239 and 240: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 241 and 242: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 243 and 244: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 245 and 246: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 247 and 248: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 249 and 250: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 251 and 252: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 253 and 254: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 255 and 256: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 257 and 258: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 259 and 260: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 261 and 262: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 263 and 264: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 265 and 266: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 267 and 268: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 269 and 270: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 271 and 272: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 273 and 274: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 275 and 276: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 277 and 278: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 279 and 280: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 281: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 285 and 286: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 287 and 288: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 289 and 290: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 291 and 292: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 293 and 294: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 295 and 296: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 297 and 298: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 299 and 300: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 301 and 302: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 303 and 304: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 305 and 306: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 307 and 308: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 309 and 310: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 311 and 312: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 313 and 314: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 315 and 316: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 317 and 318: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 319 and 320: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 321 and 322: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 323 and 324: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 325 and 326: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 327 and 328: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 329 and 330: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 331 and 332: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p266

steeds nie daarin geslaag om die meerderheid wit mense te oortuig van die onreg wat

deur apartheid aan die menswaardigheid van swart Suid-Afrikaners gedoen het, of die

gevolge daarvan nie.

3. Die hart van apartheid

Dit is belangrik om duidelikheid te kry oor wat presies die fout van apartheid was. In

hoofstukke drie en vier is uitgewys dat die mede-navorsers oor die algemeen vaskyk

teen klein apartheid, die praktiese reëls wat die daaglikse lewe van swart mense

bepaal het, byvoorbeeld aparte geriewe vir die verskillende rasse. Daar was min begrip

vir die onderliggende uitgangspunte van rassisme of die aantasting van

menswaardigheid. Oor die algemeen het die mede-navorsers baie oppervlakkig na die

verlede gekyk en byna nêrens het hulle dit teologies probeer beoordeel nie.

3.1 Senzeni na?

Tydens die WVK se ondersoek na die dood van die sogenaamde Cradock Vier, hervat

die voorsitter, aartsbiskop Tutu, die verrigtinge na ʼn onderbreking met die lied wat

begin met Senzeni na?- Isono sethu bubumnyama (Krog 1998a:43). Dit is ʼn bekende

struggle-lied (Tutu 1999:17) wat in Afrikaans lui: Wat het ons gedoen? Ons sonde is

dat ons swart is. Vir die beleid van apartheid was ʼn swart vel egter genoeg; vir wit

mense het dit blykbaar sin gemaak, vir swart mense nie. Hoe lank voor alle wit mense

hierdie lied sal verstaan en deur hulle erkenning die menswaardigheid van swart

mense herstel?

3.2 Hoe wittes apartheid (ge)sien (het)

“Apartheid was die fout van enkelinge” skryf Toerien (2011:elektroniese bron). Hy vertel

ook van ʼn jong dr. Niel Barnard – die latere hoof van die SA Intelligensie-diens – wat

hom jare gelede só reggehelp het: “vergeet van die storie van die Christelike beleid van

apartheid versus die humanistiese beleid van gelykstelling. Want as apartheid nie

gelykheid bring nie, kan dit nie regverdig wees en dus Christelik wees nie.” Die ironie is

dat wanneer Toerien dit skryf, hy dit geensins repudieer nie; hy aanvaar dit as die