LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p264 Stevens (2006:302) kom tot dieselfde gevolgtrekking as Bell in sy beoordeling van die WVK. Hy wys uit dat “apartheid as a systemic form of oppression and human rights violations were not addresses overtly” en “the foundations of the apartheid system received no overt attention from the TRC.” Die gevolg hiervan was dat sekere persone en groepe hulle hierdeur kon verontskuldig van enige skuld aan apartheid. Die grootste tekort van die WVK lê myns insiens daarin dat dit nie die onderliggende vertrekpunte van rassemeerderwaardigheid en die gevolglike aantasting van menswaardigheid uitlig as die skuld van wit inwoners van die land nie. Deurdat dit nie gedoen is nie, het wit mense ʼn agterdeur ontdek waardeur hulle op slinkse wyse skuldloos uit apartheid probeer ontsnap. In haar boek oor haar ervaring van die WVK, haal Krog (1998a:95) die psigiater Kaliski aan wat praat oor hierdie “disservice done by the Truth Commission.” Hy beskryf dit verder: "Some individuals are targeted as the scapegoats for past atrocities. And that allows other citizens to deny any complicity." Wanneer Krog (1998b:13) skryf oor die rituele van die WVK, praat sy oor hierdie subtiele “scapegoat” ritueel: Niemand erken dat hulle in die minste mate skuldig was nie, dis altyd iemand anders se skuld. Sy skryf verder: We have reached the stage where people like Verwoerd and P.W. Botha have been demonised as the sole sources of evil in the past. They were responsible for all the ugly events of the past, while we are not. Because they are evil or bad, it is self-evident that we are good. They are the devils and we the angels (Krog 1998b:14). Krog se devils en angels het op ʼn meta-vlak waar geword. Dit was nie alleen binne die WVK-proses waar hierdie ritueel beoefen is nie, maar ook deur diegene van buite. Vir hulle was die devils duidelik. Dit was diegene wat voor die WVK moes gaan bieg oor ʼn wandaad uit hulle verlede. En as hulle die devils was, is dit voor die hand liggend dat diegene wat nie hoef te gaan bieg het nie, die angels moet wees. 2.4 Waarmee die WVK nie gehelp het nie ʼn Ander persoon wat raakgesien het dat die WVK net met sommige sake gehelp het, maar met ander nie, is Thabo Mbeki. In sy parlementêre toespraak oor die WVK praat
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal? p265 hy van die “perpetrators”, “the programmed killers who have spoken... of the terrible things they did, to ensure the safety of the proverbial enclave of 'European civilization' perched precariously at the Cape of Good Hope” (Mbeki 1999:elektroniese bron). Dit gaan egter nie net oor hierdie mense nie en daarom gaan Mbeki voort: “Any attempt to insulate or isolate the more narrowly defined work of the TRC from this larger setting will inevitably defeat the very purposes for which the TRC was established.” In hierdie belangrike stelling beklemtoon hy dat die WVK eintlik gedoem was tot mislukking wat die meerderheid wit mense aanbetref juis omdat dit so skerp afgestem was op die menseregte vergrype en nie die algemene klimaat en denke waarbinne dit plaasgevind het nie. Neville Alexander (aangehaal in Hamilton, Huntley, Alexander, Guimaraes & James 2001:478) erken die WVK het ʼn stem aan die “voiceless masses” gegee, maar wat hy noem die “deep level issues”, was “hardly touched.” Gerloff (1998:35) skryf oor haar besoek aan Suid-Afrika ten tye van die WVKondersoek en van haar gesprekke “with whites entirely ignorant, if not demeaning, of the plight of their fellow-citizens.” Sy haal ook studente aan wat in 1996 die land besoek het: “One of the biggest problems is that the white people don’t think they’ve done anything wrong” en “They are totally disconnected from history. They make the assumption that everyone is equal as of this moment; so policies should be set that assume we’re all on the same plane” (Gerloff 1998:36). Krog (1998a:3) onderstreep hierdie standpunt as sy skryf oor “Afrikaner intellectuals” wat oor die WVK debatteer en dan vra: “So how bad could Apartheid have been?” ʼn Dekade later word presies dieselfde diskoers nog gevoer. In hoofstuk vier is reeds as voorbeeld hiervan gewys op die rassistiese briewe wat wit mense voorhou as alles wat goed en eerbaar en reg is, en die swart mense as alles wat sleg en onontwikkeld is (Boerevryheid 2008:elektroniese bron). Ook Jansen (Johns 2009:1) verwys hierna as hy vertel van die Reitz-vier: “They asked me with tears what they had done wrong.” Ook die krieketafrigter Vincent Barnes (aangehaal in Fisher 2007:97) verwys hierna as hy sê “The majority of South Africans are living their lives in much the same way as they did under apartheid.” Die voorsitter van die Menseregte-kommissie, Jody Kollapen verwys na die WVKproses wat bepaalde "fundamental faults" in sy werk gehad het: "The TRC did not create sufficient space for the ordinary South African to reflect...” (aangehaal in Kassiem 2008:1). Die WVK, en alles wat sedert 1994 in Suid-Afrika gebeur het, het
- Page 229 and 230: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 231 and 232: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 233 and 234: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 235 and 236: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 237 and 238: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 239 and 240: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 241 and 242: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 243 and 244: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 245 and 246: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 247 and 248: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 249 and 250: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 251 and 252: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 253 and 254: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 255 and 256: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 257 and 258: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 259 and 260: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 261 and 262: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 263 and 264: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 265 and 266: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 267 and 268: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 269 and 270: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 271 and 272: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 273 and 274: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 275 and 276: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 277 and 278: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 279: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 283 and 284: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 285 and 286: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 287 and 288: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 289 and 290: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 291 and 292: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 293 and 294: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 295 and 296: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 297 and 298: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 299 and 300: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 301 and 302: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 303 and 304: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 305 and 306: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 307 and 308: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 309 and 310: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 311 and 312: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 313 and 314: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 315 and 316: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 317 and 318: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 319 and 320: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 321 and 322: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 323 and 324: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 325 and 326: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 327 and 328: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
- Page 329 and 330: Hoofstuk 5: Die post-apartheid verh
Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p265

hy van die “perpetrators”, “the programmed killers who have spoken... of the terrible

things they did, to ensure the safety of the proverbial enclave of 'European civilization'

perched precariously at the Cape of Good Hope” (Mbeki 1999:elektroniese bron). Dit

gaan egter nie net oor hierdie mense nie en daarom gaan Mbeki voort: “Any attempt to

insulate or isolate the more narrowly defined work of the TRC from this larger setting

will inevitably defeat the very purposes for which the TRC was established.” In hierdie

belangrike stelling beklemtoon hy dat die WVK eintlik gedoem was tot mislukking wat

die meerderheid wit mense aanbetref juis omdat dit so skerp afgestem was op die

menseregte vergrype en nie die algemene klimaat en denke waarbinne dit plaasgevind

het nie. Neville Alexander (aangehaal in Hamilton, Huntley, Alexander, Guimaraes &

James 2001:478) erken die WVK het ʼn stem aan die “voiceless masses” gegee, maar

wat hy noem die “deep level issues”, was “hardly touched.”

Gerloff (1998:35) skryf oor haar besoek aan Suid-Afrika ten tye van die WVKondersoek

en van haar gesprekke “with whites entirely ignorant, if not demeaning, of

the plight of their fellow-citizens.” Sy haal ook studente aan wat in 1996 die land

besoek het: “One of the biggest problems is that the white people don’t think they’ve

done anything wrong” en “They are totally disconnected from history. They make the

assumption that everyone is equal as of this moment; so policies should be set that

assume we’re all on the same plane” (Gerloff 1998:36). Krog (1998a:3) onderstreep

hierdie standpunt as sy skryf oor “Afrikaner intellectuals” wat oor die WVK debatteer en

dan vra: “So how bad could Apartheid have been?”

ʼn Dekade later word presies dieselfde diskoers nog gevoer. In hoofstuk vier is reeds as

voorbeeld hiervan gewys op die rassistiese briewe wat wit mense voorhou as alles wat

goed en eerbaar en reg is, en die swart mense as alles wat sleg en onontwikkeld is

(Boerevryheid 2008:elektroniese bron). Ook Jansen (Johns 2009:1) verwys hierna as

hy vertel van die Reitz-vier: “They asked me with tears what they had done wrong.”

Ook die krieketafrigter Vincent Barnes (aangehaal in Fisher 2007:97) verwys hierna as

hy sê “The majority of South Africans are living their lives in much the same way as

they did under apartheid.”

Die voorsitter van die Menseregte-kommissie, Jody Kollapen verwys na die WVKproses

wat bepaalde "fundamental faults" in sy werk gehad het: "The TRC did not

create sufficient space for the ordinary South African to reflect...” (aangehaal in

Kassiem 2008:1). Die WVK, en alles wat sedert 1994 in Suid-Afrika gebeur het, het